Menu terloops
In Lysie-lysie [24 Mar 2023]

‘Jy Is My Seun’: Vyf dinge wat jy oor dié telenovela móét weet


Die Turkse telenovela, ‘Jy is my seun’, is wel ’n nuutjie op die sepie-kalender, maar is reeds besig om kykers in te katrol.

‘Jy Is My Seun’: Vyf dinge wat jy oor dié telenovela móét weet

Jy is my seun is – soos die ander telenovelas op die kykNET-kanale, in Afrikaans oorgeklank.

Dié storie het die gewilde Kind van die Noodlot vervang wat ná 148 episodes onlangs tot ’n einde gekom het.

Hier is vyf dinge om jou oor dié storie touwys te maak.

1

Daar is slegs een onskuldige persoon in hierdie verhaal – die jonge Efe. Efe is die seun van Akça, ’n prostituut se dogter, wat gedwing word om haar seun, wat sy by die boodaard Hasan gehad het, vir aanneming aan ’n welgestelde familie te gee.

2

Die welgestelde familie waar Efe gaan bly, is die Karasu-familie. Efe word geweldig afgeskeep deur Şule, sy aangenome ma, nadat sy haar eie kind kry.

3

Die Karasu-familie het ’n aartsvyand – Hasan, wat ook Efe sy biologiese pa is. Hasan word uit die tronk vrygelaat en die eerste ding wat hy doen, is om Akça te gaan soek. Dít terwyl Akça self enigiets sal doen om die vyfjarige Efe terug te kry…

4

Asiye het drie seuns – Hasan, Ali Kemal en Murat. Ali Kemal en Murat het dieselfde pa, maar sy hou Hasan geheim van almal. Ali Kemal en Murat weet dus nie hulle aartsvyand is eintlik hulle eie broer nie.

5

Die rolverdeling van die oorklankings sluit in Zach du Toit, Claudia Jones, Eddie de Jager, Reggie Huffkie, Susan Coetzer, Donovan Petersen en Natasja Jacobs.


Jy is my seun word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Online uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 11 stories in Julie misloop

’n Nuwe ‘Matlock’, Magda Louw op haar stukke, aksie-satisfaksie in ‘The Old Guard 2’, en die slotseisoen van die meesleurende reeks ‘The Sandman’ tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Julie 2025

Dolf staan by ’n kruispad, terwyl Bongi se liefdesbootjie sink... Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Suidooster: Kaapse winter bring vlaag van vurige drama in Julie

Die een koue front ná die ander bring in Julie ’n vlaag van vuurwarm drama na ‘Suidooster’ se Ruiterbosch. Daar is rugstekery, misverstande, onsekerheid én gebroke harte. 

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Julie 2025

Agatha wriemel haarself telkens uit die moeilikheid en Petro stort ineen nadat sy iets uiters onverwags sien... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Julie. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies