Menu terloops
In Lysie-lysie [24 Mar 2023]

‘Jy Is My Seun’: Vyf dinge wat jy oor dié telenovela móét weet


Die Turkse telenovela, ‘Jy is my seun’, is wel ’n nuutjie op die sepie-kalender, maar is reeds besig om kykers in te katrol.

‘Jy Is My Seun’: Vyf dinge wat jy oor dié telenovela móét weet

Jy is my seun is – soos die ander telenovelas op die kykNET-kanale, in Afrikaans oorgeklank.

Dié storie het die gewilde Kind van die Noodlot vervang wat ná 148 episodes onlangs tot ’n einde gekom het.

Hier is vyf dinge om jou oor dié storie touwys te maak.

1

Daar is slegs een onskuldige persoon in hierdie verhaal – die jonge Efe. Efe is die seun van Akça, ’n prostituut se dogter, wat gedwing word om haar seun, wat sy by die boodaard Hasan gehad het, vir aanneming aan ’n welgestelde familie te gee.

2

Die welgestelde familie waar Efe gaan bly, is die Karasu-familie. Efe word geweldig afgeskeep deur Şule, sy aangenome ma, nadat sy haar eie kind kry.

3

Die Karasu-familie het ’n aartsvyand – Hasan, wat ook Efe sy biologiese pa is. Hasan word uit die tronk vrygelaat en die eerste ding wat hy doen, is om Akça te gaan soek. Dít terwyl Akça self enigiets sal doen om die vyfjarige Efe terug te kry…

4

Asiye het drie seuns – Hasan, Ali Kemal en Murat. Ali Kemal en Murat het dieselfde pa, maar sy hou Hasan geheim van almal. Ali Kemal en Murat weet dus nie hulle aartsvyand is eintlik hulle eie broer nie.

5

Die rolverdeling van die oorklankings sluit in Zach du Toit, Claudia Jones, Eddie de Jager, Reggie Huffkie, Susan Coetzer, Donovan Petersen en Natasja Jacobs.


Jy is my seun word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Online uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies