Menu terloops
In Kykgidse [20 Jul 2026]

Jou kykgids vir ‘Boer soek ’n vrou’ se 18de seisoen


Hier is wat jy in elke episode van die nuwe seisoen van die maatsoekreeks ‘Boer soek ’n vrou’, wat vanaf Donderdag 23 Julie 2026 op kykNET uitsaai, kan verwag.

Deur Redaksie
Jou kykgids vir ‘Boer soek ’n vrou’ se 18de seisoen

Hier is jou handige kykgids vir wat om in elke episode van die nuwe seisoen van Boer soek ’n vrou te verwag.

23 Julie 2026

Reandi ontmoet die 10 boere

Tien enkellopende boere soek pasmaats! Dié welbekende realiteitsreeks, aangebied deur Reandi Grey, volg tien boere se soeke na die liefde.

30 Julie 2026

Die briewe

Reandi val weer in die pad om die tien boere se briewe af te lewer. Binne 48 uur moet die vyf boere met die meeste briewe tien pasmaats kies om in die Kaap te ontmoet.

6 Augustus 2026

Blitsafsprake

Van reg oor die land kom die pasmaats vir ’n kort maar kragtige kennismaking met die boer van hul keuse. Elkeen kry presies vyf minute om met hul boer te gesels; daarna word vyf gekies.

13 Augustus 2026

Groepafsprake

Vandag kry ons boere ’n bietjie meer tyd om hul vyf pasmaats beter te leer ken. Elke boer moet drie pasmaats kies wat vir ’n week op die plaas gaan kuier – en wie weet, dalk is een van hulle dié een.

20 Augustus 2026

Plaasbesoek

Die pasmaats arriveer op die plase. Hulle gaan ’n week lank saam met die boer woon en werk en kyk of liefde wel tussen een van die paartjies kan ontwikkel.

27 Augustus 2026

Drie kuiergaste op die plaas: Gaan iemand huis toe? Deel 1

Die boere neem hul pasmaats op ’n avontuur weg van die plaas om te kyk of verhoudings kan groei. Verrassende nuus vang die boere onkant.

3 September 2026

Drie kuiergaste op die plaas: Gaan iemand huis toe? Deel 2

Die boere neem hul pasmaats op ’n avontuur weg van die plaas om te kyk of verhoudings kan groei. Verrassende nuus vang die boere onkant.

10 September 2026

Alleentyd

Dit is die laaste volle dag op die plaas. Die spanning laai op, want elke boer moet binnekort weer ’n keuse maak. Almal kry tyd om individueel met mekaar te gesels.

17 September 2026

Die familiebraai

Daar is nou net twee pasmaats op elke plaas oor. Die boere nooi ook vriende en familie vir ’n braai sodat hulle die pasmaats kan ontmoet en hul eie mening kan vorm.

24 September 2026

Reandi neem die pasmaats op ’n dorpsbesoek

As ’n mens deel raak van ’n boer se lewe, raak jy ook deel van die omgewing. Reandi besoek saam met die pasmaats ’n paar NGO’s en plekke waar daar nood is. Kan die pasmaats hulself hier sien aanpas?

1 Oktober 2026

Die finale keuse

Dit is tyd vir die boer om te besluit, maar is albei pasmaats nog gretig om die boer se vrou te word? Vandag kies die boer die vrou wat moontlik die liefde van sy lewe kan wees. 

8 Oktober 2026

Die skoonfamilie

Dit is tyd vir die boere om hul gekose vroue se familie en vriende te ontmoet. As die kennismaking met die skoonfamilie goed afloop, is daar dalk hoop vir ’n gelukkige toekoms saam …

15 Oktober 2026

Die vakansie 

Die boere en hul pasmaats gaan hou vakansie. Tydens die vakansie kry die boere en hul pasmaats kans om mekaar goed te leer ken – weg van die plaas, familie en vriende.

22 Oktober 2026

Die reünie

Al tien boere kom vir ’n eerste en ook laaste keer bymekaar. Ons vind uit wie van ons tien boere aan die einde van die reeks liefde gevind het.


Die 17de seisoen van Boer soek ’n vrou begin op Donderdag 23 Julie 2026 om 20:00 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144). 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer
Sien alle opsies