Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Binnelanders kan verwag.
Donderdag 1 Oktober 2026
Katryn wil Hannah se selfvertroue ’n hupstoot gee. Thalia besluit sy kán haar brood aan albei kante gebotter hê, en Joe is vasberade om sy biologiese pa te konfronteer.
Vrydag 2 Oktober 2026
Joe probeer sin maak van iemand se skokdood, Robbie begin twyfel oor sy toekoms, en Thalia is self onseker is oor haar drome. Hannah verras almal met haar selfvertroue.
Maandag 5 Oktober 2026
At se positiewe gesindheid teenoor Henry is ’n doring in Johan se vlees, Max neem Joe onder sy vlerk as ’n pa-figuur, en Steve Abrahams verras vir At.
Dinsdag 6 Oktober 2026
At verdedig vir Steve, Johan is gefrustreerd, en Luke is gereed om weer te begin werk. Intussen is Thalia steeds onseker en besluiteloos oor haar toekoms.
Woensdag 7 Oktober 2026
Johan maak ’n ongevraagde aanname oor ’n kollega se privaatheid, Hannah se groot aand het uiteindelik aangebreek, en Joe groet een van die belangrikste mense in sy lewe.
Donderdag 8 Oktober 2026
At nader Steve vir ’n groot geleentheid by Thusanang, Katryn en Henry stamp koppe oor die manier waarop hy sy pasiënte hanteer, en Uys gee vir Bonnie raad oor Luke.
Vrydag 9 Oktober 2026
Ella hoor per ongeluk ’n gesprek wat sy nie moes nie, Henry weier dat Katryn ’n pasiënt in sy teater bystaan, en Uys waarsku Bonnie om nie té veel druk op Luke te plaas nie.
Maandag 12 Oktober 2026
Bonnie reël ’n piekniek vir Luke, en Henry stem in tot ’n versoek en Katryn is uit die veld geslaan. Ella worstel of sy haar vermoedens oor Steve met Johan moet deel.
Dinsdag 13 Oktober 2026
Bonnie reken sy het haar trouman gevind, Ella is bekommerd oor inligting wat dalk by At kan uitkom, en Francie se operasie was moontlik ’n sukses.
Woensdag 14 Oktober 2026
Katryn begin wonder of Henry iets wegsteek, Johan raak al meer agterdogtig oor Steve se betrokkenheid by Thusanang, en Bonnie besef Luke is siek en vrees sy is die oorsaak.
Donderdag 15 Oktober 2026
Bonnie is in sak en as wanneer Luke se ouers eise begin stel, Johan probeer om At te manipuleer, en Katryn is agterdogtig oor Henry se etiek. Die Thusanang-besoek ontaard in ’n krisis.
Vrydag 16 Oktober 2026
Henry probeer uitvind hoekom Katryn op soek is na beeldmateriaal, Thalia vra vir Uys om met Luke se ouers te praat, en At konfronteer Johan oor die chaos wat by Thusanang afspeel.
Maandag 19 Oktober 2026
Dewald aanskou ’n gevaarlike insident in die teater en weet nie wat om daarvan te maak nie, en twee kollegas wat saam by Thusanang uithelp, kan nie hulle hande van mekaar afhou nie.
Dinsdag 20 Oktober 2026
Bonnie dink Luke tree onregverdig op, en Katryn konfronteer vir Henry. Johan vermoed Ella was nie eerlik met hom nie, en hy is geskok wanneer hy van At se planne te hore kom.
Woensdag 21 Oktober 2026
Ella deel nóg inligting oor Steve met Johan, Bonnie se hart breek vir ’n pasiënt, en Katryn besef waarmee haar pa besig is en sy wil vir Henry waarsku.
Donderdag 22 Oktober 2026
’n Pasiënt is woedend nadat haar been geamputeer word, Steve moet sy onskuld bewys, en Ella ruik ’n rot. Henry spook om ’n afspraak by ’n neuroloog te kry.
Vrydag 23 Oktober 2026
Steve is vasbeslote om ’n Binnelander te ontbloot. Uys het ’n ernstige gesprek met Luke, en Henry gaan vir mediese toetse.
Maandag 26 Oktober 2026
Steve word deur ’n skielike wending in ’n ondersoek verras, Katryn probeer om Henry moed in te praat, en Uys gee vir Bonnie nóg raad oor haar verhouding met Luke.
Dinsdag 27 Oktober 2026
Ella moet ’n belangrike besluit neem, Luke kry ’n onverwagse werksgeleentheid, Katryn en Henry soek saam na antwoorde, en At neem ’n skokbesluit oor ’n dokter se rol by Binneland.
Woensdag 28 Oktober 2026
Bonnie besluit dit is tyd om ’n reguit gesprek met Luke te hê, twee dokters probeer baie hard om die gevoelens tussen hulle te ontken, en Ella moet afskeid neem.
Donderdag 29 Oktober 2026
’n Onverwagse besoeker, met skokkende nuus, plaas Uys in ’n moeilike situasie. Mercia is uiteindelik eerlik oor ’n groot blaps wat sy begaan het, en Johan is nie eerlik oor sy gevoelens nie.
Vrydag 30 Oktober 2026
Mercia moet ’n haas uit ’n hoed uit pluk, en Joe dink Uys is besig om met vuur te speel. Dewald raak al meer gefrustreerd, en Johan waarsku Joe om oor sy skouer te kyk.
Nuwe episodes word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30 soggens.
Episodes van die vorige seisoen word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie (kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30 soggens.
Let wel: Met die sluiting van Showmax, is vorige seisoene van Binnelanders nou op DStv Stream beskikbaar.