Menu terloops
In Wat om te kyk [27 Mei 2023]

Goeiemôre!: ‘Ontbytsake’ kry nuwe aanbieder


Die gewilde oggendprogram ‘Ontbytsake’ op kykNET het ’n nuwe aanbieder: welkom aan Charlene Lackay!

Goeiemôre!: ‘Ontbytsake’ kry nuwe aanbieder

Met die aktrise en omroeper Eloise Cupido wat Ontbytsake vroeër vandeesmaand ná amper ’n dekade gegroet het, is ’n nuwe spanlid vandeesweek in die aanbiederstoel verwelkom: Charlene Lackay.

Vandag (3 Junie 2023) se episode van Ontbytsake is dan ook dié ervare TV-veteraan se debuut in die ateljee. Sy sluit haar by mede-aanbieders Dawie Roodt, Leon Gropp en Corli Prinsloo aan.

“Ek sien uit na die opwinding,” sê Charlene in ’n mediaverklaring. “Dit gaan lekker wees om in ’n span te werk en elke week ’n verskeidenheid mense te ontmoet wat hul passies uitleef, ondernemings bou en werk vir ander skep. Ek sien ook uit om ons ryke skat van kunstenaars te leer ken, want soos ons almal weet: Afrikaanse musiek en kultuur ontplof!”

Sy glo haar nuuskierigheid is een van die dinge wat sy na die Ontbytsake-tafel bring.

“Ek stel belang in mense. My beste tye voor die kamera was wanneer ek gaste kon ondersteun om hulle plek in die son te vind. Ek sien uit daarna om oor mense se suksesse en belewenisse te gesels.”

Charlene (voorheen Truter) se wortels lê in die Boland. Sy het oor die jare heen onder meer as joernalis by SARIE, subredakteur by Die Burger in Kaapstad, as vryskutskrywr vir verskeie publikasies, en as veldaanbieder op die SABC-joernaalprogram Pasella gewerk. Sy is ook ’n bekende stem op RSG.

Sy meen haar werk op Pasella het vir haar die geleentheid gegee om die land plat te reis.

“Daar is min kerke of stadspleine in die land waar ek nié voor ’n kamera was nie.”


Ontbytsake word Saterdagoggende op kykNET (DStv-kanaal 144) tussen 7:30 en 9:00 uitgesaai. Herhalings word in dieselfde tydgleuf op Sondae uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies