Menu terloops
In Wat om te kyk [27 Mei 2023]

Goeiemôre!: ‘Ontbytsake’ kry nuwe aanbieder


Die gewilde oggendprogram ‘Ontbytsake’ op kykNET het ’n nuwe aanbieder: welkom aan Charlene Lackay!

Goeiemôre!: ‘Ontbytsake’ kry nuwe aanbieder

Met die aktrise en omroeper Eloise Cupido wat Ontbytsake vroeër vandeesmaand ná amper ’n dekade gegroet het, is ’n nuwe spanlid vandeesweek in die aanbiederstoel verwelkom: Charlene Lackay.

Vandag (3 Junie 2023) se episode van Ontbytsake is dan ook dié ervare TV-veteraan se debuut in die ateljee. Sy sluit haar by mede-aanbieders Dawie Roodt, Leon Gropp en Corli Prinsloo aan.

“Ek sien uit na die opwinding,” sê Charlene in ’n mediaverklaring. “Dit gaan lekker wees om in ’n span te werk en elke week ’n verskeidenheid mense te ontmoet wat hul passies uitleef, ondernemings bou en werk vir ander skep. Ek sien ook uit om ons ryke skat van kunstenaars te leer ken, want soos ons almal weet: Afrikaanse musiek en kultuur ontplof!”

Sy glo haar nuuskierigheid is een van die dinge wat sy na die Ontbytsake-tafel bring.

“Ek stel belang in mense. My beste tye voor die kamera was wanneer ek gaste kon ondersteun om hulle plek in die son te vind. Ek sien uit daarna om oor mense se suksesse en belewenisse te gesels.”

Charlene (voorheen Truter) se wortels lê in die Boland. Sy het oor die jare heen onder meer as joernalis by SARIE, subredakteur by Die Burger in Kaapstad, as vryskutskrywr vir verskeie publikasies, en as veldaanbieder op die SABC-joernaalprogram Pasella gewerk. Sy is ook ’n bekende stem op RSG.

Sy meen haar werk op Pasella het vir haar die geleentheid gegee om die land plat te reis.

“Daar is min kerke of stadspleine in die land waar ek nié voor ’n kamera was nie.”


Ontbytsake word Saterdagoggende op kykNET (DStv-kanaal 144) tussen 7:30 en 9:00 uitgesaai. Herhalings word in dieselfde tydgleuf op Sondae uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies