Menu terloops
In TV [6 Jun 2026]

Eg Kaapse flair met ‘Suidooster’ se Dean John Smith op nuwe reeks, ‘Show’KIE’


Dean John Smith is omtrent ’n verkleurmannetjie. Hy’s die gawe, aantreklike Wade wat in ‘Suidooster’ die harte so laat fladder. Hy’s ook daai skreeusnaakse Bettie wat so lekker en snaaks kan klets en skinder. En nou gaan hy sy lyf ook aanbieder hou in ’n nuwe vermaakprogram op kykNET&kie, ‘Show’KIE’. 

Deur Redaksie
Eg Kaapse flair met ‘Suidooster’ se Dean John Smith op nuwe reeks, ‘Show’KIE’

Die akteur Dean John Smith gaan kuier en speel met van die lekkerste van lekker mense op Show’KIE. Onder dié tel Jawaahier Petersen, Shimmy Isaacs, Tollie Parton, Early B, Melissa de Vries, Loukmaan Adams, Veronique Jephtas, Beer Adriaanse, die Temple Boys en Mienke Ehlers. 

Die ervare Pedro Kruger is die inhoudsvervaardiger. Hy slyp al lank sy tande vir die geleentheid om iets vars en nuuts binne hierdie formaat te skep. “Die idee vir so ’n vermaaklikheidsprogram het al geruime tyd in my kop gewoel, maar soms keer ’n mens se loopbaan of kapasiteit dat daar tot aksie oorgegaan kan word. En toe die vervaardigers, Homebrew Films, my geskakel het oor Show’KIE, was die tyd reg. Ek móés dit net doen.”

Daar is lang en diep gesprekke gevoer oor hoe so ’n splinternuwe konsep sou kon werk. “Ek sê altyd ‘be inspired, but do not copy’, en dit was van die begin af my uitgangspunt,” vertel Pedro. 

Vir die eerste reeks se 13 episodes is daar omtrent 17 verskillende speletjies ontwikkel. “Party sal jy amper-amper herken, maar ons het hulle in die ontwikkelingsfase heeltemal op hulle koppe gedraai om dit vars, nuut en vermaaklik te hou,” sê Pedro. “Jy kan uitsien na trivia, dans, sang, improv en vele ander tipes speletjies en uitdagings. Almal is gebou om elke spesifieke episode se gas en daardie gas se sterk punte, en al die speletjies is ontwikkel om jou te laat skaterlag.”

Dean John Smith, Show'KIE
Dean John Smith (middel) saam met Ben Heyns (links, regisseur en mede-vervaardiger) en Pedro Kruger (inhoudsvervaardiger). Foto’s: Verskaf

’n Egte Kaapse TV-breyani

Wat Show’KIE uniek maak, is dat nie een episode dieselfde lyk nie. “Dis nie ’n copy-and-paste-tipe program nie,” beklemtoon Pedro. “Dis ’n klomp puzzle-stukke wat almal verskillend gebruik word om 13 verskillende puzzles te bou. Dis ’n program waar ons die gaste persoonlik leer ken. Elke gas bring ook iemand saam wat hulle baie goed ken – ’n vriend, familielid of kollega. So, daar word vir seker lekker uitgepraat. Die gaste vertel van hulle komvandaan, fobies en gunstelingdinge en deel snaakse ervarings in hulle loopbane.”

Die Kaapse flavour word behoorlik gevier – met inhoud, dekor en die klanke van die Show’KIE-band. Pedro beskryf die program as ’n egte Kaapse breyani of ’n Kersfeestrifle, vol verskillende geure, kleure en bestanddele. 

Ben Heyns, die regisseur en mede-vervaardiger, is ook vol lof vir Dean. “Ek dink hy is so talentvol, hy is dinamies en so energiek! Hy’s flink op sy voete met skerp en slim sê-goed wat so natuurlik kom. Boonop probeer hy nie eers hard nie,” sê Ben. 

“Dit gaan definitief kykers laat rol soos hulle lag en hul Sondae-aande behoorlik opkikker.” 

Dean John Smith, Show'KIE
Jawaahier Petersen is een van die gaste op die nuwe reeks Show’KIE, met Dean John Smith as die aanbieder.

Wat dink Dean van dit alles?

Dean som dit in drie woorde op: Energiek, verskeidenheid en lékker!

“Ek wil net hê mense moet weet as jy glo in iets; as jy aanhou droom; as jy bereid is om op te offer vir wat jy wil bereik in die lewe, dan kán jy dit bereik,” sê hy. 

“Dis nie noodwendig net wat jy eendag wil wees nie, maar is meer van wat is jy bereid om op te offer om daar uit te kom. En dit is soms die verskil wat mense van mekaar onderskei: die uithouvermoë, die vasberadenheid om dit te wíl doen en te bereik.”

Dean sê hy is steeds opgewonde en gemotiveerd om ’n beter weergawe van homself te ontwikkel. En Show’KIE is een groot tree vorentoe op daardie pad.


Show’KIE word Sondae om 19:00, vanaf 5 Julie, op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Die reeks sal ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies