Menu terloops
In Sepies [28 Jan 2025]

Jou ‘Binnelanders’-gids vir Februarie 2025


Tracy en Tertius se groot dag breek aan en (nog) moeilikheid met Riekie… Kykers kan na dít en nog baie meer vandeesmaand op ‘Binnelanders’ uitsien.

Stroom 'Binnelanders'

Jou ‘Binnelanders’-gids vir Februarie 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Binnelanders kan verwag.

Maandag, 3 Februarie

Almal hou asem op oor Louis se hofverskyning. Tracy se bekommernis oor ’n geliefde veroorsaak geweldige spanning. Cecile is platgeslaan oor haar vriendin se lot, maar Rian staan by om te help.

Dinsdag, 4 Februarie

LJ en Thalia vertrek na die musiekfees, tot groot kommer van hul voogde. Tracy is in ’n toestand terwyl sy wag vir nuus oor ’n geliefde. Ella voel gedruk om ’n metgesel te kry vir die troue.

Woensdag, 5 Februarie

Sally se kop werk oortyd wanneer sy vir Riekie en Ella saam gewaar. Tertius ry onbewustelik sy ramparty in die wiele. Daar is probleme met Louis se ma se versorger. 

Donderdag, 6 Februarie

Louis en Naomi besef die situasie met sy ma is meer ingewikkeld as wat hulle gedink het, en Sally begin ’n bose gekonkel ná wat sy in die gevangenis se besoekarea gewaar het.

Vrydag, 7 Februarie

Dis Tracy en Tertius se troudag en die Binnelanders skarrel om alles en almal vir die seremonie gereed te kry! Henry twyfel oor die situasie met Ella, en Louis ontvang slegte nuus.

Maandag, 10 Februarie

Tertius en Tracy se onthaal is ’n groot partytjie: twee dokters haak af, Bonnie vang die ruiker, die bruidspaar is gelukkiger as ooit, en Gaby en Rian klaar hulle gevoelens vir mekaar uit.

Dinsdag, 11 Februarie

Henry en Ella moet die werklike lewe in die gesig staar, Tertius en Tracy kry ’n groot geskenk, en Louis wil hê sy ma moet huis toe kom. 

Woensdag, 12 Februarie

Daar is effense paniek rakende ’n geheime verhouding, Ongevalle raak al besiger en die personeel kan nie voorbly nie, en Louis is verlig dat sy ma uiteindelik huis toe kom.

Donderdag, 13 Februarie

Mercia arriveer in Suid-Afrika, en LJ en Riekie ontmoet mekaar. Die Ongevalle-personeel voel oorweldig, en Nicolette en Joe moet uiteindelik inspring om te help.

Vrydag, 14 Februarie

Mercia verras almal met haar gulhartige vrolikheid, ten spyte van haar besering. Liefde is in die lug, en Riekie besluit om Sally se raad te volg.

Maandag, 17 Februarie

Henry probeer Riekie se reaksie ontsyfer, en Ella besef sy gaan oop kaarte met LJ moet speel. Mercia is nie baie beïndruk met Nicolette se mediese raad nie, en Cecile beland in die moeilikheid.

Dinsdag, 18 Februarie

Mimi’s kry ’n nuwe kelnerin, Ella moet ’n ernstige gesprek met Henry hê, en Uys vat Delia vas oor Ongevalle se situasie. Naomi is onrustig oor Mercia se opinies. 

Woensdag, 19 Februarie

Nicolette merk dat Mercia te veel pille drink, Riekie wonder oor Ella, en Joe vind uit wat Uys aangevang het. 

Donderdag, 20 Februarie

Tertius en Tracy keer terug van hul wittebrood. Naomi begin vermoed dat Mercia se pyn ’n ander oorsprong het. Ella kry skokkende nuus oor ’n inspuitingnaald. 

Vrydag, 21 Februarie

Mercia se ‘kruietee’ ontstel vir Thalia, en Delia kry ’n groot verrassing. Ella het ’n noue ontkoming, en Sally is in haar skik met haar vordering. 

Maandag, 24 Februarie

Riekie wil uit almal se lewens verdwyn ná ’n voorval by Mimi’s. Die nuwe Ongevalle kan nie die toestroming van pasiënte akkommodeer nie, en Joe vermoed wat die oorsaak van Mercia se pyn is.

Dinsdag, 25 Februarie

Riekie ontdek skokkende nuus, en Mercia maak ’n nuwe vriendin – Francie. Delia se kop werk oortyd, en Ella en Henry probeer om dinge bymekaar te hou. 

Woensdag, 26 Februarie

Mercia kry nuwe medikasie, maar Louis voel onrustig oor die situasie. LJ voel al meer emosioneel uitgemergel oor Riekie, en Sally gee laaste instruksies vir haar handlanger.

Donderdag, 27 Februarie

Louis en Mercia blyk op dieselfde bladsy te wees, en Delia stel iemand aan om haar met die Ongevalle-krisis te help. Riekie besef dat Ella in gevaar is.

Vrydag, 28 Februarie

Amor se aanstelling roer ’n paar vere onder Binneland se personeel, Mercia kry ’n nuwe idee om die bejaardes by Eikehof te vermaak. Lukas daag saam met iemand by Conrad en Delia op.

Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30. 

Seisoene 8-12 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies