Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Nov 2024]

‘Binnelanders’: Jou kykgids vir November 2024


Nicolette se emosies ry wipplank en Conrad is agterdogtig oor Bets. Dít en nog meer wag vir ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand. Hier is jou kykgids vir November.

Stroom 'Binnelanders'

‘Binnelanders’: Jou kykgids vir November 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Binnelanders kan verwag.

Vrydag, 1 November

Joe en Ella voel albei skuldig oor Yvonne, Thalia vind ’n verdere bewys van Tracy se “ontrouheid”, en Nicolette word ontstel deur gerugte wat Binneland Stereo versprei.

Maandag, 4 November

Rudolf het ’n versoek van Nicolette se ouma af. Louis deel sy vermoede met Naomi, en Joe en Jess maak vrede. 

Dinsdag, 5 November

Nicolette ontvang verrassende nuus wat Uys van plan laat verander. Tracy en Tertius besluit om vir Audrey en Shane te groet, en Joe begin wonder oor Max se ware gevoelens.

Woensdag, 6 November

Joe vermoed daar is iets meer aan die broei tussen Yvonne en Max as net blote vriendskap. Ella maak ’n moeilike diagnose wat Henry beïndruk. Thalia wonder oor LJ se toekomsplanne.

Donderdag, 7 November

Joe en Jess verskil oor ’n moontlike verhouding tussen Yvonne en Max. Rudolf verras vir Nicolette, en Ella en Henry maak vrede. 

Vrydag, 8 November

Louis en Naomi dink eindeksamen en muisneste is dalk nie ’n goeie kombinasie nie. Max pluk die wrang vrugte van ’n leuen wat hy 15 jaar gelede kwytgeraak het.

Maandag, 11 November

Nicolette voel skuldig ná ’n seremonie, Naomi loer by LJ in, en Max vertel uiteindelik vir Yvonne die waarheid.

Dinsdag, 12 November

Yvonne moet oop kaarte met Joe speel, LJ is bang hy staan nie ’n kans met Thalia nie, en Uys besluit om Rudolf te konfronteer wanneer hy sien hoe ontsteld Nicolette is. 

Woensdag, 13 November             

Nicolette kry wat sy nog altyd wou hê, maar moet ook ’n groot verlies verwerk. Yvonne neem ’n radikale besluit oor ’n ou vriendskap, en Henry ontvang ontstellende nuus.

Donderdag, 14 November

Conrad word onkant betrap wanneer Bets onverwags by sy huis opdaag. Henry en Delia stamp koppe oor Riekie, en Ella en Naomi is bly oor ’n nuwe verhouding.

Vrydag, 15 November

Bets is nie beïndruk met die nuwe liefde in Conrad se lewe nie. Joe en Nicolette irriteer mekaar alweer, en Riekie blameer haar pa vir alles.

Maandag, 18 November

’n Hospitaalreël het verrykende gevolge vir Riekie. Conrad is nie heeltemal opgetrek met die ware rede vir Bets se besoek nie, en Max se pogings om uit te reik na die Oliviers misluk.

Dinsdag, 19 November

Conrad is agterdogtig oor Bets, Riekie se vreemde gedrag ontstel vir Cecile, en Max se poging om Joe te help, lei tot konflik.

Woensdag, 20 November

Bets bied aan om na Malie te kyk, en Joe se plan om meer tyd saam met Fiona te spandeer, word in die wiele gery. Henry ontvang slegte nuus oor Riekie. 

Donderdag, 21 November

’n Vreemde reaksie van ’n pasiënt krap erg aan Henry. Tracy vat Bets vas oor haar houding. Joe begin al meer voel asof hy in ’n blik gedruk word.

Vrydag, 22 November

Uys ondersteun vir Nicolette. Bets is hewig ontsteld om te hoor Tracy het destyds vir Conrad gejok oor wie Leah se biologiese pa is, en Hugo deel slegte nuus met Henry.

Maandag, 25 November

Bets sit haar volgende plan in werking, en Joe staan sy man teen Max en sy ma. Riekie neem ’n drastiese besluit, en Henry is verskeurd oor hoeveel inligting hy vir haar moet gee. 

Dinsdag, 26 November

Joe sien iets wat hom hond se gedagtes oor Fiona gee. Bets laai ’n onverwagse krisis op Conrad se skouers, en Henry neem desperate besluite oor Riekie.

Woensdag, 27 November

Henry vra vir Riekie of sy bereid is om haar situasie met Ella te bespreek, en Uys staan Nicolette by ’n begrafnis by. Conrad beskuldig Bets van geldgierigheid.

Donderdag, 28 November

Ella ontdek ’n nare verrassing in die linnekamer, en Yvonne konfronteer Max oor sy leuens. Conrad voel jammer vir Bets en moet vir Delia ’n guns vra. 

Vrydag, 29 November

Joe konfronteer uiteindelik ’n ‘spook’ uit die verlede. Riekie neem ’n groot besluit, en Bets bekonkel ’n nuwe plan.


Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30. 

Seisoene 8-12 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies