Menu terloops
In Wat om te kyk [27 Des 2024]

Jou ‘Binnelanders’-gids vir Januarie 2025


Louis verloor beheer, Delia is bekommerd, en Thalia help vir Ella met iets. Dít en nog meer wag vir ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand. Hier is jou kykgids vir Desember.

Stroom 'Binnelanders'

Jou ‘Binnelanders’-gids vir Januarie 2025

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Binnelanders kan verwag.

Woensdag, 1 Januarie

Elise maak uiteindelik haar opwagting, Bonnie besef Karen het moontlik ’n nuwe kêrel, en Delia vra Louis se hulp. Laetitia se gesondheid gaan al meer agteruit. 

Donderdag, 2 Januarie

Uys is verward oor Cecile se vreemde optrede teenoor hom, Louis is gespanne oor die komende hofsaak, en Elise nooi Annetjie vir ete in ’n poging om vrede te maak.

Vrydag, 3 Januarie

Laetitia weier om ’n operasie te laat doen, en Delia probeer ingryp. Elise is geskok wanneer  sy verstommende nuus van binnelandse sake ontvang, en Louis kan nie sy ma in Londen besoek nie. 

Maandag, 6 Januarie

Laetitia neem ’n belangrike besluit, en Henry vermy Ella. Elise se volgende besoek aan binnelandse sake lewer niks goed op nie, en Louis word gedreig.

Dinsdag, 7 Januarie

Elise probeer regsadvies inwin, en Louis wil Naomi met alle mag landuit kry. Laetitia word nie wakker nie.

Woensdag, 8 Januarie

Louis is bekommerd dat die orgaanhandel-sindikaat nog aktief is. Elise is verbaas om te hoor sy het moontlik ’n besoeker uit Italië, en dit lyk of Rian weer sy oog op ’n dame het.

Donderdag, 9 Januarie

LJ vind iets wat kan help om Emile op te spoor, en Louis ontvang vreemde oproepe. Uys en Cecile speel kat en muis, en At vrees vir Laetitia se gesondheid. 

Vrydag, 10 Januarie

Louis raak al meer desperaat, en LJ vermoed daar is meer aan die broei tussen Ella en Rian as wat Ella wil erken. Elise leer Marco beter ken en raak al meer nuuskierig oor hom..

Maandag, 13 Januarie              

Binneland se nuwe ongevalle-eenheid word bekendgestel. Marco kry dit reg om selfs vir Uys om sy pinkie te draai. Louis vrees die ergste wanneer hy nuus oor Emile kry.

Dinsdag, 14 Januarie

Laetitia raak toenemend gefrustreerd, en At wonder of hy ’n fout begaan het. Louis vra Delia se hulp met Thalia, en Annetjie wonder oor Marco se motiewe. 

Woensdag, 15 Januarie

Bonnie dink Elise het iets beet, en Louis neem ’n belangrike besluit oor LJ. Rian maak ’n onverwagse voorstel. 

Donderdag, 16 Januarie

Louis se planne om inligting te bekom, word in die wiele gery. Annetjie kan haar vermoedens oor Marco nie laat gaan nie en word op heterdaad betrap. At kry goeie nuus oor Laetitia se navorsing.

Vrydag, 17 Januarie

Louis raak al meer gespanne oor dreigemente. Tertius en Tracy kry ’n besoek van ’n ou bekende voor die troue. Elise begin stilweg wonder oor Marco se agenda.

Maandag, 20 Januarie

Gaby is op ’n missie met Tracy se kombuistee. Is Marco wie hy sê hy is? Delia dink Louis is besig om beheer te verloor, en roep Jolene se hulp in. 

Dinsdag, 21 Januarie

’n Identiteitsdokument raak ’n bron van groot kommer vir Elise en Annetjie, en Tracy se kombuistee hou verrassings in vir meer as net die amper-bruid.

Woensdag, 22 Januarie

Cecile deel haar vermoedens oor Louis met Uys, Gaby is ontsteld oor ’n siener se voorspellings, en Lukas vind uit wie Elise se Italiaanse man regtig is.

Donderdag, 23 Januarie

Elise sukkel om haar front voor Marco te hou, maar nooi hom vir ete. Uys konfronteer Louis oor sy vreemde gedrag rondom Cecile, en Louis voel genoop om die waarheid te vertel.

Vrydag, 24 Januarie  

Tracy en Gaby besef hulle het moontlik met iets ‘donkerder’ te doen as wat hulle gedink het. ’n Nóg meer gespanne Louis lig Joe subtiel in dat hulle selfs nie by die huis veilig is nie. 

Maandag, 27 Januarie

Louis het ’n guns van Uys nodig, en Henry is gespanne oor ’n hofaansoek. Nóg ’n voorspelling word waar.

Dinsdag, 28 Januarie

Tertius besef Tracy is steeds ontsteld oor Carlotta se voorspellings. Die Binneland-personeel is in rep en roer oor Rian, en Ella probeer steeds om Henry te ondersteun. 

Woensdag, 29 Januarie

Uys verloor dit heeltemal as hy agterkom wat Rian-hulle beplan. Henry vra Ella se hulp met Riekie, en dit lyk asof Louis se plan boemerang.

Donderdag, 30 Januarie

Rian probeer Petro dwing om haar aandeel aan ’n misdaad te erken. Tracy is nog meer verward wanneer Tertius haar van sy gesprek met Carlotta vertel, en Thalia help vir Ella.

Vrydag, 31 Januarie

Iemand daag onverwags by Louis op, en Henry is oorstelp wanneer hy Riekie se kamer sien. Tracy besef haar ma is moontlik in die moeilikheid. 


Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30. 

Seisoene 8-12 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Mei 2025

Rachelle woeker met haar slinkse planne om Shani te verneder en die matriekafskeid kom al nader. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

‘Diepe Waters’: Dís die storielyne om in Mei dop te hou

Mei bring nie net nuwe wendings nie, maar ook selfontdekking, groei en opwindende moontlikhede in 'Diepe Waters'.

Meer

Redakteurskeuse vir Mei 2025: ‘Bridget Jones 4’, ‘Die brug S2’, ‘Die nuusmakers’ en meer

Wat om te kyk: 'Die nuusmakers', ’n nuwe Afrikaanse drama wat persoonlike en professionele drama in die nuuskantoor in oënskou bring; die gewilde avontuur-realiteitsreeks 'Die brug' se tweede uittog; Tina Fey in 'The Four Seasons', ’n reeks wat raakvat soos min; en Bridget Jones se vierde fliekavontuur – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Mei 2025

Aline se landerye vat vlam terwyl sy nog sukkel om die plaas se skuld te delg. En dan word sy boonop amper vergiftig! Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Mei. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies