Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Binnelanders kan verwag.
Vrydag, 1 Augustus
Danie en Nicolette beweeg al nader aan mekaar, Riekie beraam ’n plan om haar pa vir sy verjaardag te verras, en Delia en Conrad se verhouding beland op die rotse ná ’n intense raadsvergadering.
Maandag 4 Augustus
Delia moet ’n paar moeilike besluite oor haar toekoms neem, Francie oorreed Nicolette om haar te help, en Riekie neem weer afskeid.
Dinsdag 5 Augustus
Lukas bevestig met wie Amor ’n konneksie het, Conrad besluit om terug te gaan Kenia toe, en Delia konfronteer vir Amor. Danie is beseer en Nicolette word gedwing om hom te help.
Woensdag 6 Augustus
Tertius word met ’n reuse-trauma gekonfronteer, Danie verdwyn skielik spoorloos, en Henry wil ’n stokkie voor ’n moontlike nuwe aanstelling by Binneland steek.
Donderdag 7 Augustus
Tertius is baie bekommerd oor Tracy, veral wanneer sy ’n skokkende oproep ontvang. Mercia druk Nicolette om oop kaarte te speel, en Petro hoor wie teen haar moontlike aanstelling gekant is.
Vrydag 8 Augustus
Tracy het ’n moeilike gesprek met Tertius, Louis is bekommerd dat Delia met Malie gaan verdwyn, en Nicolette konfronteer vir Joe. Henry is bekommerd oor Binneland se toekoms.
Maandag 11 Augustus
Tracy raak bewus van die aantygings wat teen haar gemaak word, Nicolette stel haar loopbaan in gevaar om Danie te help, en Amor ontdek iets wat sy moontlik teen Binneland kan gebruik.
Dinsdag 12 Augustus
Petro se aansoek om ’n pos by Binneland kry skielik momentum, en Nicolette sit haar voet met Danie neer. Tertius vind nog meer uit oor Tracy se donker verlede, en Uys vat vir Danie vas.
Woensdag 13 Augustus
Nicolette het ’n groot uitval met Uys, Henry begin twyfel oor sy toekoms by Binneland, en Tertius het ernstige bedenkinge oor Tracy en oorlede Bob se sogenaamde vriendskap.

Donderdag 14 Augustus
Tertius stel net in die waarheid belang, Petro besef hoe graag sy die Binneland-pos wil hê, en Nicolette en Uys word gedwing om saam te werk.
Vrydag 15 Augustus
Tracy probeer haar bes om te keer dat haar lewe in duie stort, Francie hanteer nie die nuus oor Nicolette en Danie baie goed nie, en Amor is desperaat om haar rol in die bedrogsaak te verdoesel.
Maandag 18 Augustus
Gavin veroorsaak nóg moeilikheid tussen Tertius en Tracy. Die nuusberig oor Petro het nie die uitwerking waarvoor sy gehoop het nie, en Mercia begin jammer voel vir Nicolette.
Dinsdag 19 Augustus
Naomi kom toevallig tot Tracy se redding, Henry ontvang ’n werksaanbod en oorweeg dit om sy praktyk te skuif, en Joe probeer sy bes om Uys en Nicolette se vriendskap te red.
Woensdag 20 Augustus
Tracy het ’n skokkende gewaarwording, en Petro verras almal met haar besluit. Ella waarsku Conrad dat hulle vir Henry gaan verloor, en Uys voel seergemaak deur Nicolette se eerlikheid.
Donderdag 21 Augustus
Tertius en Tracy probeer uitpluis wat Gavin beplan, Petro word by Binneland aangestel, en Uys speel uiteindelik oop kaarte met Nicolette.
Vrydag 22 Augustus
Naomi en Louis se aannemingsproses vorder, Conrad het ’n aanloklike aanbod vir Rian, en Tertius en Tracy besluit om polisie toe te gaan.
Maandag 25 Augustus
Joe neem Petro onder sy vlerk, Rian wil verseker Henry kry Binneland-aandele, en Naomi en Louis maak gereed om die maatskaplike werker te onmoet, maar Louis het ’n penarie.
Dinsdag 26 Augustus
’n Skokkende oproep plaas nog meer druk op ’n reeds getraumatiseerde Tracy. Henry kry ’n verrassende aanbod, en Naomi en Louis se huurders voel onseker oor die toekoms.
Woensdag 27 Augustus
Henry dwing die raad om ’n besluit oor sy toekoms by Binneland te neem, Naomi en Louis hoor wat die aannemingsagentskap besluit het, en Tertius se vermoedens oor Gavin word bevestig.
Donderdag 28 Augustus
Naomi en Louis raak al meer bewus daarvan dat die aannemingsproses lewensveranderende implikasies het, en Tertius en Gavin Andrews ontmoet weer – met ernstige nagevolge.
Vrydag 29 Augustus
Annetjie is nie seker hoe sy oor Amor se bevordering voel nie. Louis en Naomi neem ’n groot besluit oor die aanneming, en Tertius raak onrustig wanneer hy skielik niks van Tracy hoor nie.
Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30.
Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30.
Seisoene 8-14 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.







