Menu terloops
In TV [22 Sep 2026]

‘Die Bom’: Als wat jy moet weet van die geheime verhaal van Suid-Afrika se kernwapens


‘Die Bom’, ’n 3-episode dokumentêre reeks, is ’n verhaal van uiterste geheimhouding, spioenasie, terreur én politieke intrige.

Deur Redaksie
‘Die Bom’: Als wat jy moet weet van die geheime verhaal van Suid-Afrika se kernwapens
Kyk lokprent

Suid-Afrika se geskiedenis met kernwapens strek sover terug as 1944, toe die destydse Britse eerste minister, Winston Churchill, sy vriend en vertroueling, genl. Jan Smuts gekontak het om te vra na uraan, vir die Manhattan-projek. Die Manhattan-projek het uiteindelik gelei na die eerste atoombomaanvalle op Hirosjima en Nagasaki in Japan.

Suid-Afrika sou eers jare later, self onder uiterste geheimhouding, atoombomme bou. Dit is reggekry ondanks sanksies en ‘n Verenigde Nasies-wapeverbod.

Die Bom, ’n 3-episode dokumentêre reeks, vertel die fassinerende verhaal van hierdie stuk geskiedenis wat nie so welbekend is nie.

Die Bom ’n verhaal van spioene, geheime, sluipmoorde, politieke intrige en terreur. Ontmoet die man wat groot gedeeltes van Koeberg in die 1980’s opgeblaas het. Jy sal ook kennis maak met hoof “bombouer”, wat Suid-Afrika se atoombomme gebou het. Dan is daar ook die persoon wat gesorg het dat die Verenigde Nasies sanksies teen Suid-Afrika ingestel het. En ‘n Russiese spioen wat 20 jaar lank op Suid-Afrika en Navo-bongenote gespioeneer het, terwyl die Koueoorlog op sy felste was.

Die Bom ondersoek nie net kernbomme nie, maar kyk ook na kernkrag, kernafval en wat die toekoms van kernenergie in Suid-Afrika inhou. Jy kry ook ‘n kykie na een van die oudste, werkende kernreaktors in die wêreld.

Die regisseur van Die Bom is die bekroonde joernalis Pieter Steyn, en dis vervaardig deur Minette van der Walt van Van Woud Produksies.

Van der Walt sê dit was ’n besondere voorreg om aan dié besondere produksie te werk. “Suid-Afrika se kernbom-geskiedenis, is ‘n storie wat net weer eens bewys dat feite inderdaad vreemder as fiksie is! ‘n Mens kan eintlik nie glo, dat al hierdie dinge werklike gebeure is nie.”

Steyn sê dis ’n storie wat jou asem sal wegslaan. “Ondanks al die navorsing en inligting wat ons vooraf gedoen het, het daar tydens die produksieproses weer en weer nuwe en verrassende feite navore gekom. Dis ’n ongelooflike stuk geskiedenis en fassinerende storie.”


Die Bom begin Woensdag 23 September om 20:00 op kykNET, DStv-kanaal 144. Episodes sal ook beskikbaar wees op DStv Stream en Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in September misloop nie

Van die nuwe seisoen van een van die beste TV-reekse dié dekade, 'Slow Horses', tot ’n nuwe Afrikaanse drama met Simone Nortmann, en 'Tweespalt', ’n rugbyreeks wat die wedywering tussen die Springbokke en die All Blacks onder die loep bring.

Meer
6

‘Suidooster’ in September: Skokke, geheime en verraad vier hooggety

Liefde, lojaliteit en die vraag of bloed werklik dikker as water is, word vandeesmaand in 'Suidooster' telkens op die proef gestel. Hier is ses groot storielyne wat jy in September moet dophou.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies