Menu terloops
In Silwerskermfees [25 May 2026]

Inskrywings nou oop vir 2027 kykNET Silwerskermfees


Met die 14de kykNET Silwerskermfees wat in Augustus vanjaar plaasvind, is inskrywings ook reeds oop vir 2027 se fees. Hier’s als wat jy moet weet om in te skryf.

Deur Redaksie
Inskrywings nou oop vir 2027 kykNET Silwerskermfees

Van 19 tot 22 Augustus vanjaar vind die 14de kykNET Silwerskermfees in Kampsbaai plaas en dit beloof om weer ’n filmfees van wêreldgehalte te wees. Die program sluit premières, speelfilms, kortfilms, dokumentêre films, eksklusiewe voorskoue van nuwe TV-reekse se loodsepisodes, asook werksessies en paneelgesprekke met bedryfskenners in.

Voorbereidings vir vanjaar se fees is reeds in volle swang, en nou is die inskrywings ook oop vir die 2027 Silwerskermfeeskompetisie vir kortfilms en kort dokumentêre. 

Die fees, wat jaarliks nuwe stemme in die plaaslike film- en televisiebedryf ondersteun, bied ’n gevestigde platform vir sowel opkomende as ervare filmmakers.

Die kategorieë

Die kompetisie word in drie kategorieë aangebied: 

  1. Kortfilms, waarvoor opkomende filmmakers kan inskryf.
  2. Kortfilms, waarvoor gevestigde filmmakers kan inskryf. 
  3. Kort dokumentêre, waarvoor sowel opkomende as gevestigde filmmakers voorleggings kan maak. 

Die fees is op soek na oorspronklike, diverse en verbeeldingryke storievertellers wat die pas in die snelgroeiende film- en televisiebedryf van vandag en môre kan aangee. 

Die keuringsproses

Die keuringsproses bestaan uit verskeie fases. 

Indien ’n kort dokumentêr in jou visier is, sal jy aanvanklik die titel, genre, ’n beskrywing van die storie en temas wat aangeraak word, asook verwysings na soortgelyke dokumentêre en die beoogde tydsduur moet verskaf. Die dokkie mag nie langer as 30 minute wees nie. ’n Verdere vereiste is dat 60% van die inhoud Afrikaans moet wees. Enige variant van Afrikaans is welkom. 

Kandidate op die kortlys vir die volgende ronde, wat in Julie 2026 aangewys word, sal ’n voorleggingsvideo moet instuur. Daarna volg ’n derde siftingsronde wat, onder meer, ’n formele voorlegging met ’n begrotingsplan en regisseursvisie behels. Dié ronde sal bepaal wie die suksesvolle filmmakers is wat finansiering en mentorskap sal ontvang om van hul dokkiedroom ’n werklikheid te maak. 

Die kortfilm-kandidate vir die 2027 Silwerskermfees sal deur ’n soortgelyke keuringsproses aangewys word, en die films kan tussen sewe en 30 minute lank wees, in enige genre en in enige variant van Afrikaans. Dit kan ook ander landstale insluit, maar 80% van die dialoog moet Afrikaans wees. 

As jou voorstel uiteindelik die groen lig vir finansiering en mentorskap kry, kan jy in die voetspore van ’n rits veelbekroonde Suid-Afrikaanse rolprent- en televisiemakers volg wat hul eerste buiging in die bedryf met ’n Silwerskermfeeskortfilm gemaak het. Daaronder tel Christiaan Olwagen, wat later talle pryse verower het vir rolprente soos Johnny is nie dood nie, Kanarie en Poppie Nongena, die baanbrekers Ephraim Gordon en Amy Jephta van Barakat-faam en die filmmakerpaar Corné en René van Rooyen, wat Vaselinetjie, Toorbos en Hans steek die Rubicon oor op hul kerfstok het. Verskeie Silwerskermfeeskortfilms, soos Vuil wasgoed en Beurtkrag, is ook al in vollengterolprente omskep.

Jou inskrywing vir die eerste ronde van beoordeling moet ’n konsepvoorstel van 250 tot 300 woorde bevat. Die draaiboek, regisseursvoorlegging en begroting sal later volg.

Skryf só in:

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies