Menu terloops
In TV [26 Mar 2026]

‘Koortjies’ skop binnekort weer af met spesiale Paasfees-aanbod


Die volgende aflewering van ‘Koortjies’ se derde seisoen kom met ekstra skop!

Deur Redaksie
‘Koortjies’ skop binnekort weer af met spesiale Paasfees-aanbod

Kry jou Sondagaand-skedule weer uitgesorteer want jou gunsteling TV-kerk onder die bekwame leiding van Elwira Standili gaan soos gewoonlik vir wonderlike saamkuier en -sing met vriende en familie sorg. En dit sommer in jou eie voorkamer! Maar hou vas, want die volgende aflewering van Koortjies se derde seisoen kom met ekstra skop. 

Elwira, Koortjies
Elwira Standili saam met die Lekker Crew, wat die gaskunstenaars in die Paasfees-episode is. Foto’s: Verskaf

Wat wag op kykers?

In dié episode word die musiekvermaak deur die Lekker Crew verskaf en die episode begin met die spesiale Paasboodskap wat deur profetes Gunaide Samuels en pastoor Monray Adams gelewer word. 

Nog iets om na uit te sien is in-diepte gesprekke om die ronde tafel waar kenners saamgesels oor uiteenlopende dog relevante onderwerpe. Daar gaan nie net gesels word nie, maar ook na oplossings gesoek word.

Dink byvoorbeeld aan onderwerpe soos ons kwesbare jeug wat op straat gevind word. Bendes, dwelms en misdaad staar hulle daagliks in die gesig. Jeugdiges word self betrek om saam te kom gesels en daar word gekyk na hoe die gemeenskap beter na hulle kan omsien.

Een van die knelpunte in die samelewing is geweld teen vroue, en hoe talle vroue in hierdie kringloop van mishandeling vasgevang word, en vasgevang bly. Kykers al onthou dat hierdie kwessie onlangs in Suidooster aangeraak is met die storielyn wat oor Tristan (Arno Greeff) en Angie (Char Carrie) se verhouding gehandel het.

Die Koortjies-sirkel word ook al hoe groter met die viering van spesiale dae, waaronder Vadersdag, Moedersdag en Jeugdag.

Die regisseurs Mikayla Joy Brown en haar broer Jesse Brown kom kuier ook saam. Hulle vertel meer oor hul eerste groot fliek-projek Finding Optel. Dié fliek het groot opspraak gewek en het by 2025 se Silwerskermfees die toekenning vir beste produksieontwerp gewen. 

Bekendes kom kuier saam

Die lysie bekendes wat saam met Elwira gaan kuier, is soos ’n droomlysie wat waar geword het. Dink net: Christo Davids, Robin Pieters, Jessica Daniels (Kuier-tydskrif se inspirasiemens 2025 tydens Netwerk24 se Smaakmaker-toekennings), Schaney van Wyngaard (Huisgenoot se eerste TikTokker in 2024), rymkletser Shaundion en vioolspeler Matthew du Toit. 

Koortjies
Christo en June Davids saam met Elwira.

“Hou aan kyk, hou aan om ons te ondersteun want daar sal nie ’n Koortjies wees sonder kykers nie. Ons gaan aanhou om elke Sondagaand vir julle pragtige kykstof te bied. Laat die musiek aanhou kom, laat weet vir ons wie en wat julle graag wil sien. 

“Ons gaan saam met julle Koortjies nog verder bou tot waar dit wêreldwyd ’n verandering maak,” was Elwira se boodskap tydens die vorige seisoen. En dis vandag net so ’n waardevolle boodskap vir die nuwe seisoen.


Koortjies word vanaf Sondagaand 5 April om 19:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies