In vandeesweek se episode van Carte Blanche op M-Net word daar ondersoek ingestel na hoekom miljoene rande aan huurgeld bestee word terwyl staatsgeboue leegstaan, terwyl daar ook na die verwoestende impak van vloedwaters in die noorde van ons land gekyk word, en ’n blik op ’n avonturier se wetenskaplike ontdekkingsreise gegee word.
Limpopo-vloed herbesoek
Vir gemeenskappe regoor Limpopo en Mpumalanga het die jaar in chaos begin. Terwyl stortreëns oor die noorde van die land gespoel het, is paaie weggevee, dienste afgesny en families ontwortel, met die regering wat dié gebeure tot nasionale ramp verklaar het. Die Carte Blanche-span is in dié insetsel op die grond om stories van noue ontkomings te hoor en die helde te vier wat brûe herbou en lewens red. Weke nadat die vloedwaters teruggetrek het, besoek hulle weer die skade aan die Kruger Nasionale Park en kry ’n blik op die herstelpogings deur die oë van die bekroonde dokumentêre filmmaker, Bonné de Bod.
Die huur is betaalbaar
In die hartjie van Johannesburg staan meer as ’n dosyn geboue – wat eens vir ’n ambisieuse regeringsdistrik geoormerk is – leeg. Maar selfs terwyl Gauteng miljoene aan erfbelasting bestee, word sy eie departemente in privaatgeboue gehuisves. Verlede jaar het openbare woede oor die uitgawes losgebars. ’n Ondersoek is beloof, maar tot op hede is geen antwoorde al verskaf nie. Carte Blanche se eie ondersoek onthul dat byna die helfte van die huur na een sakeryk vloei – een met ’n lang geskiedenis in eiendomstenders. Die regering beloof om afhanklikheid van gehuurde geboue te verminder, so waarom is huurkontrakte ter waarde van honderde miljoene goedgekeur? En wie trek voordeel?
Seil vir wetenskap
Hy is geen vreemdeling aan grense verskuif nie. James Ketchell het al oor die Atlantiese Oseaan geroei, Mount Everest uitgeklim en met ’n girokopter om die wêreld gevlieg. Nou seil dié Britse avonturier om die wêreld in ’n poging om die eerste persoon te word wat die wêreld per lug, land en see omseil. Maar sy missie gaan oor meer as net rekords breek: Ketchell wil ook ons begrip oor oseane uitbou.
Carte Blanche word Sondae om 19:00 op M-Net en DStv Stream (DStv-kanaal 101) uitgesaai. Dit is ook op Catch Up beskikbaar.







