Ryan Coogler lei vanjaar se Oscars-stryd met 16 benoemings vir sy grensverskuiwende rolprent Sinners, waarin Michael B. Jordan die hoofrol vertolk. Jordan is dan ook vir sy spel in dié fliek as beste akteur benoem. Met dié 16 benoemings troef Sinners die vorige rekord van 14 benoemings wat deur All About Eve (1950), Titanic (1997) en La La Land (2016) gedeel is.
Die groot snub vanjaar is dat Paul Mescal nie vir sy sielsdiepe vertolking in Hamnet benoem is nie. Jessie Buckley, wat teenoor hom in dié verwerking van Maggie O’Farrell se boek speel en onlangs die Golden Globe-toekenning as beste aktrise gewen het, is wel benoem. Só ook Hamnet-regisseur Chloe Zhao wat met dié benoeming slegs die tweede vrou is wat vir ’n tweede keer in die kategorie vir beste regisseur benoem is.
Die toekennings vind op 15 Maart 2026 in Los Angeles plaas met die komediant Conan O’Brien wat weer as die aand se gasheer terugkeer.
Hier is die volledige lys benoemings:
Beste rolprent
- Bugonia
- F1
- Frankenstein
- Hamnet
- Marty Supreme
- One Battle After Another
- The Secret Agent
- Sentimental Value
- Sinners
- Train Dreams
Beste akteur
- Timothée Chalamet in Marty Supreme
- Leonardo DiCaprio in One Battle After Another
- Ethan Hawke in Blue Moon
- Michael B. Jordan in Sinners
- Wagner Moura in The Secret Agent
Beste aktrise
- Jessie Buckley in Hamnet
- Rose Byrne in If I Had Legs I’d Kick You
- Kate Hudson in Song Sung Blue
- Renate Reinsve in Sentimental Value
- Emma Stone in Bugonia
Beste manlike byspeler
- Benicio del Toro in One Battle After Another
- Jacob Elordi in Frankenstein
- Delroy Lindo in Sinners
- Sean Penn in One Battle After Another
- Stellan Skarsgard in Sentimental Value
Beste vroulike byspeler
- Elle Fanning in Sentimental Value
- Inga Ibsdotter Lilleaas in Sentimental Value
- Amy Madigan in Weapons
- Wunmi Mosaku in Sinners
- Teyana Taylor in One Battle After Another
Beste regisseur
- Paul Thomas Anderson, One Battle After Another
- Ryan Coogler, Sinners
- Josh Safdie, Marty Supreme
- Joachim Trier, Sentimental Value
- Chloé Zhao, Hamnet
Beste verwerkte draaiboek
- Bugonia, Will Tracy
- Frankenstein, Guillermo del Toro
- Hamnet, Chloé Zhao en Maggie O’Farrell
- One Battle After Another, Paul Thomas Anderson
- Train Dreams, Clint Bentley en Greg Kwedar
Beste oorspronklike draaiboek
- Blue Moon, Robert Kaplow
- It Was Just an Accident, Jafar Panahi en Script Collaborators
- Marty Supreme, Ronald Bronstein en Josh Safdie
- Sentimental Value, Joachim Trier en Eskil Vogt
- Sinners, Ryan Coogler
Beste internasionale rolprent
- The Secret Agent (Brasilië)
- It Was Just an Accident (Frankryk)
- Sentimental Value (Noorweë)
- Sirât (Spanje)
- The Voice of Hind Rajab (Tunisië)
Beste animasierolprent
- Arco
- Elio
- KPop Demon Hunters
- Little Amélie or the Character of Rain
- Zootopia 2
Beste dokumentêre rolprent
- The Alabama Solution
- Come See Me in the Good Light
- Cutting Through Rocks
- Mr. Nobody Against Putin
- The Perfect Neighbor
Beste redigering
- F1, Stephen Mirrione
- Marty Supreme, Ronald Bronstein en Josh Safdie
- One Battle After Another, Andy Jurgensen
- Sentimental Value, Olivier Bugge Coutté
- Sinners, Michael Shawver
Beste kinematografie
- Frankenstein
- Marty Supreme
- One Battle After Another
- Sinners
Beste produksie-ontwerp
- Frankenstein, Tamara Deverell
- Hamnet, Fiona Crombie
- Marty Supreme, Jack Fisk
- One Battle After Another, Florencia Martin
- Sinners, Hannah Beachler; Stelversiering: Monique Champagne
Beste kostuumontwerp
- Avatar: Fire and Ash
- Frankenstein
- Hamnet
- Marty Supreme
- Sinners
Beste oorspronklike klankbaan
- Bugonia
- Frankenstein
- Hamnet
- One Battle After Another
- Sinners
Beste oorspronklike lied
- “Dear Me” in Diane Warren: Relentless
- “Golden” in KPop Demon Hunters
- “Highest 2 Lowest” in Highest 2 Lowest
- “I Lied To You” in Sinners
- “Sweet Dreams of Joy” in Viva Verdi!
- “Train Dreams” in Train Dreams
Beste kortprent
- Butcher’s Stain
- A Friend of Dorothy
- Jane Austen’s Period Drama
- The Singers
- Two People Exchanging Saliva
Beste animasie-kortprent
- Butterfly
- Forevergreen
- The Girl Who Cried Pearls
- Retirement Plan
- The Three Sisters
Beste dokumentêre kortprent
- All the Empty Rooms
- Armed Only With a Camera: The Life and Death of Brent Renaud
- Children No More: “Were and Are Gone”
- The Devil Is Busy
- Perfectly a Strangeness
Beste grimering en haarstilering
- Frankenstein
- Kokuho
- Sinners
- The Smashing Machine
- The Ugly Stepsister
Beste klank
- F1
- Frankenstein
- One Battle After Another
- Sinners
- Sirât
- Train Dreams
Beste visuele effekte
- Avatar: Fire and Ash
- F1
- Jurassic World Rebirth
- The Lost Bus
- Sinners
Beste rolverdeling (casting)
- Hamnet
- Marty Supreme
- One Battle After Another
- The Secret Agent
- Sinners