Menu terloops

Poker Face S1

Op Showmax [Gepubliseer op 11 Dec 2023]


Die Emmy-benoemde aktrise Natasha Lyonne, veral bekend vir haar briljante spel in Russian Doll en Orange Is The New Black, speel ene Charlie Cale in die Oscar-benoemde Rian Johnson se raaiselreeks, ‘Poker Face’.

Poker Face S1

In Poker Face, bestaande uit tien episodes, beskik Lyonne se karakter oor die buitengewone vermoë om vas te stel as iemand lieg. Ná een van Charlie se vriende vermoor word, vat sy die pad en oral waar sy met haar Plymouth Barracuda stop, is daar (heel toevallig…) ’n nuwe raaisel om op te los.

Onder die ander spelers tel Adrien Brody, Joseph Gordon-Levitt, Chloë Sevigny, Jameela Jamil, Cherry Jones, Stephanie Hsu en nog.

Poker Face is reeds vir ’n tweede seisoen hernu. Ook nie te versmaai nie is die reeks se 98% op Rotten Tomatoes, die glowing resensies en die vir Emmy-benoemings wat dit ontvang het – onder meer vir beste aktrise vir Lyonne se begeesterde spel. 

Ed Power van die Daily Telegraph (UK) skryf só daaroor in sy resensie: “Dit is aangrypend, gruwelik wanneer dit moet wees, en Lyonne is sjarme op ’n stokkie.” 

Entertainment Weekly se Darren Franich was dit ook eens dat Poker Face selfs as die “beste misdaadreeks van die jaar” beskou kan word met ’n rits ander resensente wat meen dié reeks herinner sterk aan die beste dele van die ikoniese reeks, Columbo. 

Vanaf Maandag, 11 Desember 2023, op Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

kykNET se nuwe mini-dramareeks is ’n verhaal van verlies, vergifnis en hoop

Twee mans se paaie kruis in ’n ondersteuningsgroep ná die verlies van geliefdes. kykNET se 'Elke donker wolk' verken hoe ’n onverwagse vriendskap ruimte skep vir vergifnis, genesing en hoop.

Meer

Rubriek: Gaan griffel in Ouma se resepteboek! ‘Kokkedoor: Klassiek’ is terug! 

Ná ’n voorskou van die eerste episode laat 'Kokkedoor: Klassiek' vir Marteni Burger verlang na haar ouma se resepte én sien sy uit na nog skeppies nostalgie - met ’n knippie kombuisdrama en verrassende kinkels daarby.

Meer

Van die veld tot die kelder – kuier dié November saam met VIA

Van wildplase en wynkelders tot huise met karakter: VIA se November-aanbod beloof vars ontdekkings. Kuier saam met Shari Kennedy, Leandie du Randt, Frank Rautenbach en JP Quickelberge, en leer ken die mense, stories en plekke wat Suid-Afrika so besonders maak.

Meer

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer
Sien alle opsies