Daar is altesaam 14 openbare vakansiedae op Suid-Afrika se kalender vir 2023 en vir die eerste keer in wat soos dekades voel, word ons nie geboor met ’n enklele vakansiedag wat op ’n Saterdag val nie! Achievement unlocked! April is geseën met vakansiedae en die Paasnaweek is veral gewild onder dié van ons wat reeds gatties is vir die eerste kwartaal en ’n blaaskans kor
Ongelukkig moet ons wel ook deal met feestelike versierings wat maande voor die tyd uitgestal, vasgeplak en opgehang word. Teen die tyd wat Paasfees inrol, wil jy reeds iemand se kuif met ’n Paaseier kam. En dan word kinders soos hase aantrek en gevreetjies grimeer om orals oor Facebook te plak. But wait, there’s more! Ek het vir jou nóg ses “Paaseiers” opgespoor, maar moenie bekommerd wees nie – dis metafories van aard…
Popkultuur se Paaseiers
Die Paaseiers waarvan ek praat verwys na versteekte of baie subtiele verwysings, grappies of erkennings na ander flieks, TV-programme, en so meer in ’n ander vorm van popkultuur. Dié verskynsel het sy oorsprong te danke aan die videospeletjie, Moonlander (1973), waarin ’n speler sy ruimtetuig op die maan moet land. As hy egter kies om horisontaal oor so ’n paar skerms te vlieg, kom hy af op ’n McDonalds. Vreemd.
In die vroeë 1980’s sou die tweede Paaseier sy verskyning maak in die Atari-videospeletjie, Adventure. Destyds het die Atari-base gekies om nie hulle programmeerders se name in speletjies se erkennningslys in te sluit nie, uit vrees dat mededingers hul menslike hulpbronne sou kaap. ’n Programmeerder, Warren Robinett het egter stry gekry met sy baas – juis hieroor – en het die boodskap “Created by Warren Robinett” geprogrammeer om te verskyn as ’n speler oor ’n foutiewe pixel op die skerm sou beweeg. Dit sou te duur wees om die boodskap te verwyder en die direkteur, Steve Wright, het besluit om dit eerder in toekomstige vrystellings aan te moedig en dit beskryf as Paaseiers wat die verbruikers kon ontdek. Sedertdien het dié fenomeen feitlik na alle uithoeke van die vermaaklikheidsbedryf versprei.
Maar hoekom?
Fliek-Paaseiers (dit klink regtig beter in Engels, maar kom ons gee Die Taal so ’n bietjie suiker) kan ’n gevoel van samehorigheid en kameraadskap onder fliekaanhangers aanmoedig synde dit wyd op sosiale media, forums en ander aanlynplatforms gedeel en bespreek kan word. Dit kan ook – tot ’n mate – so ’n bietjie diepte en kompleksiteit by ’n film se storie of karakters voeg en selfs leidrade los oor opkomende flieks of vervolgverhale. Oor die algemeen is dit ’n prettige en kreatiewe manier vir filmmakers om met hul gehore te connect en om die kykervaring te verbeter, terwyl dit die superfans onder ons (wat baie aandag aan details gee) beloon. daarvan.
Hier is jou mandjie met vyf fliek-Paaseiers
Die fliek:
Gedurende Harry se sesde jaar by Hogwarts kom hy op ’n boek af wat eens aan die geheimsinnige Half-Blood Prince behoort het. Hierdie ontdekking besorg hom die respek van sy nuwe Potions-proffie, Horace Slughorn. Verder moet Dumbledore onse Harry voorberei vir die uiteindelike konfrontasie deur uit te vind wat die geheim agter Voldemort se magte is.
Die Paaseier:
’n Koerantopskrif in die fliek vermeld dat ’n heks met die naam van Amelia Bones dood by haar huis aangetref is. Sy was die heks wat vir Harry in Harry Potter and The Order of The Phoenix (2007) verdedig het.
Die fliek:
Peter Parker probeer sy bes om sy lewe as ’n doodgewone hoërskoolleerling in Queens met sy superheld-alterego Spider-Man, te balanseer. Hy bevind homself egter op die spoor van ’n splinternuwe sluwe bedreiging wat deur die New York-lugruim zoem.
Die Paaseier:
In ’n stadium sien ons Spidey se meisie, MJ (Zendaya van Euphoria) waar sy besig is om Invitation To A Beheading deur Vladimir Nabokov te lees. Die storie in die boek gaan oor ’n man wat ’n tronksel met ’n spinnekop deel.
Die fliek:
Spider-Man (Tom Holland; Chaos Walking) se ware identiteit kom op die lappe. Hy vra ’n redelike onwillige Doctor Strange (Benedict Cumberbatch; Star Trek: Into Darkness) om hulp.
Die Paaseier:
In die film is daar ’n taxi met die nommer 1228. Geharde comic fans sou dadelik geweet het dat dit ’n huldeblyk aan Stan Lee is. Lee, die medeskepper van Spider-Man, se verjaardag was 12 Desember.
Die fliek:
Ironies genoeg het Robert Pattison in die rol van Batman beland terwyl almal dit nog so goed soos gister onthou dat hy ’n (letterlike) skitterende vampier in Twilight was! In die nuutste Batman-fliek is hy in Gotham se onderwêreld op die spoor van ’n sadistiese moordernaar wat kriptiese leidrade agterlaat.
Die Paaseier:
In Wayne Manor is daar ’n borsbeeld van William Shakespeare. Dit is ’n verwysing na die 1960’s Batman TV-reeks. Daarin het Bruce Wayne in elke episode ou Willem Wikkelspies se kop opgelig om ’n knoppie te druk om die Batcave binne te gaan.
Die fliek:
Dis die sequel waarvoor almal gewag het sedert die 80s. Tom Cruise keer terug as Luitenant Pete “Maverick” Mitchell. Hy moet spoke uit sy verlede, asook sy diepste vrese, konfronteer as hy windgat gegradueerdes vir ’n spesiale taak moet oplei.
Die Paaseier:
Hangman kies die liedjie Slow Ride deur Foghat op die jukebox. Die snit se nommer op die jukebox is 86 – die jaar waarin die oorspronklike Top Gun-fliek vrygestel is.