Menu terloops
In Sepies [19 Aug 2025]

‘Wimpie’ snork voort in ‘Suidooster’ – maar gaan hy dalk hierdie keer die kykers verkeerd opvryf?


Kykers onthou vir Anrich Herbst veral as die ougat Wimpie (toe 15 jaar oud) in ‘Orkney snork nie’, as Dewald Vorster in ‘Egoli: Plek van goud’ en natuurlik as Duncan Haines in ‘Isidingo’. Nou is Anrich in die kykNET-sepie ‘Suidooster’ te sien.

Kyk 'Suidooster' op DStv Stream

‘Wimpie’ snork voort in ‘Suidooster’ – maar gaan hy dalk hierdie keer die kykers verkeerd opvryf?

Drama bruis deur die akteur Anrich Herbst se bloed. Sy ma, Kristie Herbst, was in Nommer asseblief as Belinda Jonker te sien, en in Trompie en die Boksombende was sy Mev. Gerritse. Kykers sal ook sus Karleine onthou vir reekse soos Die sonkring en Grondbaronne. Ja, die toneeltalent loop diep deur die Herbst-are.

Anrich, wat aanvanklik naam gemaak het as Wimpie in Orkney snork nie en meer onlangs in die kykNET-drama Die nuusmakers te sien was, is tans in die kykNET-sepie Suidooster op die kassie. Hy vertel meer.

Vertel meer van jou karakter en wat kykers van die storielyn kan verwag?

“Mike van Wyk is Frankie (Mienke Ehlers) se pa. Hy en sy vrou, Amanda (Lindie Strydom), kom loer onverwags by hulle dogter in, al die pad uit Pretoria. Frankie is nie heeltemal eerlik met hulle oor haar en haar kêrel, Justin (Eden Classens), se verblyfreëlings nie, en die drie eindig by ’n terapeut om die konflik tussen hulle op te klaar. 

“Wat volg, gaan die kykers se asem wegslaan. Al wat ek kan sê is: Onthou, dis net ’n storie, en dié soort dinge gebeur. Ek sien baie uit om te sien hoe die kykers gaan reageer op Mike van Wyk se storielyn.”

Hoe is dit vir jou om teenoor Lindie Strydom te speel?

“Ons is baie gemaklik saam en lag omtrent heeltyd. Sy is uiters professioneel en ’n aanmoediging vir my om op my stukke te wees. Sy is ’n fantastiese aktrise en ’n mooi vrou.”

Suidooster, Lindie Strydom, Anrich Herbst, Egoli, Mienke Ehlers
“Mike van Wyk is Frankie (Mienke Ehlers) se pa. Hy en sy vrou, Amanda (Lindie Strydom), kom loer onverwags by hulle dogter in, al die pad uit Pretoria,” vertel Anrich Herbst oor sy rol en karakter op Suidooster. Foto: Gys Loubser

Hoe is dit vir jou om weer jou sepie-skoene aan te trek?

“Ek geniet die onmiddellikheid van die sepie-styl. Dit het my wel so ’n paar weke gevat om weer gewoond te raak aan die tegnieke wat benodig word. Die uitdaging is egter goed vir my, en aan die einde van die dag kan ek voel dat ek gewerk het. Ook daarmee saam dat dit vir my lekker en stimulerend was. 

“Dis natuurlik ’n groot bonus om ontbyt en middagete ingesluit te hê by jou dagtaak.”

Wat het jy spesifiek op die Suidooster-stel geniet?

“Die mense is vriendelik! Die hele lot. Ek het nuwe vriende gemaak, ’n klomp grappies gedeel en lekker saamgewerk. Hulle het my almal baie welkom laat voel.”

Jy het ’n uiteenlopende en suksesvolle loopbaan. Wat hou jou steeds passievol oor toneelspel ná al hierdie jare?

“My mede-akteurs is beslis ’n inspirasie. Elke nou en dan wanneer ek uitmuntende spel sien, gebeur daar iets in my wat hoër kwaliteit werk wil lewer.”

Hoe ontspan jy wanneer jy nie op stel is nie? Het jy enige stokperdjies, aktiwiteite of roetines wat jou help om te herlaai?

“My tuisateljee is ’n bietjie van ’n man cave. Die werk wat ek daar doen, stuur my gedagtes in ander, vars rigtings. Ek probeer wel ook om my woorde vir die volgende dag reeds te ken teen die tyd wat ek by die huis kom sodat ek kan ontspan deur te kook, iets op die TV te kyk of speletjies saam met ons kinders te speel. 

“Ek en Xtine, my verloofde, doen pilates saam wanneer ons kans kry en probeer ook gereeld wegglip, selfs al is dit net vir ’n dag of twee.”

Dit kan uitdagend wees om werk en persoonlike lewe in balans te hou. Hoe bly jy positief en energiek?

“Ek het redelik baie slaap nodig om goed te funksioneer. So, ek maak ’n punt daarvan om dit te doen. Ek is gelukkig om ’n positiewe instelling te hê wanneer ek besig is met die regte dinge. 

“Xtine help my ook baie deur my aan te moedig en te ondersteun en bloot ’n goeie partner te wees. En dan is daar rekeninge om te betaal. So, ek is dankbaar vir elke stukkie werk wat my kant toe kom.”


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies