Menu terloops
In Gons [28 Okt 2025]

‘Koortjies’: Dís waarna kykers kan uitsien in nuwe seisoen


Die nuwe seisoen van ‘Koortjies’ is ’n spesiale een met musiek en stories diep uit die hart uit, vertel die aanbieder Elwira Standili.

‘Koortjies’: Dís waarna kykers kan uitsien in nuwe seisoen

Die Koortjies-aanbieder, Elwira Standili, kan nie haar opgewondenheid oor wat in die nuwe seisoen voorlê, beteuel nie. Sy beloof hope en tonne inspirasie, bedien saam met geesvervullende musiek wat harte op Sondagaande gaan roer en voete gaan laat jeuk. 

“Kykers geniet Koortjies, want dit skep ’n geleentheid vir almal om weer bymekaar te kom,” sê sy.

Reeds vanaf die eerste episode wat op 2 November uitgesaai word, sal kykers besef hierdie seisoen is ’n spesiale een met musiek en stories diep uit die hart uit. 

Wie kom kuier dié seisoen?

Khadija Heeger, wat die rol van die matriarg Jasmine Louw in kykNET&kie (DStv-kanaal 145) se Skemergrond vertolk, kom kuier saam. Kykers gaan uitvind waar Khadija begin en Jasmine eindig. Later in die reeks praat die sanger Alistair Izobell intens en eerlik oor sy jarelange stryd met depressie, en hy bring ’n boodskap en raad vir diegene saam wat in dieselfde bootjie is.

Koortjies
Onder dié seisoen se gaste op Koortjies tel die aktrises Denise Newman en Theresa Sedras. Foto’s: Verskaf

“Ons het ook die geleentheid gehad om die storie van Joshlin Smith, die sesjarige dogtertjie van Saldanha wat in Februarie 2024 weggeraak het, ’n bietjie meer oop te maak en met betrokkenes te praat, waaronder haar ouma, Rita Yon,” vertel Elwira.

Die nuwe seisoen het vir Elwira bevestig dat wense wel waar kan word. Tydens die tweede seisoen het sy gehoop dat Namibiese broers en susters ook aan Koortjies kan deelneem.

“Ons het dit reggekry om ons heel eerste Namibiese kunstenaar op Koortjies te kry! 

Ek is regtig opgewonde om hulle ook blootstelling te gee en hul erfenis te vier. Ons kykers gaan beslis die Nama-liedjie geniet – nog ’n rede om Koortjies te kyk.” 

Dan is daar ook Suidooster, wat vanjaar ’n hele dekade op die kassie vier. En Koortjies se episode met Denise Newman, Theresa Sedras, Jill Levenberg en Simone Biscombe word op dié sepie se verjaardag uitgesaai. Wat gaan dié viertal alles aanvang?

Kykers word ook aangemoedig om hul Kersfees- en Nuwejaarsprogramme rondom Koortjies se tydgleuf te reël. Elwira wil nog niks verklap nie, maar weet net: Dit gaan een vir die boeke wees.

Waarom moet mense Koortjies kyk? 

“Wat anders gaan jy doen vanaf 2 November om seweuur op ’n Sondagaand? Ek weet ons kykers gaan wegstap met hope inspirasie vir die week wat voorlê. 

“Kom kry jou inspuiting op ’n Sondagaand saam met ons Koortjies-familie,” is Elwira se hartlike uitnodiging.


Koortjies begin Sondagaand 2 November om 19:00 op kykNET&kie en DStv Stream (DStv-kanaal 145). Episodes sal ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar wees.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Skemergrond’-gids vir September 2026

Lily en Ruan is gebroke en Christine se verlede haal haar in. Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir September 2026

Nazeem is ’n doring in Bridgette se vlees en Frankie en Riaan het ’n moeilike gesprek. Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in September kan uitsien.

Meer
13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies