Menu terloops
In Sepies [19 Mei 2026]

‘Diepe Waters’ se ‘Selena’: Leer ken vir aktrise Marise Loots


Die aktrise Marise Loots vertel sy wil nes haar ‘Diepe Waters’-karakter, Selena, ’n positiewe bydrae tot die wêreld maak.

Deur Redaksie
‘Diepe Waters’ se ‘Selena’: Leer ken vir aktrise Marise Loots

Toe die beeldskone Selena (Marise Loots) voor die kameras in Diepe Waters verskyn, het sy nie een nie, maar beide Viljoen-boeties se voete onder hulle uitgeslaan.

Eers was dit Danie (Chartyn van Heerden) wat van Selena gehou het, maar toe raak ouboet Marco (Xander Venter) ook verlief. Aanvanklik het Marco eerste met Selena begin uitgaan, maar nadat hy haar vertroue verloor het deur vir haar te jok, kon Danie eindelik sy gevoelens teenoor haar bieg en haar uitvra.

Selena is baie meer skaam en teruggetrokke as wat sy is, vertel Marise (23). “Sy sal nie sommer net vir iemand sê wat sy van hulle dink of hoe sy oor hulle voel nie. Ek sal dadelik sê as ek byvoorbeeld voel iemand hanteer my nie reg nie.”

En kom sy oor die weg met die twee “boeties” in die regte lewe? “Ons drie is goeie vriende. Ek is baie close met Xander en Chartyn. Ek en Xander het ook nou in ons persoonlike lewens baie goeie vriende geraak,” vertel Marise.

Marise Loots op stel van Diepe Waters
Marise Loots saam met haar medespelers Kruger Coetsee en Carla Schönfeldt agter die skerms op die stel van Diepe Waters. Foto: Verskaf

“Dit is lekker om die dinamika tussen hulle twee te sien, want hulle tree soos regte broers op . . . wat mekaar spot én bystaan,” lag sy.

Vir Marise was dit ook wonderlik om voor die kameras en tussen tonele met Christel van den Bergh, wat Danie en Marco se ma vertolk, toneel te speel en te gesels.

Marise was al in flieks soos Vaselinetjie en Musiek vir die agtergrond te sien, en het al talle verhoogproduksies gedoen. “Dit is baie vinniger as teater, maar Diepe Waters is baie professioneel. Hulle weet wat hulle soek en hoe om dit vinnig vas te vang,” verduidelik Marise. “Dit is regtig ’n spasie waar jy baie vinnig baie kennis kan opbou en baie kan leer,” sê sy.

Passie om verskil te maak

Deesdae doen Marise ook modelwerk in haar aftyd. Sy is ook onlangs deur ’n agentskap geteken, waaroor sy baie opgewonde is. Nes Selena, wat ’n influencer op sosiale media is, voel Marise ook baie passievol oor optrede teenoor geslagsgeweld. Om ’n spasie te skep op haar sosiale media waar mense gemaklik kan voel in hul eie vel, is vir haar belangrik, sê Selena.

Marise is ook ywerig om kinders te leer en die nuwe generasie gepas toe te rus vir die grootmenswêreld. Sy is tans ’n finalejaar-onderwysstudent aan die NWU, en gee Engels en Geskiedenis.

Hoewel sy aanvanklik op kampus in Potchefstroom geswot het, doen sy nou haar finale jaar aanlyn om ruimte te maak vir Diepe Waters.

Daaroor is sy nog nie ’n dag spyt nie. “Dit is so lekker om saam met die amazing regisseurs, akteurs en die span agter die kameras te werk. Ek leer so baie by elkeen. Dit is ’n groep mense wat regtig baie kennis oor die bedryf het,” vertel sy.


Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Diepe Waters is ook op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Chanél Muller oor ‘Sy, die meeue en die Heilige Gees’

"Enige persoon se geloofsreis is ’n baie persoonlike reis, en dit gebeur alles baie innerlik", sê Chanel Muller, die skrywer, regisseur en vervaardiger van die kykNET-reeks 'Sy, die meeue en die Heilige Gees'.

Meer

Lag, liefde en soveel meer: Ons kykNET-kyklys vir Oktober

Oktober op kykNET bring plaasromanse, slim speletjies en stories vir boekliefhebbers. 'Boer soek ’n vrou' se liefdeskeuses sorg vir afwagting, 'Haas se gat' speel met woorde en feite, terwyl 'Boekmerk' by skrywers en leeskringe kuier vir gesprekke oor Afrikaanse boeke.

Meer

’n Skokwending en gevaarlike versoekings vier hoogty in ‘Suidooster’ dié Oktober

Ou vetes vlam op, nuwe liefde vertroebel oordeel en ’n skokwending ruk een gesin se wêreld in Ruiterbosch. Dié Oktober loop spanning hoog in Suidooster. Hier is vyf storielyne wat jy nie wil misloop nie.

Meer

Neels van Jaarsveld, jong talent en lekker kos op VIA in Oktober

VIA sorg in Oktober vir lekker kykstof met Neels van Jaarsveld se troeteldierstories, kombuiskuiers saam met Aneeka Papier en kookinspirasie van Herman Lensing. Jong kunstenaars wys hul staal in Gekies vir die kollig!, terwyl Die beste in die Noorde wegbreekidees bied. Huisgenoot: Ware lewensdramas keer ook terug vir sy twintigste seisoen.

Meer
Sien alle opsies