Menu terloops
In Wat om te kyk [2 Feb 2023]

Wat om te kyk op Netflix, Amazon Prime Video & Apple TV in Februarie 2023


Wat om te kyk op Netflix, Amazon Prime Video en Apple TV vandeesmaand: Die nuwe adrenalien-belaaide seisoen van ‘Drive to Survive’, ’n andersoortige reisprogram, ‘The Reluctant Traveler’, die vyfde seisoen van die gewilde dramareeks, ‘You’, en nog.

Wat om te kyk op Netflix, Amazon Prime Video & Apple TV in Februarie 2023

Wat om te kyk op Netflix, Amazon Prime Video en Apple TV vandeesmaand – hier is ons top-keuses.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Apple TV 

The Reluctant Traveler with Eugene Levy 

Eugene Levy is bekend vir sy rolle in die lag-uit-jou-maag-uit-snaaks Schitt’s Creek, en natuurlik American Pie, maar hier neem die akteur en vervaardiger ’n anderste tipe rol in.

Oor die loop van agt episodes reis kykers saam met Levy reg oor die wêreld heen. Hy besoek van die mooiste en interessantste plekke denkbaar – van Costa Rica en Portugal, tot Suid-Afrika en Japan. Wat dié reisprogram egter laat uitstaan, is dat Levy glad nie ’n ywerige toeris is nie. Inteendeel. Hy sal veel eerder by die huis kuier. Swerflus het hy beslis nie. En dís juis hoekom hy so ’n nommerpas toergids maak. Sy effense teësinnigheid gee elke wonderlike plek of mens wat hy teëkom net soveel meer trefkrag. 

Vanaf 24 Februarie beskikbaar om te stroom. 

Amazon Prime Video

The Consultant

The Consultant is ’n komedie-rillerreeks met onder andere Christoph Waltz en Nat Wolff in die rolverdeling.  

As ’n nuwe konsultant, Regus Patoff, aangestel word om ’n app-gebaseerde speletjiemaatskappy te help groei, ervaar werknemers uitdagings wat alles in twyfel trek – ook hul lewens.  

Vanaf 24 Februarie beskikbaar om te stroom. 

Netflix

Formula 1: Drive to Survive S5

Dié reeks tel onder van Netflix se gewildste programme – en met goeie rede. 

Formula 1: Drive to Survive is ’n adrenalienbelaaide dokumentêre reeks wat sedert die eerste seisoen in 2019 ’n ongekende agter-die-skerms blik op die wêreld se top-jaers gee soos hulle in die Formule Een-wêreldkampioenskap meeding. Die vyfde seisoen maak sy debuut skuins voordat die 2023-seisoen in Maart begin. Net genoeg tyd sodat ons weer oor Sebastian Vettel se uittrede kan snik en Danny Ricciardo se groot glimlag vir oulaas kan geniet voordat hy vanjaar so te sê uitsit as Red Bull se derde drywer. 

Vanaf 24 Februarie beskikbaar om te stroom. 

You S5

You is gegrond op Caroline Kepnes se gelyknamige topverkoper-roman en draai om ’n man wat enigiets vir “liefde” sal doen. Enigiets.

In die vierde seisoen begin dié man, Joe, sy lewe opnuut in Londen. Hy is vol voornemens om sy smerige verlede agter te laat, maar dan kry ’n nuwe obsessie ’n houvas op hom…

Die vierde seisoen word in twee dele uitgereik. Deel 1 is vanaf 9 Februarie beskikbaar om te stroom. Deel 2 word op 9 Maart beskikbaar gestel. 

Ook nuut op Netflix vandeesmaand:

1 Februarie 2023

  • Gunther’s Millions – Netflix Documentary
  • Detective Conan: The Culprit Hanzawa – Netflix Series

2 Februarie 2023

  • MAKE MY DAY – Netflix Series
  • Freeridge – Netflix Series

3 Februarie 2023

  • Infiesto – Netflix Film
  • Vikingulven – Netflix Film
  • Class – Netflix Series

8 Februarie 2023

  • The Exchange – Netflix Series
  • Bill Russell: Legend – Netflix Documentary

9 Februarie 2023

  • The Beauty Queen of Jerusalem – Netflix Series
  • Dear David – Netflix Film
  • My Dad the Bounty Hunter – Netflix Kids & Family Series

10 Februarie 2023

  • Love to Hate You – Netflix Series
  • Love is Blind: After the Altar Season 3 – Netflix Series
  • 10 Days of a Good Man – Netflix Film
  • Your Place or Mine – Netflix Film

13 Februarie 2023

  • Squared Love All Over Again – Netflix Film

14 Februarie 2023

  • Perfect Match – Netflix Series
  • In Love All Over Again – Netflix Series
  • All the Places  – Netflix Film
  • A Sunday Affair  – Netflix Film
  • Re/Member  – Netflix Film
  • Jim Jefferies: High n’ Dry – Netflix Comedy Special

15 Februarie 2023

  • #NoFilterNetflix Series
  • The Law According to Lidia PoëtNetflix Series
  • Red RoseNetflix Series
  • Eva Lasting – Netflix Series
  • Full Swing – Netflix Documentary
  • African Queens: Njinga – Netflix Documentary

16 Februarie 2023

  • Aggretsuko: Season 5 – Netflix Series
  • The Upshaws: Part 3 – Netflix Series

17 Februarie 2023

  • A Girl and an Astronaut – Netflix Series
  • Ganglands: Season 2– Netflix Series
  • Community Squad– Netflix Series
  • Unlocked – Netflix Film

19 Februarie 2023

  • Whindersson Nunes: Preaching to the Choir – Netflix Comedy Special

22 Februarie 2023

  • Triptych – Netflix Series
  • The Strays – Netflix Series
  • Murdaugh Murders: A Southern Scandal –  Netflix Documentary

23 Februarie 2023

  • Outer Banks: Season 3 – Netflix Series
  • Call Me Chihiro – Netflix Film
  • That Girl Lay Lay: Season 2 – Netflix Kids & Family Series

24 Februarie 2023

  • Who Were We Running From? – Netflix Series
  • We Have a Ghost – Netflix Film
  • Oddballs: Season 2 – Netflix Kids & Family Series

28 Februarie 2023

  • A Whole Lifetime with Jamie Demetriou – Netflix Comedy Special
  • Too Hot to Handle: Germany

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies