Real Housewives of Beverly Hills
The Guardian was die reeks Real Housewives of Beverly Hills die grootste TV-wenner van lockdown. As jy nog nie dié ultimate guilty pleasure ontdek het nie, kan jy seisoen 11 nou op DStv begin stroom. Dit maak nie saak of jy die vorige seisoene gemis het nie, want elke seisoen het sy eie verslawende drama en daar word selfs van flashbacks uit vorige reeks gebruik gemaak om konteks te skep. Weeksdae op 1Magic.
Harry & Meghan 3: Escaping The Palace
Hierdie twee uur lange program is die derde deel in die reeks waar daar dieper gedelf word in Harry en Meghan se lewens. Daar word gekyk na die isolasie, hartseer en media-bespotting wat daartoe gelei het dat hulle die Britse monargie in Januarie 2020 verlaat het. Vanaf 7 Oktober op Lifetime.
George Clarke’s Remarkable Renovations S1
In hierdie reeks gee George Clarke nuwe lewe aan industriële en kommersiële geboue. Van ’n voormalige bank tot ’n ou graanskuur – George help tuisteskeppers om hul eiendomme in pragtige wonings te omskep. Op BBC Lifestyle vanaf 1 Oktober.
Come Dine With Me S16
Die gewilde kookkompetisie is terug! Vyf vreemdelinge maak beurte om uit te haal en te wys met etes vir hul mede-deelnemers en ander gaste, wat dan punte moet gee vir die kos en atmosfeer. Sal dit die perfekte aand wees of eerder ’n aand wat hulle eerder wil vergeet? Vanaf 4 Oktober op BBC Lifestyle.
The Great Pottery Throw Down S4
Siobhán McSweeney is die aanbieder van hierdie kompetisie waar 12 pottebakkers meeding om as die land se beste pottebakker gekroon te word. Meester-pottebakkers Keith Brymer Jones en Rich Miller is weer die beoordelaars. Elke week is daar twee uitdagings waarin die pottebakkers moet uithaal en wys om in die kompetisie te bly. Elke week is daar die ‘Pottebakker Van Die Week’ en een persoon kry die trekpas. Op BBC Lifestyle vanaf 11 Oktober.
Extreme Treks S4
Avonturier en bekroonde fotograaf Ryan Pyle besoek van die wêreld se mees asemrowende staproetes. Sy avonture bewys dat enigiemand die onbekende kan verken. Los jou skootrekenaar tuis, gaan op ’n digitale detoks and verken die wêreld te voet saam met Ryan Pyle. Op BBC Earth vanaf 31 Oktober.
Expedition: Back to the Future
Josh Gates gaan op die avontuur van ’n leeftyd wanneer hy en Christopher Lloyd op ‘n reis gaan om die meeste ikoniese kar wat nog in ’n Hollywood fliek gebruik is, Die DeLorean Time Machine, te vind. Gates en Lloyd wil dié kar, uit die ewe ikoniese fliek Back to the Future, aan die fliek se hoofrolspeler, Michael J. Fox,besorg. Op Discovery Channel vanaf 30 Oktober.
Wheeler Dealers S17A (1ste helfde van die reeks)
Wheeler Dealers keer terug, met die talentvolle werktuigkundige, Marc ‘Elvis’ Priestley, wat by die ervare motorhandelaar Mike Brewer aansluit om ikoniese motors te restoreer en later teen ’n wins te verkoop. Op Discovery Channel vanaf 26 Oktober.
Songbird
K.J. Apa is te sien in hierdie pandemie-riller, wat dalk net so bietjies té na aan die mensdom se huidige realiteit is… Terwyl ’n virus die wêreld te verwoes, moet ’n koerier vele uitdagings trotseer om die liefde van sy lewe te red. Op M-Net op 24 Oktober.
Nog hoogtepunte
1 Oktober
- Anthony Bourdain, Parts Unknown
- Nataniël – 107 Kaalkoppe
2 Oktober
- Awkwafina is Nora from Queens S2
11 Oktober
- Scenes From a Marriage
19 Oktober
- My Berge met Bouwer
- Doodgewone Jo S3
20 Oktober
- Who Wants To Be A Millionaire with Jeremy Clarkson S1
- Ram vir ‘n Rus