Menu terloops

Uit die slaapkamer S1

Op DStv [Gepubliseer op 6 Jul 2022]


VIA se nuwe seks-geselsprogram, ‘Uit die slaapkamer’, volg op die sukses van Showmax se ‘Sex in Afrikaans’, wat vroeër vanjaar vrygestel is.

Kyk nou

Uit die slaapkamer S1
Kyk lokprent

In die nuwe VIA-geselsprogram, Uit die slaapkamer, vat Dr. Elna Rudolph, ’n seksuoloog en mediese dokter, voor met gesprekke oor seks en seksuele gesondheid.

’n Klompie ander bekendes deel dan ook hul intieme ervarings met kykers. Dié paneel sluit onder andere vir Ouma weet mos se Adri Vivier in. Dan is daar ook die sangeres en aktrise Bianca le Grange, sowel as die akteur en aanbieder Neels van Jaarsveld.

Die reeks se besprekingspunte sluit in vrae van kykers af oor alles van advies vir beter sekslewe tot mediese kwale. Die onderwerpe sluit in menstruasie tydens seks, voorbehoeding vir tieners, seksspeelgoed vir vroue én mans, vaginale geboorte versus keisersnit… En nog báie meer.

Die eerste seisoen van Uit die slaapkamer word tans elke Woensdag om 21:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai. Dié weeklikse episodes, met Engelse onderskrifte, is op DStv Online en op die DStv-app beskikbaar, asook op Catch Up

Die reeks volg op die sukses van Showmax se Sex in Afrikaans, wat vroeër vanjaar vrygestel is.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies