Menu terloops

Uit die slaapkamer S1

Op DStv [Gepubliseer op 6 Jul 2022]


VIA se nuwe seks-geselsprogram, ‘Uit die slaapkamer’, volg op die sukses van Showmax se ‘Sex in Afrikaans’, wat vroeër vanjaar vrygestel is.

Kyk nou

Uit die slaapkamer S1
Kyk lokprent

In die nuwe VIA-geselsprogram, Uit die slaapkamer, vat Dr. Elna Rudolph, ’n seksuoloog en mediese dokter, voor met gesprekke oor seks en seksuele gesondheid.

’n Klompie ander bekendes deel dan ook hul intieme ervarings met kykers. Dié paneel sluit onder andere vir Ouma weet mos se Adri Vivier in. Dan is daar ook die sangeres en aktrise Bianca le Grange, sowel as die akteur en aanbieder Neels van Jaarsveld.

Die reeks se besprekingspunte sluit in vrae van kykers af oor alles van advies vir beter sekslewe tot mediese kwale. Die onderwerpe sluit in menstruasie tydens seks, voorbehoeding vir tieners, seksspeelgoed vir vroue én mans, vaginale geboorte versus keisersnit… En nog báie meer.

Die eerste seisoen van Uit die slaapkamer word tans elke Woensdag om 21:00 op VIA (DStv-kanaal 147) uitgesaai. Dié weeklikse episodes, met Engelse onderskrifte, is op DStv Online en op die DStv-app beskikbaar, asook op Catch Up

Die reeks volg op die sukses van Showmax se Sex in Afrikaans, wat vroeër vanjaar vrygestel is.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 8 stories in November misloop

Die finale seisoen van die TV-fenomeen 'Stranger Things'; ’n nuwe 'Kokkedoor'; liefdesintrige in 'Maxton Hall' se tweede seisoen; en Guillermo del Toro se 'Frankenstein' tel onder ons top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Dikker as water’-kykgids vir November 2025

Doğa maak ’n groot besluit oor haar studies terwyl ’n misverstand tussen Pembe en Abdullah ontstaan. Hier is ’n voorsmakie van wat vandeesmaand op 'Dikker as water'-kykers wag.

Meer

Jou ‘Diepe Waters’-gids vir November 2025

Karla en Arno se verhouding word op die proef gestel en Danie se gevaarlike obsessie dryf hom tot uiterstes... Hier is waarna ‘Diepe Waters’-kykers vandeesmaand kan uitsien.

Meer

Jou ‘Suidooster’-gids vir November 2025

Wade ruk heeltemal handuit en Angie en Zoë wil mekaar weer aan die hare beetkry... Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in November kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies