Menu terloops
In Lysie-lysie [24 Okt 2022]

[NUUT] Uit die huisvrou se mond: ’n Lys van die beste sêgoed op RHOPTA 


Daar was nog nie ’n volslae bekgeveg op RHOPTA nie, maar die hoop beskaam nie! Hier volg ’n keur van treffende sêgoed uit die reeks. Dié lys word weekliks bygewerk soos nuwe episodes uitgesaai word. 

Kyk nou

[NUUT] Uit die huisvrou se mond: ’n Lys van die beste sêgoed op RHOPTA 
Kyk lokprent

Die huisvroue van Pretoria se tonge is inderdaad vlymskerp. Reeds in die eerste episode van Die Real Housewives van Pretoria (RHOPTA), kykNET se Afrikaanse weergawe van die Housewives-franchise, het die naels uitgekom. Daar was nog nie ’n volslae bekgeveg nie, maar die hoop beskaam nie! Dinge gaan nog lekker opwarm tussen Renske Lammerding, Marié Bosman, Talana Kuhn, Kiki La Coco (Wentzel), Mel Viljoen en Rhona Erasmus. Veral as Kiki aanhou om one-liners te drop wat die konflik-pot tussen die vroue stir. (Lees meer oor elkeen van die RHOPTA-vroue hier.)

Hier volg ’n keur van treffende sêgoed uit die reeks. Dié lys word weekliks bygewerk soos nuwe episodes uitgesaai word. 

1

Okei.

Kiki: “Ek is getroud met Malcolm Fokken Wentzel. Die man van my drome. Die man wat jy wens jy gehad het, maar hy is myne. 

2

’n Uno, julle!

Malcolm (Kiki se man) oor sy vrou se geaardheid: “Glo my, sy kan oor die weg kom sonder (al die luukshede)… Sy sal met ’n fokken Uno in die dorp ry en ’n fok voel daaroor.” 

3

Eerder jy as ek

Kiki aan Malcolm: “Ons sal maar sien of ek oor die weg kom die Pretoria-poppe. Buckle up, Pappie! Buckle up.”

4

Jesus se kind, mos

Rhona: “Nee, ek spuit nie iets in my lippe nie. Jesus het dit so gemaak.” 

5

Kriek-kriek…

Rhona besef nie sy gooi shade op haar man as sy sê: “Ek voel nie in die minste ongemaklik oor my man ’n onderwyser is nie… 

6

#nopressure

Rhona oor haar man: “In my oë is hy vir my Jesus.”

7

Die waarheid blaf hard

Kiki aan Mel: If you want loyalty, get a dog.
Mel: En jy’t ’n baie mooi hondjie. 

8

Vrou-vrou

Talana: “Ek is allesbehalwe ’n huisvrou. Ek is ’n besige vrou. Ek is ’n besigheidsvrou. Ek is ’n mamma, ek is ’n vrou. Ek is ’n vrou, vrou, vrou.” 

9

Nie ’n vaaib nie

Kiki (oor die stokvel by Renske se huis): “Dit was kak styf.” 

10

Pew-pew-pew!

Talana oor die mini-bekgeveg tussen Rhona en Mel by die stokvel: “Ek het soos ’n kind gevoel in Game of Thrones om daai tafel soos die vuurpyle afgegaan het.” 

Talana: “Ek het nie tyd vir kak nie. Ek het nie tyd vir cat fights nie.”

11

‘Tussen treine…’

Mel komplimenteer Kiki se voorkoms: “Jy weet as die spore só lyk, kan jy dink hoe lyk die stasie!”

12

As jy jou wil fênsie hou

“Hier hang jy uit soos groen snot,” laat val Kiki terwyl sy en Mel na Gert-Johan Coetzee se ontwerpersuitrustings kyk.

13

Ka-CHING!

Peet (Mel se man) oor die “tipe” kliënt wat hy as prokureur verteenwoordig het: “Mense huur nie ’n prokureur teen R10 000 ’n uur om te sê hulle het Jesus gevind nie. Ek was die prokureur van vreesaanjaende mense.”

14

Nou toe nou

Peet oor die gerugte (meestal uit Renske se mond) dat hy boewe betaal het om mense aan te rand: “Het ek al ooit iemand gehuur om iemand aan te rand? Nee. Dis nie nodig nie. Ek kan dit self doen.”

15

Daar’s altyd ’n uitsondering

Peet: “Ek gaan geen hits reël op mense of iemand fisiek seermaak nie… Moet net nie aan my vrou vat nie.”

16

‘Hey big spender…’

Kiki oor haar liefling-man se liefde vir shop: “Het jy al ’n man gesien wat van shopping hou? Malcolm Wentzel. He is all balls to the wall, spend it all.”

17

Khaki vervelig? Nooit nie.

Malcolm oor die magdom khaki-kleurige klereitems in sy kas: “Khaki is stout. Hy gaan saam met alles. Brannewyn en coke, rum en coke, definitief saam met Corona, bosveld, see.

18

Stroopsoet, belowe

Kiki aan Malcolm nadat hy kommer uitspreek oor haar skielike warm vriendskap met Mel en dat dit kort voor lank in trane (of ’n bekgeveg) gaan eindig: “Insinueer jy dat ek kak het met vrouens? Ek het nooit kak met niemand nie!”

19

Sela.

Kiki is ’n bietjie bekommerd oor haar kort rokkie by Talana se gender reveal-partytjie, maar besluit dis dalk ’n goeie ding as sy uitstaan: “Skok ’n ding stokstyf van die begin af.”

20

Kyk hier, Marié, nee.

Marié aan Mel toe dié vir haar sê sy wil nie kinders hê nie: “Wat’s fout met jou?!”

21

Botox en blessings!

Marié oor die makeover wat Mel en Kiki vir haar wil gee: As hulle my wil boelie met botox en blessings, let them!


Skakel om 20:00 elke Donderdagaand in op kykNET (DStv-kanaal 144 en op DStv Online) of kyk RHOPTA op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

20

Wat om te kyk: 20+ gewilde boeke wat in TV-reekse omskep is

Van 'Recipes for Love & Murder' en 'Reënboogrant', tot 'Spooksoeker' en 'Dinge van ’n kind' – soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is ons keur van dié reekse wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Meer

Wat om te kyk in 2025: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

‘White Lotus’, ‘The Last of Us’, ‘The Handmaid’s Tale’ en nog keer met opvolgseisoene na die kassie terug, terwyl nuwe skeppings soos ‘Suits L.A.’, ‘The Pitt’ en ‘Zero Day’ – met Robert de Niro wat vir die eerste keer in sy loopbaan van nagenoeg ses dekades in ’n TV-reeks speel – ook wag. Daar is inderdaad baie, baie lekker televisie om na uit te sien in 2025.

Meer

Plaaslike stories kraai koning met kyksyfers op Showmax

Uit die tien reekse wat die meeste in 2024 op Showmax gestroom is, was nege plaaslike produksies met slegs HBO se epiese fantasiereeks, 'House of the Dragon', wat met Suid-Afrikaanse storievertellers kon meeding. 

Meer

Golden Globes 2025: Waar om vanjaar se wenners te stroom

Van die meesterlike en epiese historiese drama ‘Shõgun’ tot die vlymskerp komedie ‘Hacks’ – hier is waar jy die reekse en films wat vanjaar beeldjies by die Golden Globes ingepalm het, kan kyk.

Meer
Sien alle opsies