Menu terloops
In Wat om te kyk [31 Jul 2023]

TV-hoogtepunte dié week: ‘Gat in die Muur’, ‘Physical’, ‘New Amsterdam’ en nog


Wat om te kyk: Die laaste seisoen van dokter-dokter speel op ‘New Amsterdam’; die roerende Afrikaanse fliek ‘Gat in die Muur’; ’n beeldskone, maar tragiese vertelling in ‘The Lost Flowers of Alice Hart’ met Sigourney Weaver; en die fenomenale aktrise Rose Byrne in die donker komedie ‘Physical’ se finale seisoen, tel onder ons top-keuses om hierdie week op TV en aanlyn te kyk.

TV-hoogtepunte dié week: ‘Gat in die Muur’, ‘Physical’, ‘New Amsterdam’ en nog

Wat om te kyk op TV en aanlyn te stroom hierdie week – hier is ons top-keuses vir 31 Julie tot 6 Augustus 2023.

Neem asseblief kennis dat datums en titels moontlik kan verander.

Gat in die Muur 

Vanaf Donderdag, 3 Augustus 2023, op Showmax.

Gat in die Muur draai om die vrygees Riaan (vertolk deur die veteraanakteur André Odendaal) by wie kolonkanker gediagnoseer is. Hy gebruik dagga om sy pyn te beheer en vertrek dan ook op ’n road trip met sy seun Ben (Nicholas Campbell) en Ava (Tinarie van Wyk-Loots) om vir sy beste vriend in die Transkei te gaan kuier. 

Van Wyk-Loots (Troukoors, Desert Rose) het in 2021 die SAFTA-toekenning vir beste aktrise in ’n vollengte prent vir haar spel as Ava in dié fliek gewen. Odendaal (Legacy) is ook as beste akteur vir sy vertolking as Riaan benoem, met Campbell wat as beste manlike byspeler benoem is. 

New Amsterdam S5

Vanaf Dinsdag, 1 Augustus 2023, op Showmax. 

Die vyfde – en laaste – seisoen van New Amsterdam sien hoe dr. Max Goodwin (Ryan Eggold van 90210 en The Blacklist) voorwaarts mars om lewens in die New Amsterdam-hospitaal te red – of sy pasiënte geld het vir sorg al dan nie. 

How can I help?” blyk sy slagspreuk te wees, maar som ook die gees van die reeks, wat gegrond is op Eric Manheimeris se boek, Twelve Patients: Life and Death at Bellevue Hospital, op. 

In die seisoen maak die Oscar-wenner Marlee Matlin (CODA, The L Word, The West Wing) ’n verskyning as dr. Bev Clemons. 

Kyk ook die vorige vier seisoene op Showmax.

Poisoned: The Dirty Truth About Your Food

Vanaf Woensdag, 2 Augustus 2023, op Netflix. 

Kyk, as jy nooit weer wil eet (sonder om met GROOT agterdog en ’n effense naar kol op jou maag na kos te kyk) nie, moet jy dalk dié dokkie ’n mis gee. Dis wel baie interessante – en dalk selfs noodsaaklike – kykstof. 

In Poisoned: The Dirty Truth About Your Food, word daar gekyk na hoe dekades van apatie en misdadigheid die Amerikaanse voedselvoorraad en sy verbruikers kwesbaar gemaak het vir dodelike patogene soos E.coli en salmonella. Deur onthullende onderhoude met kundiges en slagoffers se families, ondersoek hierdie aangrypende dokumentêr die probleem van dodelike siektes wat in kos oorgedra word in Amerika.

The Lost Flowers of Alice Hart 

Vanaf Vrydag, 4 Augustus 2023, op Prime Video.

The Lost Flowers of Alice Hart vertel die boeiende verhaal van Alice Hart, wat op negejarige ouderdom haar ouers in ’n brand verloor. Alice (eers vertolk deur Alyla Browne en later deur Alycia Debnam-Carey) word na haar ouma, June (Sigourney Weaver), se blommeplaas gepos. Dís hier waar sy ontdek dat die waarheid oor haar familie in ’n magdom geheime en raaisels opgesluit is. 

Die storie speel af in Australië, teen die land se pragtige natuurskoon, en met inheemse veldblomme en plante wat as amperse karakters dien en help met die verhaal se vertelling. 

Die minireeks bestaan uit sewe episodes en is gegrond op die gelyknamige boek deur die skrywer Holly Ringland. 

Physical S3

Vanaf Woensdag, 2 Augustus 2023, op Apple TV+. 

Physical is ’n heerlike donker komedie met die briljante aktrise Rose Byrne in die hoofrol as Sheila Rubin. Die reeks speel af in die sonnige San Diego in die 1980’s en volg Sheila se reis van selfontdekking – en haar wroeging soos sy met haar selfbeeld worstel – as sy by die wêreld van aërobiese oefeninge betrokke raak. In die tweede seisoen het Sheila uiteindelik haar eerste fiksheidsvideo gemaak en in die derde seisoen wil sy op dié sukses voortbou… Maar dan ontdek sy dat sy nie meer die enigste aërobiese ghoeroe in die rondte is nie…

Ook nuut op die kassie en aanlyn hierdie week:

Vanaf 31 Julie 2023:

  • Huisgenoot: Ware Lewensdramas S10, weeklikse episodes op Maandae om 20:00 op VIA (DStv-kanaal 147, ook regstreeks aanlyn). Ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.
  • Don’t Worry Darling, Showmax  

Vanaf 1 Augustus 2023:

  • Untold: Volume 3, Netflix (weeklikse episodes)

Vanaf 2 Augustus 2023:

  • Soulcatcher, Netflix 

Vanaf 3 Augustus 2023:

  • Grantchester S8, BritBox  
  • 1960, Showmax 
  • Ella & The Little Sorcerer, Showmax
  • Fireman Sam S15, Showmax
  • The Good Neighbor, Showmax
  • Kom Ons Praat Daaroor S4, Showmax
  • The Lincoln Lawyer: S2 Deel 2, Netflix
  • Heartstopper: S2, Netflix
  • Head to Head, Netflix 
  • Zom 100: Bucket List of the Dead, Netflix 
  • The Last Hours of Mario Biondo, Netflix 

Vanaf 4 Augustus 2023:

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies