Transplant is ’n dramareeks wat handel oor Bashir “Bash” Hamed, ’n vlugteling uit Sirië wat poog om sy loopbaan as ’n dokter by die ongevalle-eenheid van die fiktiewe York Memorial-hospitaal in Toronto, Kanada te herbou.
In die tweede seisoen, ontmoet kykers ’n vrou uit Bashir se verlede.
Die rolverdeling sluit in die BAFTA-genomineerde akteur John Hannah (Agents of S.H.I.E.L.D.) en Ayisha Issa (12 Monkeys), ’n voormalige Brasiliaanse Jiu-Jitsu-wêreldkampioen.
Volgens The Wall Street Journal is Transplant “die beste mediese program op Amerikaanse televisie”, terwyl die resensent Anthony Morris Dr. Hamed tussen die huidige gros TV-dokters uitgesonder het as “die mees oortuigende nuwe dokter vandag op TV.”
Die reeks is reeds vir ’n derde seisoen hernu.
Die eerste seisoen is reeds op Showmax beskikbaar met die tweede seisoen wat vanaf 3 April gestroom kan word.