The Staircase is gegrond op ware gebeure wat in 2004 in true crime-dokkie deur Jean-Xavier de Lestrade omskep is.
Die nuwe HBO-reeks is deur Antonio Campos geskep. Daar is bekroonde swaargewigte in die hoofrolle met Colin Firth speel as Michael Peterson, die misdaadromanskrywer wat skuldig bevind is aan die moord op sy vrou Kathleen Peterson, nadat sy dood aan die onderkant van die stel trappe in hul huis gevind is. Kathleen word deur Toni Collette, bekend vir haar werk in Hereditary (op Showmax), gespeel.
Firth is ook te sien in Genius en The Secret Garden op Showmax. Hy is veral bekend vir sy rol in die Bridget Jones-flieks.
Kyk The Staircase S1 vanaf Maandag, 27 Junie om 21:30 op M-Net (DStv-kanaal 101) of op DStv Online.