In The Righteous Gemstones, preek en bid en doen die mega-beroemde televangelist-familie, die Gemstones liefdadigheidswerk like it’s nobody’s business… Als terwyl hulle eintlik hul bediening gebruik om hulself te verryk.
Practice what you preach nie? Ha! Dis ontsettend snaaks, terwyl dit ook dien as sosiale kommentaar op die berugte verskynsel van TV-predikers.
Oscar-benoemde Eric Roberts (The Expendables) sluit hierdie seisoen by die rolverdeling aan, terwyl die veelbekroonde Danny McBride (ook die reeks se skepper, skrywer en uitvoerende vervaardiger), Emmy-wenner John Goodman, Edi Patterson, Adam Devine, Skyler Gisondo en Walton Goggins terugkeer na wat Collider as “een van die beste ensembles in TV-komedie” beskryf.
Seisoen 2 van The Righteous Gemstones het ’n 88% kritici-gradering op Rotten Tomatoes en die reeks is reeds vir ’n derde seisoen hernu.
Kyk albei seisoene op Showmax.