Menu terloops

The Afterparty S1-2

Op Ander [Gepubliseer op 12 Jul 2023]


In die tweede seisoen van die heerlik snaaks ‘The Afterparty’, nou op Apple TV+ beskikbaar, word ’n troue in chaos gedompel as die bruidegom vermoor word…

The Afterparty S1-2
Kyk lokprent

In The Afterparty, geskep deur die Oscar-wenners Chris Miller en Phil Lord, verken elke episode van die reeks ’n ander karakter se weergawe van een noodlottige aand. Dit word dan ook vanuit hul perspektief vertel.

Terwyl die eerste seisoen om ’n moord by ’n hoërskoolreünie gedraai het, speel die noodlot in die tweede seisoen af by ’n troue. Die feesvieringe is egter van korte duur as die bruidegom vermoor word. Natuurlik is al die gaste verdagtes. Detective Danner (Tiffany Haddish) keer dan terug om Aniq (Sam Richardson) en Zoë (Zoe Chao) te help om dié whodunnit op te los.

Familielede, verliefdes en sakevennote word ondervra, met elke verdagte se weergawe van die naweek se gebeure wat met ’n spesifieke visuele styl vertel word. 

Brian Tallerico van The Playlist meen “The Afterparty is steeds een van die snaakste programme op TV”. Beth Webb van Empire Magazine skryf op haar beurt: “Dit is ’n boeiende, dikwels sjarmante en ontsettende snaakse raaiselreeks wat steeds sy plek in die versadigde wêreld van whodunnits volstaan.”


Vanaf Woensdag, 12 Julie 2023, op Apple TV+.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies