Menu terloops

Terwyl Ek Wag

Op Showmax [Gepubliseer op 8 Jan 2022]


‘Terwyl Ek Wag’ is die kunstenaar Nataniël se nuutste televisieproduksie en volg op sy kookprogramme ‘Die Nataniël Tafel’ en ‘Edik Van Nantes’.

Kyk nou

Terwyl Ek Wag

Nataniël mors nie in die kombuis nie – dít het ons reeds geleer in sy gewilde kookprogramme Die Nataniël Tafel, en Edik Van Nantes (op Showmax beskikbaar), maar in sy nuutste TV-produksie, word ons net weer herinner aan die kunstenaar se skynbare eindelose talente.

In Terwyl Ek Wag, neem Nataniël die Kaapse Wynlande op horings as hy drie maande lank op ’n plaas tussen Kaapstad en Stellenbosch deurbring en lipleklekker disse opwip wat deur sy Franse erfenis geïnspireer is. Terselfdertyd ondersoek hy ook die invloed van die Frans-Hugenote op Suid-Afrika se landbou-, wyn- en kookbedryf.

Terwyl Ek Wag klink dalk soos net nog ’n kookprogram,” sê Nataniël, “maar dit is veel meer en gepas vir hierdie vreemde tye. Die geskiedenis herhaal gereeld en op verskeie maniere.”

Vervaardiger Berdene Burger voeg by: “Nataniël verweef die praktiese alledaagse lewe met betowerende inspirasie.”

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié 6 stories in Julie misloop

Van ’n nuwe oes boere wat ’n liefdesmaat soek tot die senutergende aksie van die Wêreldsokkertoernooi-eindstryd – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer

Van ‘My f*k Marelize’ tot ‘Die Toring’ – Nichola Viviers is reg vir die kollig

’n Vars gesig met ’n onmiskenbare teenwoordigheid in die nuwe kykNET-telenovela 'Die Toring' is Nichola Viviers in die rol van Cazz Fouché.

Meer

Misi weer op ’n reddingsmissie in ‘In die sop: Gastehuisrevolusie’

KykNET se ‘In die sop’-werklikheidsreeks kry ’n vars laag verf met die fokus wat van restaurante na gastehuise skuif, maar ’n bekende gesig, die dekorkenner Misi Overturf, is weer deel van die reddingspan.

Meer

Gerrie slyp sy tande vir Dracula se wêreld in nuwe ‘Leef jou Reis’

Die nuwe seisoen van Gerrie Pretorius se 'Leef jou Reis' beloof om kykers te bekoor met bestemmings wat beide eksoties en nostalgies is.

Meer
Sien alle opsies