Menu terloops
In Wat om te kyk [24 Feb 2024]

Jou telenovela-gids: Speletjies in ‘Moederhart’, Ferda in ’n hoek in ‘Skerpioen’


Waarna kan jy hierdie week (26 tot 29 Februarie 2024) op die oorgeklankte Turkse telenovelas ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: Speletjies in ‘Moederhart’, Ferda in ’n hoek in ‘Skerpioen’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat op Moederhart en Skerpioen gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 26 Februarie 

Ceylan konfronteer vir Zeynep en beskuldig haar daarvan dat sy speletjies met Ahmet se emosies speel. Muzaffer plaas druk op Nefise om minder vriendelik met die personeel te wees. 

Dinsdag, 27 Februarie

Azime het haar hande vol om seker te maak Muzaffer vind nie die waarheid uit nie. ’n Laataand-skietery maak dít bykans onmoontlik.

Woensdag, 28 Februarie

Azime het haar hande vol met Zeynep wat aandring om haar ma in die hospitaal te sien. Suat is steeds op die vlug. 

Donderdag, 29 Februarie

Emre word wakker in die hut van ’n bebaarde, versteurde man. Azime sukkel om Nefise in haar hospitaalbed te hou.  


Moederhart word van Maandag tot Donderdag om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Skerpioen

Maandag, 26 Februarie

Ahmet dwing Ferda om in sy dobbelhuis te werk.  Ferda oortuig Duru om in ’n geveg met Ipek betrokke te raak.  

Dinsdag, 27 Februarie

Ferda en Perihan gaan ’n weddenskap aan. Duru en ’n dronk Hakan word aangerand.

Woensdag, 28 Februarie

Ferda neem Ahmet na ’n begraafplaas om sy dogter te ontmoet. Aras probeer Duru oortuig dat Hakan haar nie liefhet nie.

Donderdag, 29 Februarie

Perihan is woedend omdat Ipek vir klein Ece by Ferda gelos het. Ahmet is rasend op soek na Aysem nadat dié verdwyn. 


Skerpioen word van Maandag tot Donderdag om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies