Menu terloops
In Wat om te kyk [24 Feb 2024]

Jou telenovela-gids: Speletjies in ‘Moederhart’, Ferda in ’n hoek in ‘Skerpioen’


Waarna kan jy hierdie week (26 tot 29 Februarie 2024) op die oorgeklankte Turkse telenovelas ‘Moederhart’ en ‘Skerpioen’ op kykNET&kie uitsien?

Jou telenovela-gids: Speletjies in ‘Moederhart’, Ferda in ’n hoek in ‘Skerpioen’

Elke week bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se Turkse telenovelas, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Hier is wat op Moederhart en Skerpioen gaan uitspeel.

Moederhart

Maandag, 26 Februarie 

Ceylan konfronteer vir Zeynep en beskuldig haar daarvan dat sy speletjies met Ahmet se emosies speel. Muzaffer plaas druk op Nefise om minder vriendelik met die personeel te wees. 

Dinsdag, 27 Februarie

Azime het haar hande vol om seker te maak Muzaffer vind nie die waarheid uit nie. ’n Laataand-skietery maak dít bykans onmoontlik.

Woensdag, 28 Februarie

Azime het haar hande vol met Zeynep wat aandring om haar ma in die hospitaal te sien. Suat is steeds op die vlug. 

Donderdag, 29 Februarie

Emre word wakker in die hut van ’n bebaarde, versteurde man. Azime sukkel om Nefise in haar hospitaalbed te hou.  


Moederhart word van Maandag tot Donderdag om 17:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Skerpioen

Maandag, 26 Februarie

Ahmet dwing Ferda om in sy dobbelhuis te werk.  Ferda oortuig Duru om in ’n geveg met Ipek betrokke te raak.  

Dinsdag, 27 Februarie

Ferda en Perihan gaan ’n weddenskap aan. Duru en ’n dronk Hakan word aangerand.

Woensdag, 28 Februarie

Ferda neem Ahmet na ’n begraafplaas om sy dogter te ontmoet. Aras probeer Duru oortuig dat Hakan haar nie liefhet nie.

Donderdag, 29 Februarie

Perihan is woedend omdat Ipek vir klein Ece by Ferda gelos het. Ahmet is rasend op soek na Aysem nadat dié verdwyn. 


Skerpioen word van Maandag tot Donderdag om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies