Menu terloops
In Lysie-lysie [3 Aug 2023]

Wat om te kyk: 12 epiese boeke wat in TV-reekse omskep is


Soveel boeiende boeke wat omskep is in soveel skitterende TV-reekse. Hier is 12 van dié reekse op Showmax en Netflix wat jou gaan bekoor, inspireer en ontroer.

Wat om te kyk: 12 epiese boeke wat in TV-reekse omskep is

Is jy gek oor die classics of chick-lit, of sommer allerhande genres tussendeur? Verskeie epiese boeke wat op jou boekrak is, is nou ook as TV-reekse beskikbaar. Stroomkyk dié lys stories nou.

1

Big Little Lies is gegrond op ’n gelyknamige topverkoperboek deur Liane Moriarty.

Die eerste seisoen skop op ’n vreemde noot af. Wat soek ’n groep middelklas-ma’s in ’n polisiestasie? Daar was ’n moord, maar wie is die hoofverdagte – en meer nog, wie is die slagoffer?

Mettertyd in die reeks word daar nog vele donker geheime onthul en dit raak duidelik dat die prentjie-mooi seedorp waar die reeks afspeel allesbehalwe prentjie-perfek is. Die ikoniese Meryl Streep is in die tweede seisoen van die reeks te sien as ’n treurende ma wat alles in die stryd werp om die waarheid oor haar seun se dood uit te vind.

Die hoogsaangeskrewe reeks spog met 16 Emmy-benoemings en het ook agt Emmy-toekennings ingepalm. Kyk dit op Showmax.

2

Atticus kies in die 1950’s koers saam met sy oom en ’n vriend op soek na sy vermiste pa. Die drietal eindig op in ’n stryd om oorlewing in die rassistiese Jim Crow-era Amerika met skrikwekkende monsters wat net so goed uit een van die gruwelskrywer HP Lovecraft se verhale kon ontsnap het.

Lovecraft Country is gegrond op Matt Ruff se gelyknamige kultusboek en is deur Misha Green (skepper van Underground) en Oscar-wenner Jordan Peele (Us, Get Out) vir televisie verwerk. JJ Abrams (Star Wars, Lost) is die uitvoerende vervaardiger.

Kritici op Rotten Tomatoes het Lovecraft Country ’n punt van 90% toegeken. Newsday beskryf die reeks as volg: “Om Lovecraft Country as wildly original te beskryf, is byna ’n koddige veronderstelling. Maar dit is wild. En oorspronklik. Geen twyfel daaroor nie.”

Kyk dit op Showmax.

3

Die bejaarde Elena se beste vriendin het geheimsinnig verdwyn. Sy herleef hul 60 jaar lange vriendskap wat in die 1950’s in Napels begin het deur hul onstuimige vriendskap neer te pen.

Hierdie treffende reeks is gegrond op die gelyknamige kitstreffer en topverkoper wat die eerste van Elena Ferrante se vier boeke in die Neapolitan Novels-reeks was.

Die eerste drie seisoene van My Brilliant Friend is nou op Showmax.

4

Margaret Atwood se ontstellende feministiese verhaal van 1985 handel oor Amerika in die nie-te-verre-toekoms waar vroue as slawe geklassifiseer word met verskillende verantwoordelikhede, afhangend van hul vrugbaarheid. Leserstalle het aansienlik gestyg toe die Hulu-reeks in 2017 begin wys het.

Die eerste seisoen is baie na aan die boek terwyl die tweede seisoen begin waar die boek geeïndig het. June se rol in die weerstand word in die latere seisoene uitgebou.

The Handmaid’s Tale se vyf seisoene is op Showmax. Die sesde seisoen sal die laaste aflewering wees.

5

Dié verwerking van George RR Martin se boeke is in alle waarskynlik die mees epiese TV-verwerking nog. Martin se boeke het van 2011 tot 2019 televisiegeskiedenis herskryf. 

Al die elemente is daar: ’n Byna onbeperkte begroting, fokus op detail en asemrowende plekke waar verfilming plaasgevind het, vermeng met ’n verhaal van konings en koninginne, van oorlog en verraad, bloedskande en liefde asook moord om die land van Westeros te beheer . . .  

En asof dit nie genoeg is nie – is daar zombies én drake!

Al agt seisoene is op Showmax beskikbaar.

6

Tannie Maria is verantwoordelik vir ’n resepte-adviesrubriek. Toe ’n vrou wat aan haar geskryf het om raad te vra, dood gevind word, is die vet in die vuur. Tannie Maria en haar kollega, rookie-joernalis Jessie, besluit net daar en dan om die moord op die klein dorpie op te los en die moordenaar te vind.  

Die reeks is gegrond op die eerste van Sally Andrew se topverkoper-boeke in die Tannie Maria-reeks.

Die Ierse bekroonde aktrise Maria Doyle Kennedy (The Tudors, Outlander, Orphan Black) vertolk die rol van Maria Purvus, aldus Tannie Maria. Die res van die span is almal Suid-Afrikaners. Kylie Fisher (Zamanti in Troukoors) is groot lof toegeswaai deur Variety en Decider vir haar vertolking van Jessie.

Kyk dit op Showmax.

7

The Lincoln Lawyer S1-2

The Lincoln Lawyer
Manuel Garcia-Rulfo as Mickey Haller in The Lincoln Lawyer. Foto: Courtesy Of Netflix © 2023

Dié reeks, een van Netflix se gewildste, is gegrond op die topverkoperboeke deur Michael Connelly. Die tweede seisoen is dan juis op die vierde boek van Connelly se The Lincoln Lawyer-reeks, The Fifth Witness, gegrond. Dié boek is terloops Connelly se 23ste boek wat die lig gesien het.

Ná die gebeure in die eerste seisoen is Mickey (Manuel Garcia-Rulfo) se regspraktyk – met hom wat meerderheid van sy werk van vanuit die agterste sitplek van sy Lincoln doen, eerder as sy kantoor – in hoë aanvraag.

8

Elmore Leonard se misdaadverhaal is reeds twee keer aangepas. Die eerste keer was in 1995 vir ’n fliek met John Travolta en nou weer in ’n prettige televisiereeks wat reeds oor drie seisoene strek. In kort handel Get Shorty oor ’n beroepsmisdadiger wat sy naam wil maak as ’n groot Hollywood-fliekvervaardiger.

Die briljante reeks vol donker humor word aangevoer deur Chris O’Dowd (Ierse aksent en al) saam met Ray Romano en Sarah Stiles.

Die fliek met John Travolta in die hoofrol, is ook op Showmax.

9

Ons eie Deon Meyer is ’n topverkoper-misdaadskrywer wie se boeke in verskeie tale vertaal is en wêreldwyd verkoop word. Sy verhaal van spioenasie en internasionale terreur sorg vir boeiende kykgenot.  

Trackers is ’n uitstekende kunswerk uit eie bodem wat in samewerking met HBO se sustersnetwerk Cinemax en Duitsland se openbare uitsaaier ZDF, vervaardig is.

Dit illustreer die gehalte van Suid-Afrika se akteurs, asook die land se pragtige bestemmings.

Kyk dit op Showmax.

10

The Wife is ’n Showmax Original-telenovela wat die lewens van agt Zoeloebroers deur die oë van die vroue met wie hulle getroud is, volg. Saam vorm die broers ’n formidabele misdaadfamilie.

Die boek Hlomu the Wife, ’n topverkoper deur Dudu Busani-Dube, was die inspirasie vir die reeks. Opkomende ster Mbalenhle Mavimbela (Skeem Saam, Isipho) is “Hlomu the wife”, die joernalis wat verlief raak op ’n taxi-bestuurder sonder dat sy besef dat wanneer jy met ’n man trou, trou jy ook met sy geheime.

Haar geliefde, Mqhele, word vertolk deur Bonko Khoza, wat as Jabz in die bekroonde fliek Necktie Youth oproer veroorsaak het. Sedertien het hy in Professionals en die Emmy-genomineerde Roots verskyn.  

Seisoen 2 is geïnspireer deur die opvolgboek, Zandile the Resolute. Zandile, die vurige martriarg van die familie, word deur Khanyi Mbau (Happiness is a Four-Letter Word) vertolk. Mondli Makhoba (Umkhokha) hervat sy rol as Nkosana, die oudste broer in The Wife.

Al drie seisoene is op Showmax.

11

Shadow and Bone S1-2

Shadow and Bone
Archie Renaux as Malyen Oretsev en Jessie Mei Li as Alina Starkov in Shadow and Bone. Foto: Courtesy of Netflix © 2022

Dié fantasiereeks is op twee boekreekse deur Leigh Bardugo, die Shadow and Bone-trilogie en die Six of Crows-boeke, gegrond. 

In die eerste seisoen het ons vir die jong, dapper Alina (Jessie Mei Li) – ’n weeskind wat later ’n kartograaf in die Ravka-weermag word – ontmoet. Maar toe vind sy uit sy is ’n Grisha – iemand met spesiale magte of vermoëns – en dat sy glo ook sommer die ene “Sun Summoner” is wat Ravka van die duistere en dodelike “Shadow Fold” en sy monsters moet red. Soos dié nuus versprei, blyk dit dat nie almal haar as ’n redder sien nie. Met haar lewe op die spel, is daar byna niemand wie sy kan vertrou nie. Dis nou behalwe vir Mal (Archie Renaux), haar beste vriend van kindsbeen af in die weeshuis. 

Kyk dit op Netflix.

12

Bridgerton S1-2

Die drama is gegrond op die Bridgerton-boeke van Julia Quinn en speel af in die Regency-tydperk (1811-1820). Dit volg die weduwee Lady Bridgerton en haar agt kinders soos hulle deur die lewe met skandale, swak besluite, en met die koningin wat hulle stip dophou, deur die lewe strompel. Of dans. Hang af of daar ’n high society paartie daai aand is.

Kyk dit op Netflix.

Nog TV-reekse wat op boeke gegrond is

Kry Netflix met DStv

DStv-intekenare kan met die nuwe Explora Ultra toegang tot Netflix kry. Kry dit nou →

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: ‘The Whale’, ‘No Hard Feelings’, ‘Lover, Stalker, Killer’ (ril!) en meer

Dié week se TV-gids sluit in een van die snaakste flieks van 2023, ’n ware misdaaddokkie wat jou twee keer gaan laat dink oor online dating en Brendan Fraser se Oscar-bekroonde vertolking in 'The Whale'. Lees verder vir ons keur van vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Meer

‘Op my eish!’ met Brendan Peyper: 9 goed wat jy ná episode 4 se wilde ompad moet weet

Ai, ná verlede week se warm soen, het ons gedink die sanger Brendan Peyper gaan vandeesweek groot moves maak. Helaas, dit was eerder sy ouma wat wat toe met "vars bloed" in die vroue se slaai kom krap het...

Meer

Redakteurskeuse vir Februarie 2024: Mode, manewales, en Messi

Wat om te kyk: ’n Besonderse dokkie oor die legendariese sokkerenigma, Lionel Messi; ’n reeks oor hoe moderne mode tydens die Tweede Wêreldoorlog gestalte gevind het; en die nuwe Showmax se propvol kykspyskaart wat ikoniese reekse soos ‘The Office’ en ‘Parks & Recreation’ insluit – hier is ons keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Wat om te kyk: Reeksmoordenaars, rugby en roerende drama

Wat om te kyk: 'Donkerbos' is uiteindelik ook beskikbaar vir DStv-kykers; skouspelagtige rugby én agter-die-skerms-drama in ’n Sesnasies-dokkie; M-Net se nuwe gesinsdrama, 'Summertide', première, en ’n epiese oorlogsdrama wag in Steven Spielberg se 'Masters of the Air'. Lees verder vir ons keur van vandeesweek se beste keuses, aanlyn en op TV.

Meer
Sien alle opsies