Menu terloops

Spreadsheet S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Aug 2022]


Die Sydney Morning Herald het Spreadsheet vier sterre gegee en Parkinson se “onberispelike komiese tydsberekening” geprys.

Kyk nou

Spreadsheet S1
Kyk lokprent

Die BAFTA-wenner Katherine Parkinson (Jen in The IT Crowd) speel in die Australiese komedie-dramareeks, Spreadsheet. Sy vertolk Lauren, ’n pas geskeide ma van twee kinders, wat haar no strings attached-sekslewe met ’n spreadsheet bestuur.

Hoe anders moet sy by als uitkom? Lauren het immers ’n suksesvolle loopbaan as ’n prokureur, twee baie ongehoorsame, maar skreeusnaakse kinders en ’n effens, dog merkbaar, onbekwame eksman. Sy is BESIG. Maar selfs Excel het sy beperkinge… Daar is ook net soveel wat in kolomme en rye ingepas kan word.

Ook in Spreadsheet se rolverdeling tel Rowan Witt en Stephen Curry.

Vanaf 1 Augustus beskikbaar om op Showmax te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou ‘Plaas van passie’-kykgids vir April 2025

Aline weier om met Antônio te onderhandel terwyl al wat ’n man is oënskynlik ook op haar verlief is... Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in April. Hier is ons handige kykgids.

Meer
Sien alle opsies