Menu terloops

Spreadsheet S1

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Aug 2022]


Die Sydney Morning Herald het Spreadsheet vier sterre gegee en Parkinson se “onberispelike komiese tydsberekening” geprys.

Kyk nou

Spreadsheet S1
Kyk lokprent

Die BAFTA-wenner Katherine Parkinson (Jen in The IT Crowd) speel in die Australiese komedie-dramareeks, Spreadsheet. Sy vertolk Lauren, ’n pas geskeide ma van twee kinders, wat haar no strings attached-sekslewe met ’n spreadsheet bestuur.

Hoe anders moet sy by als uitkom? Lauren het immers ’n suksesvolle loopbaan as ’n prokureur, twee baie ongehoorsame, maar skreeusnaakse kinders en ’n effens, dog merkbaar, onbekwame eksman. Sy is BESIG. Maar selfs Excel het sy beperkinge… Daar is ook net soveel wat in kolomme en rye ingepas kan word.

Ook in Spreadsheet se rolverdeling tel Rowan Witt en Stephen Curry.

Vanaf 1 Augustus beskikbaar om op Showmax te stroom.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer

Jou ‘Binnelanders’-kykgids vir Augustus 2026

Die waarheid oor ’n dokter lei tot ’n dramatiese wending en Joe is desperaat om vrae oor sy identiteit te beantwoord. Dít en nog meer is wat op ‘Binnelanders’-kykers vandeesmaand wag.

Meer
Sien alle opsies