Menu terloops
In Sepies [4 Feb 2026]

‘Skemergrond’ in Februarie: Hou dié storielyne dop


Februarie beloof om ’n maand van intense emosie en nuwe uitdagings in ‘Skemergrond’ se Gemoedsdrif te wees…

Deur Redaksie

Kyk 'Skemergrond' op DStv Stream

‘Skemergrond’ in Februarie: Hou dié storielyne dop

Vandeesmaand in Skemergrond word ou wonde oopgekrap, maar daar is darem oomblikke van hoop. Ruan se soeke na antwoorde neem hom op ’n gevaarlike pad, terwyl Meryl se optrede die gemeenskap aan die gons het, en Christine weier om die stryd teen die Louws bes te gee.

1

Ruan se ondersoek neem ’n gevaarlike wending

In sy soeke na die waarheid vat Ruan die pad na Kaapstad, waar hy probeer om Vlek op te spoor. Wat begin met ’n sprankie hoop vir sy saak, verander vinnig in ’n nagmerrie wanneer dit duidelik word dat iemand hom dophou – en dat Vlek se invloed veel verder strek as wat enigiemand besef het. Teen die einde van die maand bereik die drama ’n hoogtepunt wanneer Lily se lewe in gevaar is en Ruan ’n gyselaarsituasie moet beredder.

Skemergrond
Ruan (Dann-Jaques Mouton) se pogings om vir Vlek vas te vang, kan hom nog duur te staan kom. Foto’s: Skermgrepe
2

Meryl veroorsaak chaos 

Meryl se teenwoordigheid bly ’n bron van konflik. Sy stamp koppe met Erica, vervreem lojale kliënte by die Bistro, en haar nuwe rol as Wayne se assistent laat spanning in die gemeenskap opvlam. Maar net toe dit lyk of sy uiteindelik haar hand oorspeel het, draai haar geluk onverwags. En dit laat almal wonder: het Meryl dalk meer mag as wat sy voorgee?

Skemergrond
Meryl (Taryn Hess) laat humeure in Gemoedsdrif opvlam.
3

Christine se stryd teen die Louws gaan oor na hoër rat

Ná ’n nuwe aanval wat Hazel diep ruk, word dit duidelik dat Christine se stryd teen die Louws maar net begin het. Al voel sy soms verslaan, kom sy telkens terug met nuwe planne. Sy is vasbeslote om dié stryd te wen, maak nie saak wie se lewens sy ontwrig nie.


Skemergrond saai weeksdae uit om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit is ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies