Menu terloops
In How-tos [10 Sep 2021]

Showmax 101: Wat jy moet weet


Iets wat jy oor Showmax wil weet? Dié handige gids is net wat jy nodig het.

Showmax 101: Wat jy moet weet

Wat is Showmax?

Showmax is nie ‘n TV-kanaal nie. Dit is ‘n video-op-aanvraag-diens wat vir intekenare toegang gee tot ‘n reuse-katalogus van reekse, flieks, dokumentêre- en kinderprogramme wat jy kan aanlyn by showmax.com kan kyk of deur die Showmax-app te gebruik vir fone, tablette, slim-TV’s, mediaspelers en speletjie-konsole..

Die maand-tot-maand fooi gee intekenare onbeperkte toegang tot die volle Showmax-katalogus – jy kan kyk wanneer jy wil, waar jy wil, vir so lank jy wil. Daar is nie ‘n skedule nie en geen gewag nie. Alles op die platform is dadelik beskikbaar. Al wat jy nodig het, is internet en ‘n Showmax-intekening en jy sal dit by jou hê waar ook al jy gaan.

Showmax laat jou toe om te kyk wat, waar, wanneer en hoeveel jy wil, met geen advertensies of onderbrekings nie.

Watter pakette bied Showmax aan?

  • Showmax se standaardopsie bied toegang tot duisende reekse en fliek, plaaslik én internasionaal.
  • Showmax Pro is ’n nuwe diens wat vir Showmax-intekenare in Afrika beskikbaar is en bondel die beskikbare inhoud met musiekanale, nuus en regstreeks sportgeleenthede van SuperSport. Regstreekse sport sluit alle Premierliga-, Serie A-, La Liga asook PSL-wedstryde in, asook ’n wye verskeidenheid sporte soos atletiek, boks en die wêreld se sweterigste marathons. Die beskikbare sport verskil tussen lande en wanneer die wedstryde verby is, kan jy joernaalprogramme, dokumentêre programme en hoogtepunte kyk. Showmax Pro het ook ’n aantal nuuskanale soos SABC News (slegs in Suid-Afrika), Euro News, Africa News en Newzroom Afrika. Lees meer hier.
  • Showmax Mobile en Showmax Pro Mobile is net die ding as jy Showmax op ‘N draagbare toestel (slimfoon of tablet) wil stroom. Jy sal dieselfde inhoud kry teen ongeveer helfte die prys. Vind meer uit oor Showmax se opsies.

Hoeveel kos Showmax?

  • Showmax Mobile kos R39 en die standaardplan is R99 per maand. Vir Showmax wat gebondel is met regstreekse sport, nuus, musiek en meer, kies Showmax Pro vir R449 per maand of Showmax Pro Mobile vir R225 per maand. Vind meer uit oor hierdie planne hier.
  • Daar is geen langdurige kontrakte nie.
  • Almal kan Showmax kry – jy het nie DStv nodig nie. Daar is wel spesiale offers vir DStv-intekenare. DStv Premium-intekenare kry Showmax gratis, en DStv Compact- en Compact Plus-intekenare kan Showmax vir ’n bykomende R49 per maand op hul DStv-rekening voeg.

Hoe om jou gratis toetslope te begin

Teken in op Showmax met jou krediet- of debietkaart en kry 14 dae gratis toegang tot die volle katalogus. Showmax Pro is ongelukkig nie deel van die gratis toetslopie nie en sport is dus nie ingesluit nie.

  1. Gaan na showmax.com, teken in met jou e-pos adres en skep ’n wagwoord.
  2. Kies ’n debiet- of kredietkaart as jou betalingsmetode. Indien jy binne die 14 dae die diens kanselleer, sal daar niks van jou kaart verhaal word nie.  
  3. Stroom jou gunsteling-programme en -flieks gratis vir 14 dae.
  4. Wanneer jou toetslopie verstryk het, sal die fooi elke maand van jou bankrekening verhaal word. Daar is geen kontrak nie en daar is geen boetes wanneer jy kanselleer nie.

Hoe om Showmax by jou DStv-rekening te voeg

DStv-kliënte kan Showmax deel van hulle DStv-rekening maak. Indien jy ‘n DStv-intekenaar in Suid-Afrika, Kenia of Nigerië is, is daar geen kostes wanneer jy Showmax by jou DStv-rekening voeg nie.

Vir DStv Premium-intekenare

  1. Besoek die DStv selfdiens-webblad
  2. Teken in met jou Connect ID. 
  3. Kies My Products. 
  4. Kies DStv Premium. 
  5. Klik Add Showmax op die Showmax-banier. 
  6. Aanvaar die kwotasie.

Wanneer jy Showmax op die DStv-selfdiensblad geaktiveer het, sal jy terugverwys word na die Showmax-webblad om daar in te teken en te begin kyk.

Vir DStv-intekenare op ander pakkette

DStv Compact- en Compact Plus-kliënte in sekere lande kwalifiseer vir 50% afslag op Showmax, en DStv-kliënte op Family, Access en Easyview kan kies om Showmax by hulle DStv-rekening te voeg, maar hulle sal die standaard-fooi betaal.

  1. Besoek die DStv selfdiens-webblad
  2. Teken in met jou Connect ID. 
  3. Kies My Products. 
  4. Kies die korrekte pakket. 
  5. Klik Add Showmax op die Showmax-banier. 

Wanneer jy Showmax op die DStv selfdiens-webblad geaktiveer het, sal jy bevestiging kry dat dit suksesvol was. Jy sal dan terugverwys word na die Showmax-webblad om in te teken en te begin kyk.

Wat as ek reeds ‘n Showmax-intekenaar is?

  1. Teken in op Showmax se webblad.
  2. Kies My Account.
  3. Kies Manage Subscription.
  4. Kies Add to DStv.

En dis dit. Now het jy onbeperkte, gratis toegang tot die totale Showmax-katalogus.

Op watter toestelle kan jy Showmax kyk?

Showmax is beskikbaar op amper enige toestel wat aan die internet gekoppel kan word.

  • Foon of tablet: Kry die Showmax-app om te reekse en flieks op jou Android- of iOS-toestel af te laai of te stroom.
  • Skootrekenaar of rekenaar: Gaan na www.showmax.com om te stroom of af te laai.
  • Slim-TV: Stroom Showmax op you slim-TV of koppel jou skootrekenaar met ‘n HDMI-kabel aan jou TV.
  • Media-stroomtoestel: Gebruik jou gekoppelde DStv Explora, Android TV, Apple TV, Google Chromecast, Sony PS4 (slegs Suid-Afrka) of Xbox One om Showmax na jou TV te stroom.
  • DStv Explora: Die koste van jou Showmax-intekening is ingesluit in jou DStv Premium-intekening en dit kos jou dus nie ‘n sent meer nie. Indien jou Explora aan die internet gekoppel is, sal jy flieks en reeks direk na jou TV kan stroom. Vind hier uit hoe om dit te doen.
  • Ondersteunende toestelle mag van land na land verskil.
  • Regstreekse stroming op Showmax Pro is nie op speletjie-konsole of DStv Explora en sekers slim-TV’s beskikbaar nie.
  • Vir die volle lys van ondersteunende dienste, gaan na Showmax se webblad of lees What devices can I use?.
Jy kan Showmax op jou selfoon kyk. You can watch Showmax on your phone.
Showmax is beskikbaar op amper enige toestel wat aan die internet gekoppel kan word.

Hoe om dataverbruik op Showmax te beheer

Showmax bied twee maniere vir jou om jou dataverbruik te beheer.

  • Laai programme af om later te kyk (offline): Wanneer jy toegang tot wi-fi het, laai reeks of flieks op die Showmax-app op jou tablet of foon af en kyk dit later wanneer jy nie aanlyn is nie. Kies tussen vier verskillende aflaai-stellings – hoe laer die kwaliteit, hoe minder data sal jy gebruik om dit af te laai en hoe minder plek sal dit op jou toestel neem.
  • Plaas ’n beperking op jou bandwydte-dekking: Om ‘n beperking op jou bandwydte te plaas, help om minder data te gebruik. Dit is baie handig indien jy op ‘n data-begroting is. Die laagste kwaliteit gebruik slegs 100MB per uur en dit is meer as genoeg indien jy op ‘n draagbare toestel kyk. Ving meer oor bandwydte-beperking hier.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk op DStv in Mei 2022

Wat om te kyk op DStv vandeesmaand: Die treffende 'Hightown' keer terug met ’n tweede seisoen terwyl die topverkoperboek 'The Time Traveler's Wife' uiteindelik in ’n TV-reeks omskep is.

Meer

Wat om te kyk op Netflix in Mei 2022

Wat om te kyk op Netflix vandeesmaand: Dié stroomdiens se eerste oorspronklike Nigeriese fiksiereeks, 'Blood Sisters', ’n nuwe Suid-Afrikaanse rillerreeks, 'Savage Beauty', en ’n fiktiewe vertelling van die man wat die term Stockholm-sindroom geïnspireer het.

Meer

Wat om te kyk op Showmax in Mei 2022

Wat om te kyk op Showmax vandeesmaand: 'Troukoors' loop weer hoog, 'The North Water' maak sy debuut, en die skreeusnaakse 'The Righteous Gemstones' keer terug.

Meer

‘Anatomy of a Scandal’: Dié kragtoer se houvas kan jy nie sommer afskud

'Anatomy of a Scandal' se ystergreep laat ses episodes na veels te min voel.

Meer
Sien alle opsies