Menu terloops
In Sepies [11 Aug 2024]

Sepievoorskou: Slaaikrapper besig in ‘Suidooster’, Lily smag na vergifnis in ‘Skemergrond’


Dit lyk asof versoening moontlik is in ‘Skemergrond’, terwyl iemand se vertroue in ‘Suidooster’ geskend word en sekere verhoudings ’n tweede asem in ‘Binnelanders’ kry.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Slaaikrapper besig in ‘Suidooster’, Lily smag na vergifnis in ‘Skemergrond’

Hier is waarna kykers hierdie week (12 tot 16 Augustus) op Suidooster, Binnelanders en Skemergrond kan uitsien. 

Suidooster

Zoë (Lauren Joseph) kan darem aspris wees! Deesdae doen sy net iets om onder  Angie (Char Carrie) se vel te kom en natuurlik slaag sy. Julle sal nie glo wat sy hierdie week weer kwytraak nie. Toeval se voet! Die enigste toeval in Ruiterbosch is dat Zoë op dieselfde man, wie se hart sy al gebreek het, weer verlief geraak het. En dit is beslis ’n geval van, you only want what you can’t have

Lisa (Elsje Slabbert) beter hoop sy het meer geluk as Zoë op die oomblik. Haar dae in Ruiterbosch is beslis getel. Nog ’n voorval vind plaas en hierdie keer trek dit Siya (Gantane Kusch) se aandag as ’n voormalige dokter. Hy besluit om saam met Aiden (Theodore Jantjies) ondersoek in te stel oor Ruiterbosch se magic pille. Die gevolge gaan kykers op hul rug laat val! Dit is GLAD NIE hoe ek gedink het dinge sou uitdraai nie. Lisa is nogal regtig uitgeslape, ek het haar maar vlak aangekyk. 

Texas (Donovan Pietersen) het sy bed met die verkeerde mense gemaak. Hy gaan hierdie week op die harde manier leer wat gebeur as jy jou vertroue in die Queen B en die grootste skurk in Ruiterbosch plaas. Een is goed, een is sleg, maar soms word jou vingers ewe sleg danksy dié twee verbrand. 

Ek dink die Samsoedien-kinders sou eerder ’n gypsy lewe vir hul ma kies as die haram een wat sy tans lewe. Mymoena (Jill Levenberg) is so diep in die kloue van dobbel en verslawing dat ek nie weet hoe sy daaruit gaan kom nie. Rhafiek (Irshaad Ally) gooi ook al sy toys uit die cot uit asof hy nog nooit ’n fout gemaak het nie. 

Mrs J (Theresa Sedras) treur alreeds oor haar vriendskap met Moena wat uitmekaar val, maar nog nuus laat haar hart ’n bietjie ekstra breek. 

Soms weet Justin (Eden Classens) net nie wanneer om sy mond te hou nie en dié week gaan hy spyt wees.  

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Skemergrond 

Daar is steeds baie vrae rondom Lily (Hildegardt Whites) en haar verlede. 

Hazel (Carmen Maarman) lyk asof sy vir Lily wíl vergewe. Maar is daar te veel water onder die brug vir hierdie sussies om hul pad na mekaar te vind? Lily probeer alles, maar Hazel wil nie ingee nie, en die maaltye in die Louw-huis raak net al meer ongemaklik. 

Terwyl Amber (Talia Davis) en Louis (William Adams) hierdie week met hul nuwe projek kan spog, gebeur daar ’n paar dinge wat Junior (Ayden October) ontstel. Amber lyk ook nie juis asof sy haar neef se grootse aanhanger is nie… En hoewel Amber regtig haar voete op die plaas vind, begin haar ma se voete weer jeuk! As ek Amber was, sou ek nie te gewoond raak aan my vriende of skool nie. Binnekort wag daar dalk weer ’n gypsy-lewe op haar. 

Kevin (Gershwin Mias) en Gloria (Hunter Plaatjies) kan net nie op dieselfde bladsy kom nie. Dit veroorsaak weer probleme tussen Kevin en JP (Charlton George). Intussen is Fabian (Marunzo Thomas) te dom om te besef wat onder sy eie dak gebeur. Ons weet egter hoe hy hierdie situasie gaan hanteer!  

Skemergrond saai weeksdae om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uit. Dit sal ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar wees.

Binnelanders 

LJ (Julian Robinson) is bekommerd oor Thalia (Megan Troskie). Maar met meer inligting wag daar ook ’n paar verrassings en drastiese veranderinge. 

Gabby (Maude Sandham) is weer Gabby en op ’n missie om die wêreld te red. Ongelukkig is daar meer as een persoon wat moontlik kan seerkry. Gaan dit haar keer? 

Delia (Odelle de Wet) moet gewoond raak aan haar nuwe rol, maar nie almal is gelukkig met die verandering nie. 

Tracy (Melinda Viljoen) en Tertius (Reynard Hugo) ervaar albei hierdie week groot vreugde en groot uitdagings.  

Ten minste lyk dit of Ella (Marlee van der Merwe) vir een keer in haar lewe normaliteit ervaar.

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.  

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies