Menu terloops
In Sepies [19 Nov 2023]

Sepievoorskou: Wie sink, swem in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’ en ‘Binnelanders’ dié week?


Aanhouer wen! Dit is hierdie week se groot les in sepieland, selfs al is dit nie altyd pret nie… en al verloor ’n mens soms moed! Baie karakters bevind hulself tans in ongunstige situasies, maar kykers sal moet inskakel om te sien wie swem en wie sink. Hier is waarna jy hierdie week (20 tot 24 November 2023) op ‘Diepe Waters’, ‘Binnelanders’ en ‘Suidooster’ kan uitsien.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Wie sink, swem in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’ en ‘Binnelanders’ dié week?

Ons bring vir jou die inside scoop oor die grootste storielyne wat hierdie week in sepieland uitspeel. Soos altyd – dié sepievoorskou is spoiler-free.

Diepe Waters 

Gys (Justin Strydom) dink verniet dat hy die playmaker is. Jacques (Werner Coetser) is eensaam en gebroke en skrik nie meer vir sy pa se dreigemente nie. Ongelukkig vir Gys, is daar niks meer gevaarlik as ’n persoon wat niks oor het om te verloor nie. 

Jacques se houding maak sy familie benoud, maar selfs sy ouboet se dreigemente is nie genoeg om hom te keer nie. Jacques kry ’n teken van Meghan (Lea Vivier) af en doen iets onvergeeflik wat die hele Swarts-familie gaan ruk. 

Intussen is Anja (Reandi Grey) woedend nadat sy per ongeluk ingelig is oor nog ’n Swarts-geheim. Die geraamtes in die hul kas kon maarl uit ’n Mary Poppins-sak gekom het, want daar is regtig geen einde aan hierdie familie se leuens nie. Anja voel verraai deur Rossouw (Altus Theart) wat steeds geheime hou. Min weet sy dat daar nog groter bomme gaan bars. 

Sanet (Nadia Valvekens) probeer haar bes om Dominee Ben (Eric Bouwer) te beïndruk en wanneer sy vir Karla (Daniélle Swanepoel) ’n guns vra, kry Karla die verkeerde indruk.  

Kyk Diepe Waters Maandae tot Donderdae om 18:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook aanlyn op DStv Stream). Dit is ook op Catch Up beskikbaar.

Binnelanders  

Tertius (Reynardt Hugo) sukkel om Annelize (Cindy Swanepoel) aan die lewe te hou, terwyl ’n swanger Tracy (Melinda Brink) haar bekommer by die huis.

Hul lewe mag dalk in gevaar wees, maar daar is niks soos ’n lewensgevaarlike tragedie om jou perspektief te gee nie. Tertius maak uiteindelik ’n besluit oor sy toekoms met Tracy, maar wat beteken dit? 

Delia (Odelle de Wet) is vasbeslote om vir Amalia ’n boetie of sussie te gee, maar trap op ’n hele paar tone wanneer dit by haar besluite kom. Steve (Clint Brink) sukkel met die idee van pa-word en bevraagteken sy toekoms met Delia. 

Louis (Germandt Geldenhuys) en Naomi (Je-ani Swiegelaar) word weer in ’n onmoontlike situasie geplaas, maar sal die geskiedenis hom herhaal of sal hulle hierdie keer anders besluit? 

Febé (Claudia Jones) en Karen (Luandri Reynders) se verhouding bereik ’n breekpunt en dinge word gesê wat hulle nie kan terugvat nie.  

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Suidooster

Nazeem (Irvine van der Merwe) raak bekommerd oor sy inside man nadat Gary (Craig Adriaanse) ’n groot indruk op die JPD-span maak, wat al hoe meer van hom begin hou. 

Lee-Ann (Portia Joel) probeer hard om die JPD-span te oortuig om hul bande met Alex (Duane Williams) te breek, maar ons almal weet dit gaan oor meer as net besigheid. 

Ty (Maurice Paige) word weer agterdogtig oor Lee-Ann en Alex se verhouding. Hierdie keer is dit dalk met goeie rede! 

Veroné (Zandélle Meyer) word verblind deur haar gevoelens vir Justin (Eden Classens) en neem besluite wat almal verbaas. 

Kaashifa (Jawaahier Petersen) en Mymoena (Jill Levenberg) sukkel om Rhafiek (Irshaad Ally) te troos. Ná die voorval in die grot, weet Rhafiek nie meer of hy moet aanhou met Atlantic Adrenaline nie.

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Oktober 2024

Wat om te kyk: Die derde seisoen van die vlymskerp komediereeks, 'Hacks', kopdokters wat dinge sê nes dit is in 'Shrinking' S2, en agter die kospotte in 'Julia' S2 en die nuwe realiteitsreeks, 'The Pasta Queen', tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
Sien alle opsies