Menu terloops
In Sepies [7 Jul 2024]

Sepievoorskou: Sondes in ‘Suidooster’, ‘Skemergrond’


Verslawing, verraad en siekte het een ding in gemeen en dit is dat daar feitlik nooit enigiets goed daarvan kom nie. Vir van ons karakters is daar drastiese verandering op pad.  

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Sondes in ‘Suidooster’, ‘Skemergrond’

Hier is waarna kykers hierdie week (8 tot  12 Julie) op Suidooster, Binnelanders en Skemergrond kan uitsien.

Suidooster

As daar een ding is wat Nazeem (Irvine van der Merwe) meer as geld liefhet, is dit Zoë October (Lauren Joseph). Texas (Donovan Pietersen) kan dalk nog daarmee wegkom as hy slapgat by die werk is, maar Nazeem gaan nie toelaat dat Texas vir Zoë onder hom uit vry nie. Maar Zoë is alles behalwe gelukkig as Texas onverwags hul romanse beëindig en vinnig leer hy hoekom jy nie met die Octobers moet mors nie. 

Mymoena (Jill Levenberg) is al ’n tydjie verveeld, maar as haar darling AB haar nou moes sien het hy seker baie duas gemaak vir haar sondes. Die geldduiwel het Moena gebyt en wat eers met ’n onskuldige speletjie begin het, raak nou al hoe meer haram en gevaarlik. Sy beter haar beursie styf toemaak of Stellatjie en haar ouma sit dalk een van die dae op straat. Gaan Moena aanhou met haar wit leuentjies en selfoonspeletjies? Of gaan ons haar dalk hierdie week in Texas se casino sien vir ’n groter rush en die real deal!    

Gary (Craig Adriaanse) se gut is altyd reg, maar ouboet Aiden (Theodore Jantjies) wil nie na sy waarskuwings luister nie. Ek het mos vir julle gesê Lisa (Elsje Slabbert) gee my erg dodgy-vibes! Dié week vind ons uit hoekom ek aanvanklik dieselfde gevoel as Gary gehad het. Ongelukkig vir Aiden is hy nie net die kat wat sy in die donkerte knyp nie… Sy en haar ‘neef’ het ander planne vir hom en sy apteek.  

Intussen is Susan (Natasha van der Merwe) op ’n missie om die barmhartige Samaritaan te vind. Ongelukkig gebeur daar iets wat Kate (Annelisa Weiland) en pastoor Siya (Gantane Kusch) in ’n hoek druk en hulle dwing om iets drasties te doen. 

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Skemergrond

JP (Charlton George) se geheim is toe nie regtig ’n geheim nie. Met Jasmine (Khadija Heeger) se geheue is daar niks verkeerd nie. Ongelukkig weet hulle nog nie dat haar besering toe heeltemal onnodig was nie, want haar 60ste partytjie het toe nie plaasgevind nie en haar uitnodiging was so ’n groot skok dat dit haar lover se dood veroorsaak het. Maar Christine (Devonecia Swartz) weet daar is meer aan die storie. Al rou sy oor haar pa se dood, gaan sy nie rus totdat sy antwoorde by die Louw-familie kry nie. Maar wat gaan dit aan die gesin doen? ’n Ander vrou uit Christine se verlede daag onverwags langs haar pa se graf op en dit los haar met nog meer vrae. 

In plaas daarvan dat Hazel (Carmen Maarman) na haar eie huwelik kyk – wat obviously besig is om uitmekaar te val – druk sy haar neus in almal anders se sake. Almal kan sien dat Hazel en Ronnie (Mario Haupt) verby mekaar lewe. Hazel is egter te blind van jaloesie as dit by kleinsus Lily (Hildegardt Whites) kom (wat jare laas by die huis was) dat sy nie die mense voor haar sien nie. 

Maar terwyl Hazel haarself oor almal behalwe haar gesin ontferm, ontdek sy ’n ander geheim wat Everlasting in groot gevaar stel. 

Fabian (Marunzo Thomas) laat die hare op my arms rys. Ons kom ’n bietjie nader aan die waarheid hierdie week, want iets steek hy beslis van Gloria (Hunter Plaatjies) weg. 

Skemergrond is vanaf 1 Julie 2024 om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream. Dit sal ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar wees.

Binnelanders

Daar word alweer matchmaker gespeel en hierdie keer is Conrad (Hykie Berg) en Ella (Marlee van der Merwe) die slagoffers. Maar in ’n verrassende wending is dit dalk nie ’n slegte ding nie. 

Tracy (Melinda Viljoen) is heeltemal geskok wanneer die nuwe pediater vir Leah ’n onverwagse diagnose gee. 

Naomi (Je-ani Swiegelaar) sukkel om haar voete te vind in haar nuwe pos. Sy doen iets wat Ella en haar dokters van voor af kwaad maak. 

Steve (Clint Brink) en Nicolette (Kate Roothman) se verhouding het skaars begin, maar dit lyk asof dit reeds geskiedenis is. Steve kry ook ’n oproep wat sy gesin, die hospitaal en sy verhouding gaan toets. Maar dalk is hierdie oproep die antwoord na Bronwyn (Kim Cloete) se gebede… 

Binnelanders saai op weeksdae om 19:30 op kykNET (DStv-kanaal 144, ook op DStv Stream) uit. Episodes is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

‘Wyfie’: Jou kykgids vir Oktober 2024

Dinge raak ernstig tussen Maggie en Shay en Kyla moet moeilike keuses maak. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer

Silwerskermfees 2024: Waar en wanneer om vanjaar se kortfilms die week op TV te kyk

Vanjaar se Silwerskermfees het weereens voortgebou op meer as ’n dekade se ontwikkelingsprojekte in die plaaslike filmbedryf – en die eerste sarsie stories word hierdie Saterdagaand, 7 September 2024, op kykNET uitgesaai.

Meer

‘Wyfie’: Jou kykgids vir September 2024

Amanda kom voor moeilike besluite te staan en Kyla is in ’n desperate situasie verstrengel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse universiteitsdrama, ‘Wyfie’, kan verwag.

Meer
12

12 klassieke chick flicks en reekse om te kyk

Gryp die popcorn en rosé en kyk ’n paar van die mees ikoniese chick flicks en reekse wat ons oor die jare vermaak en geïnspireer het. Of jy nou lus is vir ’n lekker romcom, ’n hoërskooldrama, of ’n feel good-reeks, hierdie lys van 12 throwback-juwele is beskikbaar op jou gunsteling-stromingsplatforms.

Meer
Sien alle opsies