Menu terloops
In Sepies [28 Jul 2024]

Sepievoorskou: Konflik, verrassings en verraad wag dié week


Nuwe gesigte bring meer vrae in “Skemergrond”, terwyl geheime geopenbaar word in “Binnelanders” en verraad steeds onmin in “Suidooster” saai. 

Sepievoorskou: Konflik, verrassings en verraad wag dié week

Delia (Odelle de Wet) neem ’n bladsy uit haar broer se boek en hou haar lyf speurder, terwyl LJ (Julian Robinson) se nuutste tricks die laaste strooi vir sy tannie is. Tog is dit nie die enigste konflik wat Binneland dié week tref nie. 

Kevin Johannes (Gershwin Mias) en Gloria (Hunter Plaatjies) se verhouding vat nog ’n knock. Maar teen minste is daar weer lig in die Louw-familie se lewens danksy ’n groot verrassing in Skemergrond.

Hier is waarna kykers hierdie week (29 Julie tot 2 Augustus) op Suidooster, Binnelanders en Skemergrond kan uitsien. 

Skemergrond 

Ná jare se ghosting en een enkele blue tick word Jasmine (Khadija Heeger) se gebede uiteindelik gehoor. JP (Charlton George) het amper saam met sy pa die hemel gesien toe hy tydens die begrafnis ’n onverwagse gas in die kerk gewaar. 

Daar was nog altyd baie vrae rondom Lily (Hildegardt Whites) se verdwyning en verlede, maar hierdie week word baie goed opgeklaar. Dit behoort kykers nie te veel te skok nie, want ek het al lankal iets vermoed. Iets sê vir my die antwoorde rondom die geliefde Lily se verdwyning dalk Abel (Noel Oostendorp) se skielike hartaanval kan verduidelik… Of dalk sit ek die pot heeltemal mis! 

Kevin Johannes (Gershwin Mias) was nog heeltyd ’n gentleman, maar hy doen die week iets heeltemal buite sy karakter. Dít mag dak net die doodskoot vir hom en Gloria (Hunter Plaatjies) se verhouding wees. Ek blameer hom glad nie, want selfs ’n gentleman kan net soveel vat. 

Skemergrond saai weeksdae om 19:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uit. Dit sal ook ná uitsending op DStv Catch Up beskikbaar wees.

Binnelanders

Lyk my Laetitia (Rika Sennett) het ’n groot fout gemaak toe sy van die plaas gekom het om te kuier. As mens soveel vyande het soos sy en At (Hans Strydom) moet jy maar ver weg van mense bly. Soms is dit juis die mense wat jy vertrou wat wag om jou in die rug te steek. Delia (Odelle de Wet) speel double agent met ’n groot geheim, maar wie gaan sy beskerm en hoe gaan sy dit hanteer? 

Intussen laat LJ (Julian Robinson) die hare op Ella (Marlee van der Merwe) se nek rys. Ek het al genoeg gruwelflieks gekyk om te weet ek bly weg van ’n kind soos LJ af. 

Nicolette (Kate Roothman) kry ’n tweede asem. Maar net toe dit lyk asof Nicolette dalk haar lewe weer op koers gaan kry, gooi die lewe nog ’n spanner. As hierdie vrou haar voete uit die huis sit, tref ongeluk haar. Mens se geestesgesondheid kan dit mos nie hou nie. 

Suidooster

Mymoena is so diep in die bollie dat dit glad voel asof die Titanic se wrak nader aan die lig as Mymoena met haar probleme is. Nee, kyk, ek is nie gemaak vir sulke finansiële stres nie. Mymoena het nou ’n groot wake-up call gekry, maar alles wat sy probeer, blaas in haar gesig op. Ten minste het sy Texas (Donovan Pietersen) presies waar sy hom wil hê. Dit sal vir haar ’n bietjie meer tyd koop. 

Dit is meer as wat Thys (Emile Tredoux) kan sê, want selfs die launch van sy produk kon hom nie voorberei vir hierdie week se verrassing nie. Hy verloor alle beheer van die situasie met Lisa (Elsje Slabbert) en Aiden (Theodore Jantjies) en sal ’n haas uit die hoed uit moet pluk as hy sy huwelik wil red. 

Zoë (Lauren Joseph) friendzone een ongelukkige man, terwyl dit dan nou lyk asof sy dalk gevoelens vir iemand anders wil vang. Dit sal nogal ongemaklik wees!

Kyk Suidooster weeksdae om 18:00 op DStv-kanaal 144 (ook aanlyn op DStv Stream) of ná uitsending op Catch Up.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies