Menu terloops
In Sepies [23 Jul 2023]

Sepievoorskou: Geskiedenis herhaal homself in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’


Niks is ooit soos dit voorkom nie in sepieland nie… Ons het die inside scoop oor wat jy hierdie week (24 tot 28 Julie 2023) op ‘Diepe Waters’ en ‘Suidooster’ kan verwag.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepievoorskou: Geskiedenis herhaal homself in ‘Diepe Waters’, ‘Suidooster’

Diepe Waters 

Die band tussen Nina (Reze-Tiana Wessels) en Tsepho (Johnny Potsanyane) raak  by die week swakker. Liefde kan ook net soveel op-patch in ’n verhouding en selfs dáái lifeline het ’n vervaldatum. Hierdie paartjie se verhouding is bitter naby aan die punt waar niks en niemand sal kan help nie. 

Intussen het Karla (Daniélle Swanepoel) en Arno (Jean Henry) besluit om hul liefde in hul eie hande te neem. Dit lyk asof geskiedenis altyd homself wil herhaal in Diepe Waters, want die paadjie waarop hierdie twee tans wandel herinner my te veel aan wat Anja (Reandi Grey) destyds besluit het. Karla se nuutste besluit het almal op hol die week, veral vir Sanet (Nadia Valvekens). Dié een se senuwees hang aan ’n draadjie… Dat sy nog nie na die bottel gegryp het nie, is waarlik ’n wonderwerk. En in ’n skokkende wending, is Zelda (Sandi Schultz) die held van die week. 

Maar maak nie saak hoe gebroke sy gesin is nie, Gys (Justin Strydom) se hart is van klip gemaak. Dié kil figuur weet net hoe om ’n familie van binne uitmekaar te dryf. Ek dink nie Gys gaan ooit uit sy foute uit leer nie, want daar sit Jacques (Werner Coetser) netjies in sy boot soos een van die posh manne in die Titanic-reddingsbootjies. Ek sal nog nooit dat Gys my so beheer nie. 

Ten minste het Meghan (Lea Vivier) haar lojaliteit teenoor Jacques bewys toe sy vinnig op haar voete dink en die hele familie se geheim beskerm. Nee kyk, as ek ’n  Swarts was, sou ek seker elke dag ’n hot yoga-sessie moes bywoon om al dié familie se gifstowwe en stres te kan uitsweet. 

Kyk Diepe Waters op Catch Up en DStv Online.

Suidooster 

Nazeem (Irvine van der Merwe) se plan bereik hierdie week ’n klimaks met moontlike katastrofiese implikasies wat Bridgette (Denise Newman) se lewe is ernstige gevaar stel. Rita (Illse Roos) het heeltemal die plot verloor en sy soek nou net vryheid. Maar sal die kinders haar betyds uit Nazeem se kloue kan red? Of het dinge reeds te ver gegaan vir Rita? In watter tipe sel sal haar besluite haar dié keer laat beland? 

Dani (Vashti Prins), Bianca (Simone Biscombe) en Angie (Char Carrie) werk saam om ’n matrikulant se drome te laat waar word. Dít terwyl Orpa (Marisa Drummond) se man se dwalende oë ook vir haar raaksien as sy volgende projek. 

Mrs J (Theresa Sedras) is vasbeslote om haar kerk te red en bewys weer dat sy nie sommer enige ou tannie is nie. Ai, as almal maar net so hard vir die liefde baklei het soos Mrs J vir haar kerk… Daar sou beslis nie enkellopendes op hierdie aarde gewees het nie. 

Ten minste het Susan (Natasha van der Merwe) en Elana (Esther von Waltsleben) ’n blad uit Mrs J se boek gevat. Dié twee is weer vasbeslote om hul verhouding weer te laat vlamvat. Ag, ware liefde is darem so mooi, veral die tweede keer.  

Kyk Suidooster op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

‘Kokkedoor Vuur & Vlam’: Vonke spat tydens semifinaal… en kelder toe dié twee braaiers

’n Fynproewersdis, ’n lang resep en kreatiewe verskille het daartoe gelei dat twee van kykers se gunsteling-deelnemers op 'Kokkedoor Vuur & Vlam' hul voorskote moes ophang.

Meer

‘Adolescence’ is noodsaaklike kykstof om samelewing aan skouers te skud

Die Britse reeks 'Adolescence', oor ’n dertienjarige seun wat ’n klasmaat doodsteek, behoort verpligte kykstof vir ouers en kinders en by skole te wees. Dit is ’n wekroep vir ’n samelewing wat besig is om kinders in die steek te laat.

Meer

The Handmaid’s Tale S1-6

Op Showmax

Blessed be! Seisoen vyf tel op nadat June wraak teen haar ontvoerder, teisteraar en verkragter, bevelvoerder Fred Waterford, geneem en hom met haar kaal hande uitmekaar geskeur het.
Meer

The Last of Us S1-2

Op Showmax

Die tweede seisoen van ‘The Last of Us’ begin vyf jaar ná Joel (Pedro Pascal) se onlosmaaklike leuen aan Ellie (Bella Ramsey).
Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies