Menu terloops
In Sepies [11 Jul 2022]

Sepies: Wat voer ‘Binnelanders’ se grootste skurk in die mou?


Hierdie is die sepies met die lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) storielyne hierdie week. Moenie dié hoogdrama misloop nie.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Wat voer ‘Binnelanders’ se grootste skurk in die mou?

Daar is ’n groot verskil tussen omgee en inmeng. Ná verlede week, weet ek nie of ons sepie-karakters die verskil tussen die twee kan insien nie. Sepies op ons radar die week sluit in Suidooster en Binnelanders.

Binnelanders

So gepraat van mense wat kamstig omgee: At Koster (Hans Strydom) is terug en wil nou skielik die strydbyl tussen hom en Delia (Odelle de Wet) begrawe. En nie hoe nie – At wil ’n trust vir Amalia vestig. Delia het net rooi gesien toe sy verlede week instap en baba Amalia in At se arms sien. Wie sal nou nie ’n ryk oom soos At Koster in die familie wil hê wat jou net wil bederf en finansieel bystaan nie? Hy mag dalk soos ’n onskuldige ou oompie lyk, maar At is alles behalwe. Ek glo nie hierdie “nuwe” afgetrede, sogenaamde vredeliewende man se stories nie.

Ons moet wel vir hom krediet gee, want hy draai nooit doekies om nie. Só ook nie verlede week toe hy aan Delia erken het dat hy nooit van haar gehou het nie. Mense sê dikwels die waarheid maak seer, en sjoe dit is waar, want toe At vir Delia sê dat sy nie goed genoeg vir sy seun was nie, kon ek deur die TV die mes deur haar hart voel steek. Delia is ewe slinks, so ek kry haar nooit jammer nie, maar ek sou ook in hierdie geval vir At gesê het om sy ry te kry. At voer altyd iets in die mou en die Binnelanders sal maar hierdie week op hul hoede moet wees, want kyk wie is toe die anonieme koper van die super-ER se grond! Ek sal glad nie verbaas wees as At agter die ontploffing sit nie. Nou weet ons hoekom hy niks met Binneland of die super-ER te doen wou hê nie… ’n Groter skurk as At Koster is daar nie. Ek kan nie wag om te sien watter bomme die week gaan bars nie!

Kyk Binnelanders op DStv Online

Suidooster

Ons almal weet Elana (Esther von Waltsleben) wou nog altyd ’n ma wees, maar haar beskerming van Maggie (Daniah de Villiers) raak nou te veel. Aanvanklik het ek gedink Elana het uitgereik sodat Taylor by haar kan kom bly, maar nou lyk dit asof sy nie net klein Taylor se ma wil wees nie, maar sommer Maggie se ma ook.

Al het haar ouers vir haar verwerp, is Maggie ’n sterk vrou. Saam met Ryno (Alex van Dyk), lyk dit asof hulle goed vir hulself kan sorg. Elke bietjie help, maar ek sal nie vir Ryno blameer as hy nou gatvol vir Elana se “goedhartigheid” raak nie. Dit was baie sweet toe Elana aan die begin wou help en vir Taylor ’n nuwe stootwaentjie gekoop het. Of selfs toe sy na Taylor omgesien het terwyl Maggie studeer het. Maar hulle eet dan nou amper elke aand by haar huis. Obsessed much? Dit het immers reeds ’n nuwe verhouding laat sneuwel. Ek sal nie verbaas wees as Elana se kop een van die dae uithaak en sy vir Maggie en Taylor in haar huis opsluit nie.

Maggie beter vinnig besluit of sy hierdie week saam met Ryno wil trek. Dan moet sy sommer in die middel van die nag verdwyn. Ek dink nie Elana gaan hulle so maklik laat gaan nie. Kate (Annelisa Weiland), Mymoena (Jill Levenberg), Bianca (Simone Biscombe) en Siya (Gantane Kusch) is al moeg gepraat, maar Elana wil net nie hoor nie en weet ook nie wanneer om te stop nie. Ek is nou nie ’n Nostrodamus nie, maar ek sien moeilikheid kom…Watch this space!

Kyk Suidooster op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies