Menu terloops
In Sepies [19 Sep 2022]

Sepies: Hartseer eindes en siek speletjies wag


Bring AL die tissues, ons gaan dit nodig kry dié week! Hierdie is die sepies met die lekkerste, skokkendste (en soms belaglikste) storielyne hierdie week. Moenie dié hoogdrama misloop nie.

Deur Tarren-Lee Habelgaarn
Sepies: Hartseer eindes en siek speletjies wag

Met Anton se roerende begrafnis, Amalia se ontvoering en Lienkie en Kaashifa se hartverskeurende kanker-battles, het my hart dit ook maar net-net verlede week gemaak. Sepies op ons radar dié week is Binnelanders, Getroud met Rugby en Suidooster.

Getroud met Rugby

Sjoe, praat van ’n reality check! Soms vat dit ander mense se pyn om jou te laat besef hoe geseënd jy is. Verlede week het Lienkie (Mandi du Plooy-Baard) se woorde my soos ’n harde klap deur die gesig getref.

“Dit is crazy om te dink dat daar terselfdertyd lewe en dood binne my groei en albei maak my siek,” het ’n bleek Lienkie vir Blitz (Werner Coetser) gesê. Dít nadat hy wou weet of dit die kanker of swangerskap is wat haar siek laat voel. Ek weet nie wat ek verwag het nie, maar daardie antwoord het my na my asem laat snak. My hart breek elke aand in stukke vir hierdie mooi gesin.

Die Stryders se tyd op die kassie hardloop nou vinnig uit, maar ek het nie dié einde voorspel nie. Ek het regtig nie geweet of ek moet huil of lag verlede week nie. Een oomblik vier ons ’n baba en ’n verlowing en die volgende word Lienkie siek en word Pine (Gerald Steyn) en Kristien (Marlee van der Merwe) se hele lewe omgedolwe. Hoekom wag mense altyd totdat jy geluk vind, voordat hulle besef dat jy die regte een vir hulle is? Spyt kom mos altyd te laat. Dié keer is Pine te laat!

Ek was self bly toe ek weer vir Pine sien, maar ek weet nie of ek vir hom en Kristien weer wil saam sien nie. Ek hou van haar en Chris (André Lötter), maar wie se ring gaan sy terug gee? Die nuwe een wat Chris sopas op haar vinger gesit het? Of Pine se ring wat nog heeltyd in haar laai lê?

Terwyl Lienkie se lewe eindig, sal ons maar moet wag en sien saam met wie Kristien ‘n lewe gaan begin.

Kyk Getroud met Rugby op DStv Online en Showmax.

Binnelanders

Louis (Germandt Geldenhuys) het van dag een gesê Amalia se veiligheid is in gevaar, maar niemand wou luister nie. En kyk nou! Toe ek vir Rita (Ilana Cilliers) sien, het ek geweet dinge gaan in ’n ramp eindig. Mense verander nie sommer nie. Al het Rita probeer, het ek geweet sy sal nie ’n goeie invloed op Andries (André Odendaal) wees nie. Waar kan jy ’n tronkvoël en iemand met gevaarlike alteregos bymekaar sit? Dit is mos vir moeilikheid vra.

In hierdie geval kan ek nou nie vir Delia (Odelle de Wet) jammer voel nie, want al is dit jou pa, moes sy mos seker gemaak het dat Amalia nooit alleen is met daardie twee nie. Ek het gedink Louis gaan iemand vermoor toe hy uitvind dat Amalia weg is. Hy het net rooi gesien en ek blameer hom nie. Almal het gedink hy is van sy kop af, maar nou ja, ons sal maar moet bid dat hulle vir Amalia vind, voordat hierdie siek speletjie in hartseer en trane eindig.

Kyk Binnelanders op DStv Online

Suidooster

Ruiterbosch se grootste skelms is weer uit vir bloed. Ek is glad nie verbaas dat hulle weer vir Bridgette (Denise Newman) teiken nie. Bridgette is glad nie ’n engeltjie nie, maar kan Suidooster se skryfspan nie ’n bietjie meer kreatief skryf of uit die boks dink nie? Dit is nou al so voorspelbaar en vervelig dat Tim (Marco Spaumer) en Nazeem (Irvine van der Merwe) vir Bridgette probeer indoen.

Hierdie keer het hulle haar duur juwele vervals en met glasstukke vervang. As Bridgette eers twee en twee bymekaar voeg en uitvind waarmee die twee besig is, gaan die poppe dans. En dan wil ek nie sien wat gaan gebeur nie.

Maar ai, almal vergewe en beweeg ook te vinnig aan in Suidooster, so maak dit regtig saak? Gee vir ons ‘n bietjie meer drama en intrige!  Dit is dieselfde storie, net ’n nuwe week. Kom ons sien maar waarheen hierdie storielyn ons vat. 

Kyk Suidooster op DStv Online.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Redakteurskeuse vir Februarie 2025

Wat om te kyk: Die popkultuur-fenomeen ‘White Lotus’ keer terug vir ’n derde seisoen, ‘Suits’ se spin-off, ‘Suits L.A.’, maak sy debuut, en Kate Hudson is in haar element in die nuwe Mindy Kaling-komedie, ‘Running Point’ – hierdie stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Jou telenovela-gids vir Februarie 2025: Ontvoerings en opskuddings in ‘My naam is Farah’

Tahir neem sake in eie hande en Farah sal enigiets doen om haar ma te red. Dít en nog meer wag op ‘My naam is Farah’-kykers in Februarie. Hier is ons handige kykgids.

Meer

‘Suidooster’: Kyk uit vir dié 5 storielyn-kinkels in Februarie

Dié ‘Suidooster’ kom in Februarie nie saggies teen die hange van die berg af nie… Hier is vyf storielyne wat ‘Suidooster’-kykers in die maand van die liefde hul naels behoorlik gaan laat kou.

Meer

Jou kykgids vir ‘Kokkedoor Vuur & Vlam’ se tweede seisoen

In die tweede seisoen van die kykNET-kosreeks 'Kokkedoor Vuur & Vlam' is die bekroonde sjef Bertus Basson en braaighoeroe Kobus Botha weer op soek na die perfekte kombinasie van ’n onthoubraaier en kinkelbraaier. Hier is waarna kykers oor die loop van die tweede seisoen se 13 episodes kan uitsien.

Meer
Sien alle opsies