Reyka, wat die lewe van die briljante misdaad-profiler, Reyka Gama (vertolk deur Kim Engelbrecht) volg, is nou op Showmax beskikbaar.
Die reeks het ook agt benoemings vir die 2022 SAFTA-toekennings ontvang, waaronder vir beste dramareeks, en kinematografie, beste draaiboek vir ’n TV-drama en beste aktrise.
Tarren-Lee Habelgaarn skryf: “Nadat sy as kind deur ’n boer (Iain Glen van Game of Thrones en Downton Abbey) ontvoer is, is Reyka getraumatiseer deur die ervaring, maar dit help haar om die denkwyses van Afrika se bekendste misdadigers te verstaan. Sy ondersoek ’n reeks wrede moorde wat deur ’n reeksmoordenaar in die suikerrietlande van KwaZulu-Natal gepleeg is. Intussen ontbloot sy geheime en leuens. Sy vind ook genesing en vergifnis, maar word ook deur haar ontvoerder gemanipuleer. Jy kan nie anders as om hierdie reeks te binge nie. As jy eers begin, sal jy nie kan stop nie.”
Kort ná die reeks se plaaslike debuut, is dit vir internasionale verspreiding in meer as 80 lande geoormaak. In sommige van dié lande staan die reeks eerder as The Cane Field Killings bekend.
Sien ook vir Kim Engelbrecht in Raised by Wolves S2, ook op Showmax.