Menu terloops
In Wat om te kyk [5 Mar 2025]

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025


Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Stroom 'Reënboogrant'

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025
Kyk lokprent

Reënboogrant is geïnspireer deur Louise van Niekerk se topverkoperboeke vir jong volwassenes wat in die negentigerjare gepubliseer is. Dié telenovela speel in Tshwane af en draai om die Brink-gesin. Minke Marais en Mila de Villiers (Wyfie) vertolk die graad 10-susters Shani en Sunette, met Paul Strydom (Spooksoeker) as hul ouer broer, Dolf, ’n matriekleerder en die skool se hoofseun. 

Daar is elke Woensdag twee nuwe episodes op Showmax beskikbaar. Hier is wat jy vandeesmaand op dié telenovela kan verwag.

Woensdag, 5 Maart 2025

Meng jou met die semels…

Die polisie stel ’n lokval vir die dwelmsindikaat en wil vir Shani betrek. Dolf konfronteer vir Ans oor die dieëtpille. Rachelle het slinkse planne met Pierre, terwyl Japie sy beste voetjie vir Sunette voorsit. 

Judasbok

Shani word as lokaas gebruik om die dwelmsindikaat waarvoor Jacques werk te ontbloot. Japie slaan sy kloue stywer om Sunette, terwyl Rachelle vir Pierre in haar web toespin. 

Woensdag, 12 Maart 2025

Asteroïede

Rooi graffiti teen die skoolmuur met aantuigings oor Meneer Bothma veroorsaak dat ’n nuwe debietstelsel geïmplementeer word. Sunette sukkel om die gebeure met Japie te verwerk. 

As die reënboog verdof

Sunette se gesondheid bekommer die Brink-familie. ’n Mediaberig plaas die skool in ’n swak lig en Bongi word verdink. Shani leen geld by Japie vir haar modelfoto’s. Dit lei tot ’n misverstand met Johan.

Woensdag, 19 Maart 2025

Motivering, oorreding, intimidering

Shani en Rachelle het albei uitdagings met die “Face of the Future”-kompetisie. Sunette word opgeneem vir toetse. Bongi weier om terug te keer skool toe. Tina slaag daarin om Shani vir die graffiti te blameer. 

Gekke en Dwase

Die person agter die graffiti-voorval word ontmasker. Daar is ’n groot krisis by Maryna se produksiemaatskappy. Japie word aangeval en Bongi daag die skool se debietstelsel uit. 

Woensdag, 26 Maart 2025

Skuldgevoelens en vergoedings

Die Brink-gesin verwerk Sunette se skokkende diagnose. Die brand by die produksiemaatskappy mag dalk ernstige nagevolge vir Maryna hê. Shani en Dolf beplan ’n fondsinsameling vir Sunette se behandeling.

Oog vir ’n Oog

Pierre kom tot Shani se redding in ’n ongemaklike situasie. Maryna se nuwe vennoot maak haar lewe moeilik. Sunette vind van die fondsinsameling.


Dubbelepisodes van Reënboogrant word elke Woensdag tot en met 11 Junie 2025 op Showmax beskikbaar gestel. Rëenboogrant word ook op Vrydae op kykNET (DStv-kanaal 101) en DStv Stream uitgesaai, maar met slegs een nuwe episode per week. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies