Menu terloops
In Wat om te kyk [4 Aug 2025]

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Augustus 2025


Die stryd oor die plaas se eienaarskap duur voort en die waarheid oor wie klein Daniel se pa is, kom op die lappe… Dít en nog meer wag op ‘Plaas van passie’-kykers in Augustus. Hier is ons handige kykgids.

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Augustus 2025

Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se se eerste Brasiliaanse telenovela, Plaas van passie, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. 

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Plaas van passie kan verwag.

Maandag 4 Augustus

Petra sê uit die bloute dat sy gehospitaliseer en onder sielkundige waarneming geplaas wil word. Agatha kry bevestiging dat Marino klein Daniel se pa is.

Dinsdag 5 Augustus  

Aline se prokureur kry ʼn hofbevel wat Antonio verbied om op haar grond vir minerale te delf. Wanneer die balju Antonio met die lasbrief dien, dreig hy hom. 

Woensdag 6 Augustus  

Irene kom agter dat klein Daniel Merino se seun is en sy jaag Graça en haar kind uit haar huis uit. Aline verbreek die verhouding tussen haar en Caio en gee die ring terug.

Donderdag 7 Augustus  

Antonio beraam ʼn bose plan teen die adjudant. Irene rou oor die kleinseun wat sy nooit gehad het nie. Graça se ouers is op die punt om hulle webwerf te loods, tot Anely se ontsteltenis.

Maandag 11 Augustus  

Marino is onder verdenking nadat wapens in sy kamer gevind word. Irene bied vir Graça geld aan om Daniel by haar aan te neem. 

Dinsdag 12 Augustus  

Caio konfronteer vir Agatha met die feit dat hy weet sy het ʼn derde seun gehad. Hy eis antwoorde. Anely het ʼn plan om haar nabootser te ontmasker.

Woensdag 13 Augustus  

In die verhoor oor wie die regmatige eienaar van die plaas is, besluit die regter ten gunste van Aline. Petra onthou wie die man is wat haar as kind gemolesteer het. 

Donderdag 14 Augustus  

Luigi se ma daag op en hy gee voor dat dit sy peetma is, maar Irene vind die waarheid uit. Antonio gee opdrag aan Ramiro om Aline met ʼn sluipmoordenaar te laat vermoor.

Maandag 18 Augustus  

Die sluipmoord-plan misluk wanneer iemand baie na aan Aline geskiet word. Antonio word vereer as boer van die jaar,

Dinsdag 19 Augustus  

Aline beëindig haar en Caio se verhouding. Jonatas is buite gevaar, maar mag dalk verlam wees vir die res van sy lewe.

Woensdag 20 Augustus  

Aline word verhoed om haar voete op haar grond te sit omdat Silverio appél aangeteken het en die grond steeds aan Antonio behoort. Irene gaan kuier vir klein Daniel.

Donderdag 21 Augustus  

Emengarda skinder aan die een kant en konkel aan die ander kant. Petra en Helio droom saam. Caio maak ʼn groot aanbod aan Gentil

Maandag 25 Augustus  

Antonio betrap vir Irene en Vincius in die bed. ʼn Jaagtog volg en Vinicius vlug die bosse in terwyl Antonio gearresteer word. Agatha verkondig aan Irene dat sy haar lewe gaan verwoes.

Dinsdag 26 Augustus  

Helio vat ʼn dronk Agatha huis toe en Anely hoor hy noem haar ma. Irene en Antonio het ʼn hewige geveg en hy vra Agatha om met hom te trou.

Woensdag 27 Augustus  

Antonio nooi gaste na ʼn spesiale ete en kondig voor Irene aan dat hy met Agatha gaan trou. Irene is hoogs ontsteld, maar Luigi kalmeer haar en sê sy kan skatryk word met ʼn egskeiding. 

Donderdag 28 Augustus  

Helio eindig dinge met Petra en sê vir Agatha hy stap finaal weg van die plan af. Silvero oorhandig die finale egskeidingsdokumente aan Antonio, wat besluit om dit self vir Irene te vat.


Plaas van passie word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies