Menu terloops
In Recaps & Resensies [14 Nov 2024]

‘Klein Paradys’: Wat jy moet weet ná episode 4


Moegheid en frustrasie begin insink by die ses spanne in kykNET se leefstyl-realiteitsreeks, ‘Klein Paradys’.

Stroom nou

‘Klein Paradys’: Wat jy moet weet ná episode 4

Die ses spanne het vyf dae om die badkamers van hulle onderskeie eenhede in te rig – van installasie van al die watertoevoerpype en die waterdigting tot die teelwerk en finale afronding. Vyf dae klink dalk na baie, maar die Klein Paradys-deelnemers het gou agtergekom dat daar nie genoeg minute in die dag is om by alles uit te kom nie… 

Min slaap, min eet en ’n traan of drie

Jannie en Mika het uiteindelik skroewe gekry sodat hulle met hulle werk kan aangaan, maar hulle is steeds agter. “Ons is nou by plan B se plan C se plan D wat nou plan A moet begin as plan A se plan B,” het Jannie gespot. 

Johann en Jo-Ann was pro-aktief en het as toesighouers ’n skedule opgestel sodat elke span kan besluit in watter tydgleuf hulle hulp van die konstruksiespan wil kry. Die ander spanne was heel geneë met die plan, maar Jannie en Mika het sommer vinnig ’n uur verloor nadat hulle gestraf is omdat Jannie ’n stuk gereedskap oornag in hul eenheid gehou het. 

Klein Paradys
Mik mooi daar… Foto: Skermgreep

Maggie en Gerrie het ’n video-oproep met hulle kinders gehad, en dit was vir beide van hulle baie emosioneel. Maar dis nie net oproepe na kinders wat die spanne emosioneel maak nie. Min slaap en min eet begin beslis sy tol eis. Die wagte voor die meeste van hul monde is weg, en daar word heelwat geswets uit pure frustrasie. Die spanne besef ook dat iets soos teelwerk ’n kuns is. En dat ’n plafon nie sommer net vir gou-gou insit is nie. 

Die &*%$# uitspan-area!

Klein Paradys
Brandt roep die spanne om aan die uitspan-area te werk. Foto: Skermgreep

Dit is duidelik dat nie een van die spanne juis daarvan hou om aan die uitspan-area te werk nie. Toe Brandt, die projekbestuurder, dus die spanne aantree om werk aan hulle eenhede te staak en eers aan die uitspan-area se vloere aandag te gee, was niemand beïndruk nie. Maar spanwerk het gewys selfs dié taak kan vinnig baasgeraak word as daar genoeg gewillige hande is. 

Klein Paradys
Vele hande maak toe wraggies ligte werk… Foto: Skermgreep

Wat volgende? 

In episode 6 kom die beoordelaars om die spanne se badkamers punte te gee. Maar gaan al die spanne iets hê om te wys?


Klein Paradys is op Donderdae om 20:00 op kykNET (DStv-kanaal 144). Dit is ook op DStv Stream en Catch Up beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir Maart 2025

Japie slaan sy kloue in Sunette in, maar dan kry sy nuus oor haar gesondheid wat haar hele wêreld omdolwe. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir Maart 2025

Wat om te kyk: Die meesleurende Jaco Bouwer-drama, 'Niggies', Pretoria se Afrikaanse spin op 'The Mommy Club', Showmax se Afrikaanse tennisdrama, 'Breekpunt', en Seth Rogen se nuwe komediereeks – dié stories tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer

Oscars 2025: Wie het gewen én waar jy wenners kan kyk

Zoë Saldaña met ’n verstommende vertolking in die veelbesproke ‘Emilia Pérez’, Adrien Brody met sy indringende spel in ‘The Brutalist’, en Kieran Culkin in ’n loopbaanbeste rol waarvoor hy amper-amper nee gesê het – hier is vanjaar se Oscarwenners én waar jy dié bekroonde rolprente kan stroom. 

Meer

Jou telenovela-gids vir Maart 2025: Die einde breek aan in ‘My naam is Farah’

Tahir probeer steeds om vir Farah te beskerm soos dié verhaal ten einde loop. Hier is ons handige kykgids vir meer oor wat in die laaste sarsie episodes van ‘My naam is Farah’ op kykers wag.

Meer
Sien alle opsies