Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.
Vrydag 1 Mei 2026
Angie is bekommerd oor Wade. Mike besluit om die kantoor te bederf, maar word oor die vingers getik. Gary se oogklappe val…
Maandag 4 Mei 2026
Zoë probeer om die meeste van haar alleentyd saam met Wade te maak, terwyl Mike by Amanda vis oor haar privaatlewe. Justin vra Hugo ’n groot guns.
Dinsdag 5 Mei 2026
Hugo word reggesien oor sy onaanvaarbare gedrag. Mike moet sy hare wegsteek, terwyl Zoë se plan om weer tyd saam met Wade deur te bring, misluk.
Woensdag 6 Mei2026
Wade voel al hoe meer verskeur. Justin is opgesweep met Hugo se planne, terwyl Lee-Ann en Mike mekaar se geselskap geniet.
Donderdag 7 Mei 2026
Mymoena ontmoet vir Hugo en nooi hom vir ete. Angie sukkel om by haar dieët te hou, terwyl Mike en Lee-Ann skielik begin vassit.
Vrydag 8 Mei 2026
Lee-Ann en Mike span Rhafiek en Riaan in om mekaar te probeer uitoorlê. Angie se onsekerheid oor haar voorkoms lei tot konflik met Wade. Justin sien ’n ander sy van Hugo.
Maandag 11 Mei 2026
Lee-Ann besef sy moet ’n kalm middeweg met Mike vind by JPD, en Hugo sê vir Justin hy moet sy man staan teen Frankie. Ná hul romantiese naweek loop dinge weer skeef tussen Angie en Wade.
Dinsdag 12 Mei 2026
Angie neem ’n besluit. Justin is in die moeilikheid na nóg ’n laat aand uit. Die vrede tussen Mike en Lee-Ann is van korte duur.
Woensdag 13 Mei 2026
Wade voel skuldig teenoor Angie, terwyl Bridgette probeer om die situasie tussen Mike en Lee-Ann te ontlont. Justin verdedig Hugo, met onverwagse gevolge.
Donderdag 14 Mei 2026
Angie vermoed Wade het groot planne met hul romantiese wegbreek, terwyl Frankie se niggie nog druk op haar plaas om saam New York toe te gaan. Mike en Lee-Ann pak saam ’n taak aan…
Vrydag 15 Mei 2026
Zoë is in ’n toestand. Mike en Lee-Ann probeer vir Bridgette oortuig dat hulle nie die spanboudag hoef by te woon nie, terwyl die Ruiterbossers ’n minder vleiende kant van Hugo sien.
Maandag 18 Mei 2026
Zoë sit ’n dapper gesig op, terwyl Justin met Hugo vassit. Lee-Ann en Mike probeer Bridgette oortuig dat hulle nou goeie spanmaats is.
Dinsdag 19 Mei 2026
Gary bevraagteken Justin se vriendskap met Hugo, terwyl Lee-Ann en Mike ’n grens oorsteek. Viper verskyn in Nazeem se wêreld.
Woensdag 20 Mei 2026
Hugo kruip by Justin weg om die paparazzi te ontwyk. Mike en Lee-Ann spandeer tyd saam , terwyl Angie steeds hoop dat Wade die groot vraag gaan vra. Maar gaan hy?
Donderdag 21 Mei 2026
Zoë probeer die pad vorentoe navigeer. Nazeem ontdek ’n ander kant van Viper, en Mike verras Lee-Ann.
Vrydag 22 Mei 2026
Ruiterbosch gons oor wat Justin gedoen het. Gary waarsku Zoë, terwyl Ava weer vir Nazeem onkant vang.
Maandag 25 Mei 2026
Bridgette steek onwetend ’n stokkie voor Mike se planne. Frankie het gehoor van Justin se omkopery, terwyl Nazeem nog meer agterdogtig word oor Ava.
Dinsdag 26 Mei 2026
Frankie kom terug van New York af, terwyl Wade se kop raas. Nazeem vis oor Ava en Mike word nie in sy eie bed wakker nie…
Woensdag 27 Mei 2026
Angie se toestand versleg. Lee-Ann raak ongemaklik wanneer sy vir Mike sien. Ruiterbosch se mense ontmasker uiteindelik vir Hugo.
Donderdag 28 Mei 2026
Justin probeer Bridgette se vertroue terugwen ná die debakel met Hugo, en Nazeem het ’n plan om Ava te beïndruk. Wade probeer oop kaarte met Angie speel.
Vrydag 29 Mei 2026
Justin sit met ’n dilemma by die werk, en Mymoena waarsku Ava teen Nazeem. Intussen kry Angie verrassende nuus…
Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax.