Menu terloops
In Kykgidse [24 Mar 2026]

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir April 2026


Mike wil veg vir sy verhouding met Amanda en Nazeem doen (weer) iets wat vir Bridgette rooi laat sien… Dít en nog meer is waarna ‘Suidooster’-kykers in April kan uitsien.

Deur Redaksie

Kyk 'Suidooster' op DStv Stream

Jou ‘Suidooster’-kykgids vir April 2026

Hier is ’n voorsmakie van wat jy volgende in Suidooster kan verwag.

Woensdag 1 April 2026

Bella word gedoop en Bennie het iets op die hart. Rhafiek word uit die hospitaal ontslaan, terwyl Riaan en die blondine se paaie die heeltyd kruis.

Donderdag 2 April 2026

Gary is opgewonde as hy hoor wie sy skenking vir die skool se veiling gekoop het, terwyl Amanda koue voete kry. Dis ’n bittersoet dag vir Elana en Susan.

Vrydag 3 April 2026

Riaan wil die blondine uitvra, terwyl Frankie ’n moeilike resep aandurf. Angie en Wade probeer mekaar verras, terwyl Willie arme Gary se ore van sy kop af praat.

Maandag 6 April 2026

Die spesiale Paasgeskenk wat Wade vir Angie gekoop het, het spoorloos verdwyn. Gary en Willie maak vriende, maar dan laat glip Bennie iets wat die oom geheim wou hou. Riaan wonder waar hy staan…

Dinsdag 7 April 2026

Riaan en die blondine maak geheime afsprake, maar gaan Frankie hulle uitvang? Daar is konflik tussen die kerk en ’n groep motorfietsryers, terwyl Gary se vriende bekommerd is oor sy vriendskap met Lourens.

Woensdag 8 April 2026

Siya sukkel steeds met die motorfietsryers en Gary praat sy mond verby by Lourens. Bridgette hou haar tuinpartytjie, waartydens Riaan en die blondine se verhouding beproef word.

Donderdag 9 April 2026

Gary konfronteer Willie oor sy kriminele rekord. Kate was haar mond uit nadat sy gesien het hoe Riaan iemand soen. Siya se plan om van die Ruiterbosch Riders ontslae te raak boemerang.

Vrydag 10 April 2026

Angie en Gary betree ’n grys area saam met Willie. Siya en Nazeem vier ’n oorwinning, en Frankie kry ’n onverwagse besoeker.

Maandag 13 April 2026

Gary vind uit wie die massiewe huis in Bantrybaai besit. Bianca praat onwetend haar mond verby, en Mike vind uit Amanda is ook in Ruiterbosch.

Dinsdag 14 April 2026

Nazeem maak Bridgette woedend, terwyl Gary bekommerd is oor Willie. Mike deel iets met Amanda wat haar onkant vang…

Woensdag 15 April 2026

Siya bevind hom in die middel van ’n tweestryd oor die skuiling. Kate moedig Mike aan om te veg vir sy verhouding met Amanda, terwyl Gary, Angie en Willie ’n deurbraak maak.

Donderdag 16 April 2026

Gary se span spioene kry onverwags ’n nuwe lid, terwyl Riaan ’n besluit moet neem oor sy en die blondine se toekoms. Siya se kerkraad ondersteun Nazeem se projek, maar gaan Bridgette dit aanvaar?

Vrydag 17 April 2026

Gary-hulle se planne word in die wiele gery, en Amanda voel oorweldig deur alles. Siya en Bridgette se uitval het ernstige gevolge vir die kerk.

Maandag 20 April 2026

Angie oortuig vir Wade om by Gary se span aan te sluit. Siya is desperaat om die kerk te red, en Mike stuur vir Amanda ’n geskenk. Die nuwe Ruiterbosch Seerowers slaan toe!

Dinsdag 21 April 2026 

Mike se onderhoud by JPD verloop nie soos hy verwag het nie. Siya roep ’n geheime wapen in om die kerk te probeer red. ’n Onverwagse besoeker veroorsaak komplikasies vir Gary en sy span se rooftog.

Woensdag 22 April 2026

Kate en Siya stel ondersoek in na die grond wat Bridgette vir die kerk belowe het. Mike maak reg vir sy eerste dag by JPD, terwyl Wade vasberade is om Nazeem uiteindelik te ontmasker.

Donderdag 23 April 2026

Bridgette dreig vir Nazeem, terwyl Kate vir Mymoena ’n groot guns vra. Frankie onthul iets groot aan Amanda…

Vrydag 24 April 2026

Ruiterbosch is verdeeld en Siya bevind hom in die middel. Amanda verbied Riaan om vriende te wees met Frankie, terwyl Mymoena besluit om vir Kate in te staan by die apteek.

Maandag 27 April 2026

Mike gee vir Justin raad oor Frankie se verjaardag, terwyl Kate opgewonde is oor haar vakansie. Siya probeer dinge regmaak met Bridgette, maar gaan sy dit aanvaar?

Dinsdag 28 April 2026

Kate se bootreis val deur die mat en Angie meng in met Anker se sake. Siya reël ’n perskonferensie vir ’n dramatiese onthulling.

Woensdag 29 April 2026

Bridgette moet ’n besluit neem oor die kerk se toekoms. Justin ontdek iets skokkend by Frankie se verjaardagpartytjie.

Donderdag 30 April 2026

Bridgette stel voor dat Zoë nie na die geleentheid by Anker toe gaan nie. Gary is oortuig ’n Hollywood-ster kuier in die Kaap, terwyl Justin vir Riaan konfronteer.


Suidooster word weeksdae om 18:00 op kykNET (DStv-kanaal 144) en 18:30 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) uitgesaai. Suidooster is ook beskikbaar op Catch Up, DStv Stream en Showmax. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies