Menu terloops
In Wat om te kyk [1 Okt 2025]

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Oktober 2025


Die oorgeklankte telenovela ‘Plaas van passie’ loop vandeesmaand tot ’n einde. Hier is ons handige gids met meer oor wat die laaste dramabelaaide episodes vir kykers inhou.

Jou ‘Plaas van passie’-gids vir Oktober 2025

Elke maand bring ons vir jou ’n opsommende voorskou oor al die drama, smart en skandale waarna jy op kykNET&kie se se eerste Brasiliaanse telenovela, Plaas van passie, wat na Afrikaans oorgeklank is, kan uitsien. Dié telenovela staan egter hierdie maand einde se kant toe met die laaste sarsie episodes wat uitgesaai word. Dit word vervang deur die oorgeklankte Turkse telenovela Dikker as water wat vanaf 14 Oktober 2025 op kykNET&kie uitsaai.

Hier is ’n voorsmakie van wat jy in die laaste Plaas van passie-episodes kan verwag.

Woensdag 1 Oktober 

Tydens ʼn skietgeveg word Aline en Suster Teresa bevry en hulle word hartlik tuis verwelkom deur familie en vriende. Marino boei Antonio wanneer hy hom arresteer, en Antonio sweer wraak.

Donderdag 2 Oktober

Marino ontvang ʼn wenk aangaande Agatha se moord. Irene trek toutjies om vir Antonio uit die tronk uit te kry, teen Silverio se raad.

Maandag 6 Oktober

Anely trou met Naterchino, tot Luigi se groot hartseer. Antonio kry ʼn sluipmoordenaar, wat vir Lucinda skiet.

Dinsdag 7 Oktober

Marino besoek vir Ramiro en bied hom ʼn geleentheid aan om ʼn pleitooreenkoms aan te gaan. Silverio maak dit aan Antonio en Irene duidelik hoe diep in die moeilikheid albei van hulle is.

Woensdag 8 Oktober

Petra besluit om Caio die waarheid te vertel. Sy weet dat Irene ʼn motorwerktuigkundige gehuur het om die remme van Caio se motor te saboteer.

Donderdag 9 Oktober

Irene maak gereed om haar laaste plan uit te voer, Marino het vir Angelina in ʼn hoek, Anely en Luigi vind mekaar weer, en Antonio word weer vasgetrek. Antonio ontsnap uit aanhouding en sê vir Silverio dat hy gaan wraak neem op Aline. Irene word voorgekeer toe sy Graça se baba wou steel.

Maandag 13 Oktober 

In die finale episode daag Antonio by die kerk op om Aline te skiet. Caio en Aline se tweeling word gebore en die première van Tadeu se film vind plaas, Kelvin en Ramiro trou.


Plaas van passie word Maandae tot Donderdae om 20:00 op kykNET&kie (DStv-kanaal 145) en DStv Stream uitgesaai. Dit is ook ná uitsending op Catch Up beskikbaar. 

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

Wat om te kyk in 2026: Die 10 TV-reekse waarna ons die meeste uitsien

Van dáái yshokkiespelers tot ‘Bridgerton’ se Aspoestertjie-verhaal, die terugkeer van die geliefde vampierslagter Buffy en nog ’n 'Game of Thrones' spin-off – hier is ’n keur van die TV-reekse wat vanjaar op kykers wag.

Meer

Wat om te kyk: Sit dié reekse op jou moet-kyk-lysie vir Januarie 2026

Die volgende romantiese rondomtaliedans in 'Bridgerton', die terugkeer van die trefferreeks 'Een keer om die son', en die Afrikaanse weergawe van 'The Office' tel onder my top-keuses vir vandeesmaand.

Meer

Dís waar jy die 2026 Golden Globe-benoemdes plaaslik kan kyk

Van die heerlike derde seisoen van ‘The White Lotus’ en Seth Rogen se briljante ‘The Studio’ tot die ingrypende dramareeks ‘Adolescence’ en die fabelagtige fanfare in ‘Wicked: For Good’ – hier is al die reekse en films wat benoemings vir 2026 se Golden Globes ontvang het, én waar jy dit plaaslik kan kyk.

Meer
10

Wat om te kyk: 10 Kersfeesflieks vir die feestyd

Van een van die mees romantiese flieks van alle tye tot een baie, baie spesiale Kersbriefie – hier is ons keuse van Kersfeesflieks om oor dié feestyd te kyk. 

Meer
Sien alle opsies