Menu terloops
In Sepies [27 Jun 2024]

Jou ‘Binnelanders’-gids vir Julie 2024


Daar lê moeilike besluite vir Tracy voor en Steve en Nicolette stamp koppe. Dít en nog meer is waarna ‘Binnelanders’-kykers in Julie kan uitsien. Hier is ons handige kykgids.

Stroom 'Binnelanders'

Jou ‘Binnelanders’-gids vir Julie 2024

Hier is ’n voorsmakie van wat jy hierdie maand in Binnelanders kan verwag.

Maandag, 1 Julie

’n Beseerde Naomi beland in die ongevalle-eenheid, Ciska vertel vir ’n geskokte Karen van haar planne vir die aand, en Steve probeer desperaat ’n plan beraam om vir Bronwyn te sorg.

Dinsdag, 2 Julie

Vicky is ongemaklik wanneer Bronwyn in die omtrek is. Elise vat vir Uys vas, en Bronwyn hoor van Steve se verhouding. 

Woensdag, 3 Julie

Steve oorweeg ’n besluit waarmee Nicolette haar heimlik nie kan vereenselwig nie, en ’n liefde wat gelyk het of dit gaan blom, word in die kiem gesmoor. Ella is opgewonde oor ’n nuwe idee vir Binneland. 

Donderdag, 4 Julie

Steve en Nicolette stamp koppe oor Bronwyn, Tracy spook om ’n oppasser vir Leah te kry, en Tertius voel hulle moet ander opsies oorweeg. Delia probeer Conrad en Steve oorreed om Naomi vir ’n nuwe pos te oorweeg. 

Vrydag, 5 Julie

Delia verras Naomi met ’n werksaanbod wat sy nie kan, of wil weier nie, Tracy moet ’n moeilike besluit neem wat Leah betref. Bronwyn word met die harde werklikheid van ’n versorgingseenheid gekonfronteer. 

Maandag, 8 Julie

Naomi sien uit na haar eerste dag in ’n nuwe pos, Tertius probeer Tracy troos na hulle Leah by die speelskool aflaai, en Bronwyn smeek Nicolette om haar te help.

Dinsdag, 9 Julie

Bronwyn probeer om Steve gerus te stel, en Tracy voel sy laat Leah in die steek. Naomi probeer met ’n noodgeval help.

Woensdag, 10 Julie

Tracy se emosies ry wipplank oor Leah se uitslag, en sy is oorgehaal om die oorsaak te vind. Thalia is gretig om uit te vind wat Conrad van Ella dink, en Steve besef hy moet Nicolette om verskoning vra.

Donderdag, 11 Julie            

’n Halstarrige pasiënt het moontlik ’n verbintenis met een van Binneland se dokters, en Steve maak ’n bekentenis aan Delia wat haar gespanne laat. Binneland kry ’n nuwe pediater. 

Vrydag, 12 Julie

Uys vat vir LJ vas, en Steve besef Bronwyn was nie eerlik met hom nie. Dokter Fortuin vermoed wat die oorsaak van Leah se uitslag is, en Delia en Conrad is bekommerd oor ’n aanbod. 

Maandag, 15 Julie

Ella maak ’n impromptu aanbod aan Robert waaroor sy onmiddellik spyt is. Steve maak ’n loopbaan-besluit wat almal stom slaan, en Tracy begin ’n semi-maniese oorlog teen grondboontjies.

Dinsdag, 16 Julie

Ella probeer om haar aanbod terug te trek, Nicolette is geskok wanneer sy uitvind van Steve se besluit, en Tracy se moed sak in haar skoene ná ’n besoek aan Leah se pediater.

Woensdag, 17 Julie

Een van Binneland se dokters begin afskeid neem, Ella en Uys stamp koppe oor LJ, en almal is meer ondersteunend as wat Tracy verwag het. 

Donderdag, 18 Julie

Tracy en Kristien is baie gespanne voor Fiona se kursus, en Ella is lugtig oor haar nuwe woonstelmaat. Thalia en LJ deel ’n ongemaklike oomblik.    

Vrydag, 19 Julie

Uys gee vir Ella raad oor LJ, en Naomi is bekommerd oor LJ en Thalia se vriendskap. Conrad vra Delia se raad ná hy ’n onverwagse aanbod ontvang, en Nicolette is gefrustreerd met haar situasie. 

Maandag, 22 Julie

Ella vind dit by die dag moeiliker om met LJ huis te hou, en Uys probeer ondersteuning bied. Naomi sien dit as haar plig om Thalia teen LJ te beskerm, en At is nie gerus oor die verwikkelinge tussen Conrad en ’n kollega nie.

Dinsdag, 23 Julie

Tracy probeer haar bes om Conrad te betrek, veral ná ’n ongemaklike situasie met Delia. Naomi sien ’n kant van LJ waarvan sy nie hou nie, en Karen druk Uys om Nicolette te ondersteun. 

Woensdag, 24 Julie

Ella konfronteer LJ oor sy vreemde gedrag, Conrad moet homself keer om nie vir Lukas te verwurg nie, en Annetjie beleef ’n krisis wanneer iemand by Binneland opgeneem word.

Donderdag, 25 Julie

Ella en Naomi sit vas oor LJ, en Tertius nooi ’n laaste gas na Leah se toewyding toe. At ontvang slegte nuus. 

Vrydag, 26 Julie

At probeer Laetitia oorreed om vir ’n operasie te gaan, Ella is op die agtervoet wanneer LJ moeilikheid by die skool veroorsaak, en Delia is baie nuuskierig oor ’n saak waaraan Lukas werk. 

Maandag, 29 Julie

LJ weier om eerlik met Ella te wees, en Nicolette hoor dat ’n bekende sjirurg met die registrars gaan kom praat. Lukas is op Laetitia se spoor, en Delia weet nog nie dat Laetitia At se vrou is nie.

Dinsdag, 30 Julie

Naomi en Louis verbied Thalia om iets met LJ te doen te hê, en Nicolette se vinnige optrede tydens ’n insident beïndruk vir Max. At maak planne om Laetitia te versteek, en Lukas het ’n noue ontkoming. 

Woensdag, 31 Julie

Nicolette maak vurig voorbrand om vir die Januarie-opname van registrars te kwalifiseer, en Delia is geskok wanneer haar vermoede oor Gretha Havenga bevestig word.


Nuwe episodes van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 19:30 op kykNET en DStv Stream (DStv-kanaal 144) uitgesaai. Daar is ook elke aand ’n herhaling van die episode om 23:30, asook Dinsdag tot Vrydag om 08:30. 

Episodes van die vorige seisoen van Binnelanders word vanaf Maandag tot Vrydag om 22:00 op kykNET&kie. (DStv-kanaal 145) uitgesaai, met herhalings van dié episode om 01:00 die volgende dag. Daar is ook ’n omnibus van die week se episodes op ’n Saterdag om 10:30. 

Seisoene 8-12 van Binnelanders is op Showmax beskikbaar. Die huidige seisoen is nie beskikbaar op die plaaslike weergawe van dié diens nie.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

21

21+ Afrikaanse flieks wat jy nou aanlyn kan kyk

Op soek na jou volgende gunsteling-fliek? Hier is van die gewildste Afrikaanse flieks op Showmax – van 'Hans steek die Rubicon oor' tot 'Eksie Perfeksie'.

Meer
26

‘G20’, ‘1923’, ‘One Piece’ en nog: 20+ TV-reekse en flieks wat in SA geskiet is

Van 'One Piece', een van Netflix se reekse met die meeste kykertalle in 2023, tot die nuwe fliek 'G20' met die Oscar-bekroonde Viola Davis – hier is ’n lys van internasionale produksies wat of gedeeltelik, of heeltemal in Suid-Afrika verfilm is.

Meer

Jou ‘Reënboogrant’-kykgids vir April 2025

Shani is opgewonde oor haar oudisie, maar Rachelle het slinkse planne vir haar... Dít terwyl Sunette met haar gesondheid sukkel. Hier is wat jy vandeesmaand op die Afrikaanse telenovela, ‘Reënboogrant’, kan verwag.

Meer

Redakteurskeuse vir April 2025: Koebaai aan June en Joe in ‘The Handmaid’s Tale’, ‘You’

Wat om te kyk: Dis koebaai-tyd met die finale seisoene van die fenomeen-reekse ‘The Handmaid’s Tale’ en ‘You’; Pedro Pascal is terug vir S2 van ‘The Last of Us’; en Afrikaans se wortels word ondersoek in ’n nuwe dokkiereeks – dié stories en meer tel onder my keur van TV-vermaak vir vandeesmaand se redakteurskeuse.

Meer
Sien alle opsies