Menu terloops

Industry S1-2

Op Showmax [Gepubliseer op 1 Sep 2022]


Albei seisoene van ‘Industry’ is nou op Showmax beskikbaar om te stroom.

Kyk nou

Industry S1-2
Kyk lokprent

Industry volg die bankiers Harper (Myha’la Herrold), Yasmin (Marisa Abela) en Robert (Harry Lawtey) soos hulle hul identiteite binne die seks- en dwelm-aangedrewe drukkoker-omgewing van Pierpoint & Co se kantoor in Londen bou.

In die tweede seisoen van die reeks is daar veel meer op die spel vir dié trio. Die mark is besig om te skeur, en met Pierpoint se nuwe post-Covid-mandaat dat werknemers moet terugkeer werk toe of tjaila, is die handelsvloer meer gespanne as ooit. Boonop is daar nuwe Amerikaanse bestuur wat petrol op die vlamme gooi. 

Die eerste seisoen het verskeie toekennings gewen en vyfster-resensies gekry. Soos Collider dit gestel het, Industry is asof “Euphoria en Billions ’n baba op HBO gehad het.”

Die reeks is geskep deur twee voormalige bankiers wat presies weet hoe dié wêreld werk: Mickey Down en Konrad Kay.

Stroom die tweede seisoen vanaf 1 September.

Wat, waar en wanneer?

Ons kies en keur die beste plaaslike en internasionale sepies, reeks en flieks om nou op Showmax, DStv en Netflix te kyk.

Sien ook Meer

Jy sal hou van:

13

Wat om te kyk dié Vrouemaand: 13 reekse en rolprente waarin vroue die storie dryf

Wat om te kyk: Vir Vrouemaand het ons ’n kyklys saamgestel van reekse en rolprente waarin kragtige aktrises aan onvergeetlike vroue-karakters lewe gee.

Meer

Wat om te kyk: Moenie dié stories in Augustus misloop nie

Van 'Gesels' en Michael Fassbender se 'The Agency' tot 'Ted Lasso' en 'Reacher' se vierde seisoene – hier is ons keur van TV-hoogtepunte vir vandeesmaand.

Meer
12

Wat om te kyk: 12 Afrikaanse reekse om nou te stroom

Van die rillerreeks ‘Donkerbos’ en 'Ontwaak' tot die bekroonde 'Koek' en 'Wyfie' – hier is ons keur van die beste Afrikaanse stories om nou op DStv Stream te kyk.

Meer

Jou ‘Skemergrond’-kykgids vir Augustus 2026

Christine kry ’n nare verassing en Ruan en Amber stel ’n gevaarlike lokval... Dít en nog meer wag op ‘Skemergrond’-kykers vandeesmaand.

Meer
Sien alle opsies